Main menu:
BKBS
UITTREKSELS UIT DIE AANHANGSEL TOT DIE GRONDWET A(06)
(MET DIE OOG OP DIE STIGTING VAN WALAERS )
A. AGTERGROND
Die BOEREVOLK VRYHEIDSTIGTING (BVS) is in 2005 gestig.
1. Die BVS het ’n administratiewe koördinerende kantoor, bekend as die Kantoor van die Volksekretaris (KVS) tot stand gebring. Hierdie kantoor sal alle beplanning, aksies, organisatoriese aangeleenthede, alle dokumentasie rakende die Boerevolk , asook die stigting van Waens en Laers hanteer en koördineer.
2. Die BVS het ’n verkiesingskommissie tot stand gebring wat bekend sal staan as die Boerevolk Verkiesingskommissie (BVK). Die BVK het opdrag om die nodige stappe en beplanning te doen om ’n wettige verteenwoordigende aanvaarde liggaam of BVR, wat die Boerevolk kan verteenwoordig, d.m.v. ’n verkiesing tot stand te bring.
3. Die BVK het die volgende model ontwerp volgens Bybelse beginsels soos neergelê in Eksodus 18:21: "Maar kies uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle: owerste oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien."
4. Volgens hierdie beginsels word die volgende model opgerig:
Die BOUSTENE van die Volk is ’n WALAER
’n WALAER, bestaan uit 8-15 geregistreerde lede. Hulle kies uit hul geledere ‘n Wa-leier as Rentmeester.
4 tot 7 Walaers groepeer saam as ‘n TREKLAER.
(sodra 8 walaers, vorm dit twee Treklaers asook ‘n Boerelaer))
Die betrokke Wa-leiers kies uit hul geledere ‘n Trekleier as Rentmeester.
B. STRUKTUUR
Die Struktuur word gevorm uit
a) Laers en
b) Leiers (Rentmeesters)
a) Die Beskrywing van Laers.
1. ’n Walaer (of Wa )
1.1 'n Walaer bestaan uit 8-15 geregistreerde, stemgeregtigde Volksgenote.
1.2 Hierdie Walaer kom tot stand wanneer vriende, familie of kennisse besluit om deel wees van die Boerevolk en te help om struktuur daaraan te verleen.
1.3 Die persone hoef nie noodwendig naby mekaar te woon nie en kan selfs oorsee wees.
1.4 Groepe wat deur spesifieke belange met mekaar verbind is, soos jeug, kultuur, landbou, ens. kan ook ‘n Walaer tot stand bring.
1.5 Die oprigting van ’n Walaer geskied volgens reëls soos van toepassing op ‘n Stigtings-vergadering of ‘n Afstigtings-vergadering.
1.6 Die Walaer kan ook in die kuberruimte tot stand kom wanneer kubervolksgenote wat aan die reëls voldoen, met mekaar op 'n gestruktureerde wyse wil assosieer.
1.7 ’n Walaer vorm die bousteen van die groter struktuur maar kan ook as sosiale groep, belangegroep, of godsdienstige groepering, funksioneer.
1.8 Walaers wat as belangegroepe tot stand kom, kan op versoek, deur die KVS in groter laers, ongeag die geografiese verspreiding, groepeer word.
1.9 Die fisiese adres van die verkose Walaer leier, sal dien as die geografiese ligging en adres van die Walaer.
b) Die aanwysing van Leiers
Die uiteensetting van die verskillende leiers word hier slegs genoem, terwyl die reëls waarvolgens die verkiesing plaasvind, later volg. (kyk D.)
Die Leiers van die Boerevolk sal optree as Rentmeesters vir die Lede binne Laer verband. Hulle moet hul leierskap as 'n opdrag, taak en verantwoordelikheid aanvaar. Wanneer daar leiers gekies word, moet hierdie kriteria in gedagte gehou word.
1. Die Wa-leier
1.1 'n Wa-leier word verkies nadat die Walaer tot stand gekom het.
1.2 Die Wa-leier ageer as die “Owerste oor Tien?? en dien as Rentmeester oor sy Wa. Hy/sy is verantwoordelik vir alle reëlings, verhoudings, dissipline, kommunikasie en aksies binne Walaer verband.
1.3 Die verkiesing van die Wa-leier vind tydens die Walaer Stigtingsvergadering plaas.
1.4 Die lede van die Walaer, kies die Wa-leier, sowel as ’n Onderleier uit hul eie geledere.
1.5 Sodra 'n Wa-leier aangestel word as Trekleier, neem die Onderleier oor as Leier en word ’n nuwe Onderleier in sy plek gekies.
C. REËLS VIR DIE TOTSTANDKOMING VAN DIE STRUKTURE
1 Die oprigting van n Walaer (Stigtingsvergadering)
1.1 Sodra 8 (tot 15) stemgeregtigde volksgenote die nodige dokumentasie voltooi het, kan 'n Walaer opgerig word.
1.2 Die persone teenwoordig moet 'n kworum vorm, dit is die helfte van die (potensiële/moontlike) betrokkenes, + een.
1.3 ’n Wa-leier kan onmiddellik aangewys word.
1.4 Enige persoon kan voor die tyd as sameroeper optree.
1.5 Die vergadering besluit of die verkiesing van die wa-leier kan per handopsteek, of per stembrief geskied.
1.6 Indien daar gelyke stemme is, moet per stembrief, weer gestem word.
1.7 Indien steeds gelyk, het die sameroeper die beslissende stem.
1.8 Tenminste drie name vir die Walaer moet genomineer word.
1.9 Hierna moet die verkose Wa-leier al die dokumente volgens voorskrif hanteer, asook die Stigtingsvorm volledig voltooi. [ WA-1].
1.10 Daar moet tenminste een Vonkposadres(e-pos) vir die Walaer beskikbaar wees vir kommunikasie.
1.11 Alle dokumentasie moet verkieslik per vonkpos gestuur word maar kan per hand, of per slakkepos, aan die KVS besorg word indien nie anders kan nie.
1.12 Die inligting kan ook volledig op die webwerf: (Plaaswerf) www.boerevryheid.co.za geplaas word.
1.13 Sodra die dokumentasie deur die KVS ontvang is, sal alle inligting deur die KVS op die rekenaar geplaas word en sodra dit verwerk is, sal alle inligting na die Vonkposadres, of gewone posadres, soos aangedui, aangestuur word. [WA-2] Hierdie inligting moet deur die Wa-leier as konfidensieel hanteer word.
Dit sluit in:
1.1.1 Die naam van die Walaer
1.1.2 Die name van die lede van die Walaer
1.1.3 Die naam van die Wa-leier.
1.1.4 Die vonkposadresse op die Plaaswerf: abc(@boerevryheid.co.za) aan diegene wat aandui dat hulle so ‘n adres wil bekom. (teen R20 per maand)
1.1.5 Die toegang name en sleutel kodes van die lede tot die Plaaswerf.
1.1.6 Die BID (Boervolk Identiteitsdokument)
1.1.7 Die “sertifikate van lidmaatskap?? van die verskillende lede.
1.1.8 Die name van ander Walaers waarby aangehaak kan word.
1.1.9 Die naam en kontakbesonderhede van die Treklaer waar van toepassing
1.1.10 Die naam en kontakbesonderhede van die Boerelaer waar van toepassing
1.1.11 Die naam en kontakbesonderhede van die Hooflaer waar van toepassing.
1.2 Sodra terugvoering (n WA-2 vorm) vanaf die KVS ontvang is, is die Walaer amptelik gestig.
1.3 Die geografiese ligging en adres van die Laer sal bepaal word deur die fisiese adres van die Wa-leier.
2 Afstigting van n Walaer
2.1 Sodra daar meer as 15 lede in ‘n Walaer is, moet ‘n AFSTIGTINGSVERGADERING belê word.
2.1.1 Die KVS moet in kennis gestel word en goedkeuring gee vir afstigting.
2.1.2 Alle lede van die bestaande Wa-laer moet kennis kry van die vergadering.
2.1.3 Die kennisgewing moet tenminste vyf dae voor die VERGADERING ontvang word.
2.1.4 Die nodige vorms (twee WA-3 vorms) moet beskikbaar wees.
2.1.5 Indien daar reeds ‘n Treklaer bestaan, moet die Trekleier as voorsitter optree.
2.1.6 Indien daar nie 'n Treklaer bestaan nie, moet die Wa-leier as voorsitter optree.
2.2 Die verdeling moet sover moontlik met ‘n gesindheid van ooreenstemming (konsensus) geskied.
2.3 Indien daar nie ooreenstemming bereik word nie, moet daar gestem word. Indien steeds nie ooreengekom word nie, sal die Voorsitter die finale besluit neem.
2.4 Indien daar nog steeds ongelukkigheid bestaan, sal die Trekleier van die streek, se besluit finaal wees.
2.5 Indien daar nog nie ’n Trekleier bestaan nie, sal die KVS die nodige verdeling fasiliteer.
2.6 Die oorspronklike Wa-leier bly by die oorspronklike groep (naam) aan as Wa-leier.
2.7 Na verdeling moet die reëls soos in (C.1) uiteengesit volledig nagekom word.
2.8 Die admin bly basies dieselfde, die enigste verskil is dat daar twee WA-3 vorms ingevul moet word, een vir elke Walaer wat nou tot stand sal kom.
2.9 Die oorspronklike Wa-leier moet verantwoordelikheid aanvaar om die ingevulde twee Wa-3 vorms by die KVS te besorg.
2.10 Die KVS sal die inligting verwerk en die twee gestigte Walaers per WA-4 vorms in kennis stel.
2.11 Sodra die twee onderskeie Walaers die WA-4 vorms ontvang het, het afstigting amptelik geskied.
D. Omskrywing van sekere begrippe
1. Registrasie
Normale registrasie vind plaas nadat :
1.1 die 10 beginsels van ‘n Boer, of die “verkorte weergawe?? geteken is,
1.2 die “Aansoek om toelating?? tot die Volksregister voltooi en
1.3 die inligting op die Plaaswerf : boerevryheid.co.za geplaas is, of persoonlik of per slakkepos of faks, aan die KVS gestuur is.
1.4 Sodra daar terugvoering hetsy persoonlik of skriftelik by wyse van ‘n WELKOM BV1 vorm vanaf die KVS ontvang is, kan aanvaar word dat registrasie plaasgevind het.
1.5 Sodra die prosesse in plek is, sal ‘n BoereIdentiteits sertifikaat aan die nuwe lid uitgereik word.
1.6 Alle oorspronklike dokumente moet aan die KVS besorg word.
2 Die 10 Beginsels van 'n Boer
2.1 Is die belydenis, die ondernemings- en ‘n verootmoedigingsaksie, waarmee elke voornemende Volksgenoot amptelik bevestig deur ondertekening, dat hy/sy geloof bely en bereid is om sigbaar deel te word van die Boerevolk .
2.2 Dit is 'n voorvereiste tot stemreg en tot die aanstelling in 'n Leierskap posisie.
2.3 Dis 'n voorvereiste om 'n BID (Boerevolk Identiteits Dokument) , met ‘n unieke persoonlike Identiteitsnommer, te ontvang.
2.4 Dis 'n voorvereiste om 'n Vonkposadres: ****@boerevryheid.co.za te verkry teen R20 per maand.
3 Die opsomming van die 10 Beginsels van 'n Boer is n samevatting van die inhoud van die 10 Beginsels en word as alternatief (as deel van die registrasievorm) aanvaar.
4 Die Volksregister word saamgestel uit alle lede van die Boerevolk
5 Stemgeregtigheid Bokant 16 jaar.
6 Die Kantoor van die Volksekretaris (KVS):
Is tans in Pretoria. Die Posadres: Posbus 15772, Sinoville. 0129
Landlyn: 012 567 5375, Loopfoon 084 834 4503, Faks: 086 693 8815
Vonkposadres: volksekretaris@boerevryheid.co.za; en sekretaris@boerevryheid.co.za
7 Die Volksekretaris sal aangestel word deur die BVR. Die pos word tans beman deur Mev. Minnie Pretorius.
8 Verandering van reels Die KVS en die BVK kan, in samewerking met die BVR, hierdie reëls verfyn en aanpas om in die behoeftes te voorsien. Intussen is die beslissings van die BVK, soos in die Grondwet uiteengesit, bindend op die organisasie van die Boerevolk.
9 Boerevolk ondersteuners is diegene wie nie die 10 beginsels wil onderteken nie, wie nie by die strukture betrokke wil raak nie, wie nie in die Volksregister opgeneem wil word nie, wie egter die SAAK van die Boerevolk ondersteun en bereid is om 'n verkorte Registrasievorm in te vul.
10 Die Plaaswerf, is die naam van die webwerf: boerevryheid.co.za wat as voertuig aangewend word om alle administrasie, registrasie, die Boerevolk se register en aksies, soos die verkiesing van die Boerevolk koördineer.
----
Sub-Menu: