Main menu:
Wit Armoede
96 INWONERS:
Waterval: Daar is sowat 96 inwoners in en om Waterval. Hulle word geestelik ondersteun deur 'n pastoor. Samesprekinge is gevoer met die pastoor en die twee bestuurders van die kompleks.
Die uitsluitlike doel daarmee was om mense se lewenstandaarde te verbeter en om kinders weer op skool te kry. Om huurgeld te kan bekostig woon daar tot ses gesinne in een huis en dit opsigself is 'n groot kopseer. Kinders gaan nie almal skool nie, dood gewoon omdat hulle te ver van skole af bly en omdat daar nie vervoer beskikbaar is nie. Die samesprekinge het baie positiewe uitkomstes gehad:
'n Gesamentlike kombuis gaan begin word
'n Voorskoolse klas gaan begin
Daar is reeds begin met 'n mamma- en babagroep deur Hanneke
Die Pastoor gaan hom meer toelę op berading
Onderhandelinge is begin vir 'n haarsalon, 'n groentewinkel en 'n moontlike winkel vir hardeware.
Al hierdie dinge sal help met opleiding en werkskepping en die heropbou van die gemeenskap in sy geheel. Hierdie werk is alleenlik moontlik gemaak nadat 'n volle evaluering van elke persoon en elke gesin gedoen is. Die ooreenkomste tussen ons werkgroep, die eienaars / bestuurders en die inwoners is bereik en soos die bestuurders tereg sę. Dit sal bydra tot die groei en betaling van agterstallige huurgelde. Verdere vooruitsigte is om te begin met 'n groentetuin. Die gesinne ontvang elke derde week 'n kruidenierspakkie en elke week sop. Klere word elke ses maande nagegaan en vervang waar nodig.