Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


Roetes Na Vryheid

Wie Is Ons

Inleiding

Ek wil graag begin om die terminologie tov Vryheid te verduidelik:
Daar bestaan verskillende grade en vorme van vryheid. (baie kripties opgesom)
Kom ons kyk net eers na die verskillende grade van Vryheid wat begin by

* Kulturele selfbeskikking van GROEPE behels beperkte selfbeskikking
soos bv. eie onderwys-, taal-, en kulturele selfstandigheid.(sonder eie grond, eie weermag, eie ekonomiese stelsel, belasting, buitelandse beleid –VN-betrekkinge, ens. Art 185 van die Grondwet ter sprake)

* Meer uitgebreide selfbeskikking van GROEPE: dieselfde as bo met insluiting van verdere magte waaroor self besluit kan word soos bv. beperkte begroting, beperkte ekonomiese beheer, beheer oor dienste ens. binne sekere gebiede (sonder: eie grond, eie weermag, eie geldstelsel, buitelandse beleid –VN-betrekkinge en stemreg– Art 185 en 235 van die grondwet begin nou ter sprake kom.)

* Verskillende grade van onafhanklikheid: sluit grondgebied in, maar skakel met groter geheel binne konfederale- of kantonstelsel. Behels wye magte (egter sonder eie weermag of Buitelandse beleid –VN-betrekkinge en stemreg) Art 235

* Volkome onafhanklikheid of soewereiniteit: met eie grondgebied , geldstelsel weermag, Buitelandse beleid ens.) Art 235 maak in n mate, maar nie uitdruklik hiervoor voorsiening nie.
Ek het by vorige geleenthede verduidelik dat 'n Volk wat in 'n onderdrukkende en politieke minderheids situasie verkeer, slegs op 'n kombinasie van twee of meer van die volgende roetes, by Vryheid kan uitkom:
onder elke roete, plaas ek die bestaande organisasies wat binne die spesifieke roete opereer. Toets asseblief telkens of Boerevryheid by die roete betrokke is. (nou praat ek van "Boerevryheid" oorkoepelend, maw die BVS, die BVR, die Plaaswerf en al die subkomitees.)

Die Roetes na Vryheid (van toepassing op enige volk) :

1. Die Kulturele roete:
aksies, binne die realm van Taal, monumente, volksvakansiedae, volksdanse, musiek digkuns, letterkunde, skole, Universiteite, godsdiens, ens.. Kan slegs beperkte Vryheid verkry word maw beperkte kulturele selfbeskikking (op sekere terreine) ens. (Art 185) van toepassing

AWB
Verkenners
GHA
Boere Kampeer Beweging
H S v Blerk Stigting
AKB
Voortrekkers
Volksbond
Herdenkings komitee
Tabok
Afriforum
BVI
Boere Kommando en

Boerevryheid

2. Ekonomiese roete: aksies, paraatheid en organisasies wat opereer binne die realm van die ekonomie. Dit kan oorvleuel met 3.6 bv. Die totstandkoming van drukgroepe om die ekonomie te manipuleer. BV. die terughou van belastings, die terughou van voedselprodukte, die terughou van dienste, met die noodwendige ekonomiese gevolge, ens.

Nasionale belasting betalers Unie (NBU)
Blanke ekonomiese Forum

Boerevryheid gaan al meer n faktor word, soos wat die Volksregister in plek kom en aangewend word op verskillende terreine in Walaerverband.
Verder gaan die nuutste planne op koöperatiewe basis bedryf word , maw gemeenskaplike fondse gaan gekoördineer word na 'n ekonomie binne 'n ekonomie.

3. Militêre Roete/ Veiligheidsroete.: Militêr, slegs van toepassing wanneer oorlog verklaar is, hetsy as Vryheidsvegters of in n konvensionele oorlogsverklaring.

Wanneer selfbeskerming ter sprake is (soos nou hier by ons), noem ons dit die Veiligheidsroete.

Verskeie veiligheidstrukture
TLU SA
Suidlanders
AWB en Brandwag

Boerevryheid gaan die Walaers as veiligheidsgroepe of -selle koördineer.

4. Party politieke roete:

Om effektief aangewend te word binne die Vryheidsroetes, moet n politieke party instrumenteel saamwerk binne “volksverband” en binne die vryheidsideaal om effek te hê, en NIE hulle eie politieke-party-doelwitte en agenda’s, onafhanklik van die Volksideaal, nastreef nie.
VF+, HNP ANB ? Boerestaatparty

Hier handhaaf die meeste lede van die Boerevolk VOLKSPOLITIEK en nie PARTY POLITIEK nie.

5. Ideologiese roete:

Op pad na Vryheid, is absoluut essensieel. Die Volk moet ideologiese korrek ingestel wees:
5.1 Eerste stap is IDENTITEIT. Indien iemand nie seker is aan watter volk hy of sy behoort nie, kan daardie persoon tog nie met hart en siel betrokke wees by die Volk se ideaal nie!!!
5.2 Die volgende stap is “’n wil om volk te wees en as volk te bly voortbestaan”
5.3 Daarna volg “ die wil om as Volk vry te wees”

Tans is daar n ideologiese- en veral n IDENTITEITSverwarring onder ons volk. Die verskille word tans binne eie geledere “namens die vyand georkestreer” en aan die gang gehou. Solank ons nie oor ons identiteit eenstemmig is nie, hoef die vyand nie te veel te bekommer nie. Hierdie verwarring moet as eerste prioriteit, aangespreek word! Die BVS praat namens die Boerevolk maar sluit in alle persone wat hom of haar KAN en WIL assosieer met die Vryheidstrewe van die Boerevolk.

BVS
AWB
Orde Boerevolk
Boerestaat party

Veral hier, met die herontwaking van die Boerevolk, speel die vryheidsbeweging van die Boerevolk, nl. Boerevryheid, 'n kardinale rol.

6. Die Propaganda Roete:

Propaganda en die ideologies roetes oorvleuel. In kort kan gese word dat die Ideologiese roete meer gerig is op die Volk, terwyl die propaganda meer op die "ander kant" gerig is.

Geen stryd, op enige roete, kan gewen word, as die Volk nie die propaganda stryd ook wen nie.
6.1 Dit vind plaaslik asook internasionaal plaas.
6.2 Al die “winste” en suksesse op die verskillende roetes, moet d.m.v. Propaganda uitgebuit en aangewend word totdat Vryheid bereik is.
6.3 Alle Menseregte skendings en tekens van volksmoord moet uitgebuit en aan die groot klok gehang word.
6.4 Ook die ideologiese roete moet d.m.v. propaganda versterk word.
6.5 Kommunikasie speel hier n belangrike rol. (Internet, koerante, tydskrifte, radio, TV. )
6.6 Die rol van sielkundige oorlogvoering, moet ook hier in plek geplaas word.

Radio Pretoria
Boervolkradio
Overvaal
Die Koerier
Bravoland

beslis, Die Plaaswerf: www.boerevryheid.co.za

7 Sosiale druk roete:

Drukgroepe wat op die regte wyse georganiseer en aangewend word, het tot gevolg: Saambinding en samehorigheid, Resultate t.o.v. van projek en doelwitte, gee hoop en moed, kan gekoördineerd, vryheid as resultaat lewer. Belangegroepe soos landbouers, onderwysers, vakmanne, werkers, kundiges, kultuur- en godsdiens groeperinge, ens., kan almal n rol speel om binne georganiseerde strukture, druk uit te oefen.

Afriforum
GHA
NBU
TLU SA
TABOK
Ander

beslis Die Plaaswerf, asook die ander strukture van Boerevryheid

Uiteindelik , na n lang verduideliking, kom ek by die persverkalring uit.
Die ENIGSTE ROETE wat NIE deur die BVS / BVR / Plaaswerf (maw Boerevryheid) geëksploiteer is nie, is die besettingsroete, alhoewel dit reeds lankal in die teoretiese beplanning bestaan het. Uit die bloute word die geleentheid ons aangebied vanuit twee onafhanklike gebiede. Om hierdie rede word die besettingsroete nou as deel van die totale strategie op die tafel geplaas.

8 Die Besettings roete: Dis reeds bewys dat dit werk. Gaan gepaard met groot opofferings en lang termyn beplanning met volgehoue strategie word benodig. Die gebied waar gevestig word moet vooraf bepaal en ontleed word om geskik te wees vir lang termyn strategie.

Orania
Kleinfontein
BRKB en Balmoral


en nou.......BOERELAND

9 Volkeregtelike / juridiese roete.

Die voorwaardes om hierdie roete na vryheid: selfbeskikking / onafhanklikheid te volg, moet aan die volgende kriteria voldoen word: Die aanspraak word in naam van n Volk gedoen.(Die definisie van n volk, asook Identiteit is van kardinale belang), Daar moet bewese steun wees. Daar moet n wettig verkose leierskorps verteenwoordiging wees wat namens die Volk kan optree. Daar moet n legitieme eis bestaan. Die Volk moet self aanspraak maak. Hierdie roete verskaf die basis en locus standi, aan alle bg. roetes. ALLE AKSIES kan dan vanuit n magsbasis gevoer word.

Die magsbasis waarop Boerevryheid se aanspraak berus, is die steeds groeiende Volksregister, sowel as die steeds groeiende Plaaswerf.
Die eis is steeds die Majuba Deklarasie

AWB
VVK ? (ons moet nog net eers hoor, namens watter Volk dit sal geskied)

Afsluiting

Ek vertrou dat die bostaande uiteensetting van die totale strategie wat ons tot dusver gevolg het, duidelik genoeg is om mense wat nog effe onseker was, te motiveer om hul kragte by ons (die Boerevolk), in te gooi.

Ek wil net meld dat n bekende en waardeerde leier in die onlangse Volkspolitiek, die naweek onomwonde verklaar het, dat Boerevryheid, tans die enigste aksie, beweging of groepering is, wat voluit en op die regte wyse, die Vryheidspad van die Boerevolk loop.


Boeregroete,
Lets Pretorius


-----

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu