Main menu:
Die Seepkis
'n Toekomsvisie vir die Geloftevolk
deur Dr Ronnie van der Merwe
CV:
Carel A(a)ron (Ronnie) van der Merwe,
Gebore 2/1/1943
Opgegroei in die Roggeveld, Distrik Sutherland.
Matrikuleer 1960 Hoërskool Jongenskool Paarl.
Universiteit Stellenbosch 1961-1976 behaal MSc (Agric), Ph.D. in Kwantitatiewe Genetika
Elsenburg Landbou Kollege 1967-1970 Navorser en dosent.
Wellington- boer 1967-1970
Sutherland/Fraserburg “skaapwagter” in die Groot Karoo sedert 1976.
Getroud met Marianne Roux van die Paarl.
Kinders: Ilze, Carel, Koos, en Frances.
Kleinkinders 7
Belydenis: Ek leer van my losser en my Koning aan Moedersknie en ontmoet Hom persoonlik op 24 November 1958
Ronnie en Marianne by die see
Toekomsvisie (baie beperk) vir die Geloftevolk.
Die Geloftevolk sal weer 'n soewereine vrye volk word.
Die versperring tussen ons en ons vryheid, is ongeloof (gebrek aan geloofsoptrede) en ons ontrouheid aan ons Hemelse Vader. Daarom is ons Volk tans nie die minste voorbereid om ons vryheid uit Sy hand te ontvang nie.
Die onderliggende redes hiervoor moet eers uit die weg geruim word. Daar moet eers herstel plaasvind op alle terreine waar die verwoesting in ons volkslewe plaasgevind het nl.:
a)Geestelik
b)Sielkundig
c)Organisatories
Ons moet deeglik begryp dat daar sedert Adam nog nooit in die geskiedenis van die mensdom 'n aanslag op enige volk ter wêreld op die vlak van die massa psigose gemaak is op die wyse en die intensiteit soos wat met ons volk die geval was (en is) nie.
By Harvard is 'n deeglike studie gemaak van ons volk se denke en sy verwagte reaksies tydens die beplande oorgawe proses. Hierdie beplanning was bedoel om vir ons volk letale gevolge te hê – totale verswelging en uitwissing. Die sukses hiervan was dat die grootste deel van ons volk geestelik en psigies so ontspoor het dat die massa met 'n stralekrans om die kop en die Bybel onder die arm, ons selfvernietiging blymoedig tegemoet gestap het. Hierdie psigose aanslag is in toenemende intensiteit vir ± 20 jaar voor 1994 toegepas en gaan nog steeds voort om enige moontlike herstel en terugslaan te voorkom.
Daar is vir ons geen kortpad na herstel nie. 'n Deeglike beplande teenaanslag sal intensief geloods moet word om ons volk uit sy staat van hipnose tot sy sinne te bring.
Hiervoor het ons m.i. ten minste 30 % van die tyd nodig wat ons vyande gebruik het (met baie genade en harde werk). Ek stel dit op 'n minimum van 10 jaar.
Hiervoor moet ons onbelemmerde toegang tot ons volk bewerkstellig. Ons direkte kontak moet die omvang hê van die reikwydte van die Afrikaanse media onder ons mense. Elk stel dit op 1 miljoen. Dit moet binne twee jaar bereik word met reeds 50% teen Oktober 2010. Teen hierdie tyd moet ons teeninligting al goed op dreef wees.
Hierdie proses van teeninligting sal met groot kundigheid, omsigtigheid en geloofsvertroue intensief bedryf moet word.
Met die seën van ons Vader, kan ons in 2020 die situasie bereik waar die grootste deel van ons volk soewereine vryheid as die enigste opsie vir volksoorlewing kan aanvaar asook 'n bydrae te wil maak om dit te bereik (wat die omstandighede daardie tyd ook al van ons mag vra).
Ons sal nou in alleryl moet begin met organisatoriese voorbereiding sodat die samelewing in die soewereine Gelofteland sonder enige leemtes en haakplekke op alle vlakke van ons bestaan georden sal word ooreenkomstig die uitsluitlike vereistes van ons Vader en Sy Seun (JHWH BENJHWH).
Hierdie voorbereiding is die taak en verantwoordelikheid van ons wat tans nog nugterheid van denke behou het. Die proses moet stap vir stap met die “hele” volk gekommunikeer (en geraadpleeg) word. Dit sal aanvanklik vir die res van ons volk so vreemd wees (en bespotlik) soos Noag se ark bouery.
Die volgehoue, vasberade, en gestruktureerde hoe kwaliteit voorbereiding met gepaardgaande voortdurende volksgesprek sal egter na 'n jaar of twee van geloofsoptrede begin deurwerk in die nuwe verwysingsraamwerk van ons mense as realistiese optrede en sinvolle voorbereiding.
Vir die afhandeling van hierdie proses is 10 jaar 'n baie kort tyd. Indien ons egter oorvloedige genade ontvang mag ons met onvermoeide ywer en samewerking daarin slaag om teen 2020 gereed te wees vir die ontvangs van ons vryheid van ons hemelse Vader deur die almagtige Hand van Sy Seun, ons Messias en ons Losser.
'n Saak van kritiese belang is egter dat ons NOU sal besluit watter wegwyster ons gaan volg. Die keuse is:
a) Die pad van voorbereiding wat die moderne wêreld van ons vereis en ons vra ons Vader om Hand by te sit, of
b) om met 'n onverdeelde oog onvoorwaardelik 'n wêreldvreemde Godgerigte weg te volg op Bybelse riglyne en voorskrifte.
Ek kan my slegs vir laasgenoemde roete beywer aangesien dit ons verseker sonder verdere vertraging by die eindpaal sal bring.
Met die volk gereedheid teen 2020 kan ons met vrymoedigheid ons Vader nader vir ons soewereine vryheid. Hy sal dit aan ons gee wanneer Sy naam daardeur verheerlik sal word – so is Sy belofte. Hy sal dan die weg wat ons moet volg aandui.
Dit sal vir my 'n groot voorreg wees om in enige bydrae in hierdie proses van vrywording deel te hê – hoe gering dit ook al mag wees. Ek bid dat die Vader my die genade sal toedeel om nog die dag te aanskou wanneer die Vierkleur weer gehys gaan word oor die soewereine Teokratiese Republiek van die Geloftevolk
Ns. Indien daar nog onder ons onsekerheid en verskille bestaan oor die betekenis van die “huis” in die Bloedriviergelofte en as daar twyfel by sommige van ons bestaan of daar ingevolge hierdie verbond 'n verpligting op ons rus om 'n soewereine volkshuishouding vir ons Vader te vestig, dan stel ek dit dat ons NOU ooreenkom (wat ons ook al daaronder verstaan), dat ONS besluit om vir Hom 'n Volkshuis te stig op Sy voorwaardes bloot net omdat ons Hom lief het en Hom alleen na Sy welbehae WIL dien.
Neem deel aan die debat op Boerevryheid Forum
Skets deur Lets Pretorius