Main menu:
Zunft
Geagte Boerevriende 30 Januarie 2010
Die Boerewoord Zunft het ’n splinternuwe projek van stapel gestuur. Ons het die Boerewoord Webblad tot stand gebring in samewerking met die webwerf Boerevryheid. ( www.boerevryheid.co.za). Ons doelwit is om die grootste Afrikaanse gedigte webwerf te skep met keurige gedigte om die skoonheid van ons taal en kultuur op die mooiste wyse uit te stal. Ons wil u uitnooi om deel te word van hierdie projek.
Ons beplan om jaarliks ’n glansaand te hou vir nuwe Boeredigters om erkenning te bied aan die kunstenaars wat ons volk se siel in die reine van die hemel bly hou.
Ons nooi u dan nou uit om ’n lid te word van Boerewoord Zunft en onbeperk vir ’n jaar lank u gedigte in te stuur om gepubliseer te word op die webblad. Lidmaatskap behels R80 ’n jaar. Daarna kan u onbeperk u gedigte vir publikasie.
Ons sien baie uit daarna om u gedigte te ontvang.
Wilhelm Pretorius