Main menu:
Die Seepkis
DIE DOOD VAN CHRIS LOUW
Dood is vir die meeste van ons altyd ‘n tragiese gebeurtenis en dit is Boerebeskaafdheid wat ons dikwels weerhou om met disrespek van die dooies te praat. Met openbare figure, soos Chris Louw en dikwels nog omstrede daarby is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Dan beoordeel ‘n mens so iemand op grond van dit wat hy bygedra het of nagelaat het om by te dra tot die algemene openbare gemeenskaplikheid.
In daardie lig sal ons Chris Louw wil beoordeel, veral gesien in die lig dat daar mense is wat sy afsterwe wil vergelyk met die van wyle dr Hendrik Verwoerd s’n.So ‘n vergelyking is natuurlik absurd. Wyle dr Verwoerd was nie ‘n verlinkse soos Louw nie. Hy het ook nie selfmoord gepleeg soos Louw nie.
Dr Verwoerd het sy borskas gegee te beskerming van die witras. Louw se selfmoord was nie ter beskerming van die witras in die algemeen of van ‘n besondere volksgroep nie. Sy selfmoord was as gevolg van sy eie ontgogeling met ‘n toestand wat hy help skep het. Dit het niks met ‘n volk of enige ander groep te doen nie. Dit was oor die middelpunt, Chris Louw.Louw was ‘n Dakar-ganger en het met die ANC - en SAKP - geheul toe die linkse NP nog aan bewind was.
Vêr linkser as die NP.
Hy het bekendheid, of berugtheid, verwerf toe hy die linkse Willem de Klerk - ook sedertdien verkas - as Boetman aangevat het en vir die wêreld vertel het hoe “die bliksem” hy in is vir die NP-trawante en wat hulle aan jong kinders wat diensplig verrig het, gedoen het.
Miskien is daar iets te lees daarin dat Louw selfmoord gepleeg het met ‘n AK- 47, die einste wapen waarmee ons vyande ons van die aardbodem wou afveë en vir soveel van ons mense hartseer en pyn gebring het. Die AK-47 is die wapen van die vyand en dit word vandag nog by baie plaasaanvalle en ander strooptogte teen ons mense gebruik. Volgens die polisie kan geen privaat person ‘n AK47 besit nie. Waar sou hy dit gekry het anders as by linkses?
Louw het natuurlik ook ‘n paar ander klasmaatjies gehad wat dalk nog meer links is as wat hy was en wat nie die heil van die minderheid gesoek nie maar eerder agter die gepeupel aangestrompel het en nou op die kantlyn geland het. Ontdaan van alle deernis, dink ons aan Max du Preez, Tim du Plessis, Harald Pakendorf, Foeta Krige en Van Zyl Slabbert.
Laasgenoemde ‘n onsmaaklike linkse wat in een van sy geskrifte vertel hoe ‘n swart speelmaatjie hom geleer het om te masturbeer. Wat ‘n prestasie!
Ons sal kennis neem wanneer hierdie politieke verraaiers opgevorder word vir hogere diens maar ons sal oor hulle geen trane stort nie. Mag dit so wees dat hulle wandade teen ons volk hulle een vir een sal inhaal!
Namens die Aksiekomitee vir die Orde Boerevolk
Piet Rudolph
E-pos piet.rudolph@gmail.com