Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


Mahem

Wit Armoede

42 MENSE:
By Mahem woon 42 mense en dit gaan bitter swaar. Daar is ook nog baie werk om te doen voordat hierdie mense weer op 'n vlak sal wees waar hulle hul selfbeeld sal kan terug wen en menswaardig sal lewe.
Op die oomblik gee ons kos pakkies op 'n drie weeklikse basis en klere word gereeld elke ses maande nagegaan en waar nodig uitgereik. Die evalueringsgroep sal hierdie gesinne eers evalueer voordat daar begin kan word met opleiding en werkskepping. Die werkskeppingsgroep is nou besig om van die bestaande geboue op te knap deur bv. deure in te sit en te vervang en baddens en toilette reg te maak en te vervang.
Die werk word deur mense wat self sukkel om 'n bestaan te maak, gedoen . Dit verskaf nie net blootstelling nie, maar leer hulle ook om dissepline en werktrots op te bou en natuurlik is dit 'n finansiele inspuiting wat hulle help om finansieel te oorleef. Die armoedegroep is hard aan die werk om te begin met 'n gesamentlike kombuis en eetplek.

Dit gaan nie net help deur kostes te verminder nie, dit help ook dat koste van kospakkies laer sal wees. Verder dra dit by tot beter higiëne en bevorder dit werkskepping . Daar is reeds sekere kombuisware soos borde, bekers, 'n stoof en 'n opwastrog met twee bakke ontvang, maar dit is nog nie voldoende nie.

Die volgende word nog benodig: borde, messe, vurke, lepels, opskeplepels, was- en afdrooglappe, skoonmaakmiddels en ander. Die werkskeppingsgroep is gereed om te help met die opleiding van dames wat kan kos maak in die kombuis.
Die persoon wat die opleiding gaan behartig is iemand met ondervinding en jare se dienslewering by die parlement. Hierdie persoon word ook deels versorg en ons is besig om vir hom te help om weer 'n werk te kry. Hy is meer as gewillig om sy kennis en ondervinding met sy medemens te deel


Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu