Main menu:
Wie Is Ons
Wie Is Ons
Die Plaaswerf (die webwerf http://www.boerevryheid.co.za) is 'n bymekaarkomplek vir lede van die Boerevolk - met die doel om die Volk te verenig om sodoende ons onafhanklikheid te verkry.
Een van die vereistes om in die oë van die internasionale gemeenskap as 'n volk erken te word, is dat die volk wat dit eis, bewese steun moet kan toon.
Met hierdie doel voor oë, (die verkryging van Vryheid vir die Boerevolk) is die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) in 2005 gestig.
Die Boerevolk Vryheidstigting het ten doel om fondse te bekom, en om die fondse aan te wend in die vorm van aksies, organisasies en planne, wat sal lei na die Selfbeskikking, vir die Boerevolk.
Die Plaaswerf is een van die aksies ter sprake..
'n Woord van waarskuwing: Op hierdie geselsforums is daar 'n wye verskeidenheid van geloofsoortuigings verteenwoordig. Vir diegene wat sukkel om ander se geloofoortuigings te eerbiedig, of nie ander lede vryheid van opinie/oortuiging gun nie, was die geselsforums 'n redelike uitdaging in die verlede. Ons het om konflik te minimiseer, reeds die Godsdiensforum onsigbaar gemaak, sodat dit slegs bereik kan word, indien 'n gebruiker spesifiek daarvoor aansoek doen. Indien u toegang tot die Godsdienslaers versoek, rig n epos aan die Bestuur by bestuur@boerevryheid.co.za
Die BVS het opdrag aan n kommissie, wat bekend staan as die Boerevolk Verkiesingskommissie (BVK) gegee, om n struktuur tot stand te bring wat as voertuig gebruik kan word om die Boerevolk bymekaar te kry asook om die leierskap van die Boerevolk te vestig en te bevestig.
Die voertuig wat gekies is om die volk bymekaar te maak is 'n struktuur wat bekend staan as ‘n Laerstelsel ". Die idee is dat lede aansluit by 'n plaaslike ondersteuningsgroep, genoem 'n Wa-laer (bestaande uit minimum van 8 lede). Elke Wa-laer kies 'n leier wat dan met ander leiers kombineer om uiteindelik die hoof besluitnemende gesag te vorm, wat as die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR) bekend sal staan. Die BVR sal namens die Boerevolk betrokke raak by planne en aksies om Vryheid vir die Boerevolk te verwesentlik.
Die verskillende strukture: BVS, BVR, Plaaswerf en die onderskeie komitees en aksie-groepe word in meer detail verduidelik onder die "Strukture” (by http://www.boerevolk.co.za/strukture.html) verder uiteengesit.