Main menu:
Redaksie
31/05/2008
Dawie en xenofobie
n Redaksionele kommentaar bevat gewoonlik die opinie van die skrywer oor n spesifieke aangeleentheid. Vandag gaan ek slegs n verhaal aan u vertel, waarna u self u eie opinie moet vorm. Dit gaan oor n jong man wat verlede week deur 'n (waarskynlik) demonies besete barbaar, voor sy vrou en kinders doodgeskiet is.
Dawie Ek was vandag by ’n begrafnis. ’n Jong Boer, Dawie Maree, 27 jaar oud , in die fleur van sy lewe is begrawe. Op 23 Mei het ’n wilde barbaar, in ’n vlaag van naakte Boerehaat, in die middel van die nag, bo-op die bed gespring en Dawie langs sy slapende vrou en twee klein kindertjies, sonder waarskuwing met ’n 38 Special deur die nek en hart geskiet. (lees die berig: http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=12897 Daar word gewoonlik by ’n begrafnis mooi dinge oor die oorledene gesê. By vandag se begrafnis, was werklik baie mooi dinge oor Dawie gesê, ek het elke woord geglo. Onwillekeurig dink ek terug aan die 17de Februarie 1981, toe ek by was waar Dawie sy eerste asemteug gegee het. Daarna het ek hom as sy familie se huisdokter, verskeie kere in my spreekkamer ondersoek. As beloning as hy soet was, het ’n “voëltjie bo in ’n kas??, vir hom ’n lekkertjie gelê. Eendag bring sy Ma, Elfie, vir my ’n regte voëltjie. Dit was ’n lap pelikaan met ’n bek vol lekkertjies. Ek doop hom toe Dawie!! Honderde kinders, die meeste, nou al volwassenes, “was altyd soet?? terwyl ek hulle ondersoek, sodat Dawie daarna vir hulle ’n eiertjie kon lê. Snaaks dat Dawie dikwels geweier het om ’n eier te lê, as die kind “moeilik?? was! (gewoonlik die laaste keer) Hier sien ons vir Dawie die pelikaan (links) wat na meer as twintig jaar se stert draai (voor hy ’n eier lê) en hantering deur elke kind wat in my spreekkamer inkom, lendelam en redelik gehawend daarna uitsien. Sy stert moes ook al vervang word. My kleindogter Anjé, het gepoog om hom met verbande te verbind. Toe ons besef dat Dawie nie meer ou bene gaan maak nie en sal moet aftree, het Anjé se ander Ouma, twee Dawie’s gemaak, een vir Anjé se Pa (ook ’n dokter) en een vir my. Hierbo sit die jonger Dawie langs die afgeremde en effe gehawende pensioenaris-Dawie. Die regte Dawie was nog vol planne, vol entoesiasme en vitaliteit. Die lap-Dawie is verniel deur honderde sagte kinderhandjies, wat in afwagting en liefde, ’n lekkergoed eiertjie van hom “ge-eis?? het nadat hulle “soet?? was. Hoe ironies dat die regte Dawie deur ’n booswig, ’n wrede genadelose, demoniese besete, xenofobiese skurk, sonder provokasie of teenprestasie, nie net ’n paar van sy besittings met geweld van hom wou afdwing nie, maar ook , ten aanskoue van sy vrou en kindertjies, sy lewe met geweld van hom beroof het. Dr. J (Lets) Pretorius
Vir die volledige artikel met foto's
--------