Main menu:
Wit Armoede
VOORSKOOLSE KLASSE: Hier woon 120 mense en ons is op 'n daaglikse basis besig met voorskoolse klasse. Die kinders van Graad R word met die regte sillabus gehelp en skoolgereed gemaak . Die klasse word aangebied deur onderwyseresse wat hulle tyd vrywillig op offer om hierdie kinders skoolgereed te kry. Daar word direk saam met Uniefees Laerskool saamgewerk om die kinders te laat aanpas vir hul eerste skool jaar. Ons poog om die kindertjies se horisonne te verbreed deur hulle op opvoedkundige uitstappies te neem. Hulle het reeds 'n helikopterrit onderneem wat geborg was deur die SA Lugmag. Hulle het ook ?n grondboonfabriek besoek waar hulle gesien en beleef het hoe die verskillende produkte gemaak en verpak word. Daar is ook nog die dag toer na Tiger brands, dieretuin en die museum wat voorl?.
UNIEFEES LAERSKOOL: Hierdie skool word elke weeksdag vir sowat 45 tot 82 kinders kos gegee. Die projek is die breinkind van Juffrou Magda van die skool. Die NHSV van gemeente Oos-Moot maak toebroodjies vir Vrydae oggende en die diakens is verantwoordelik om die kos gereeld af te lewer. Ons het twee borge wat koeldrank en/of melk saam met 'n vrug en 'n lekkertjie elke week te gee. Daar word ook gehelp wanneer daar klere nodig is
PLOT 10 EN PLOT 228: By die twee plekke woon 55 mense en ons help met klere en kruideniersware. Klere word elke ses maande nagegaan en kruidenierspakkies word elke derde week uitgegee. Die kruidenierspakkies word opgemaak volgens die behoefte en grootte van elke gesin. Elke gesin word vooraf geevalueer om 'n behoorlike profiel saam te stel. Daarvolgens kan bepaalword watter en hoeveel voedsel nodig is, wat die inkomste en en uitgawes is, en kan vasgestel word of die ouers werklik erns het om uit hul haglike lewens wyse uit te kom, te werk en die kinders skool te laat bywoon . Hier word ook elke week sop gegee deur ons ondersteunings groep