Main menu:
Stoffel Sê
31/03/2007
Die BOEREVOLK se amptelike VERTEENWOORDIGING: Die BVR
Die GROOT naweek: 21 April
Op 21 April vind die volgende plaas:
1. Die naweek-kamp vir alle Plaasbewoners.
2. Die opvolg vergadering van die VVV(Verteenwoordigende Volksvergadering)
3. Die uitbreiding en her-aanwysing van die BVR (Boerevolk Verteenwoordigende Raad)
Die gebeure vind plaas by NKWE: Met Lynnwood uit na die Ooste, ongeveer 12 Km vanaf Hans Strydom.
Daar is 8 Staande karavane, en 'n aantal Chalets beskikbaar.
Daar is baie kampplek en ons kan verskeie tente reel indien betyds gevra word.
Diegene wat eerste vra sal natuurlik eerste gehelp word.
Skakel asb met Pierre Wilsenach. Tel: 082 925 6565 Hy sal as Kampkommandant optree.
Ons bestaande komitee moet asb met hom skakel vir verdere ko-ordinering en inligting.
Volledige inligting sal mettertyd bekend gemaak word.
Boeregroete,
Stoffel
NS:
In die verlede was daar skeptici tov die amptelikheid en die verteenwoordiging van die BVR.
Sorg dat jy daar is dan hoef jy nie NA die tyd vrae te vra nie.
Daar is ook nou genoeg tyd om vrae te vra VOOR die tyd as jy enigsins nog onseker is.
Gaan vra jou vrae hier.
Hier volg n brief aan alle Walaerleiers.
18 April 2007
Die uitbreiding van die Laerstruktuur vorder tans baie goed. Ons het in Wynand Beukes en sy familie, persone wat met toewyding die Administrasie in die Kantoor van die Volksekretaris bedryf. Verder is Paul Bennet as skakelbeampte aktief besig om die Laerstruktuur uit te brei en te bemark. Veral aan die Oosrand is die “oliekol?? besig om vinnig al groter te word. In die omgewing van Witrivier het daar vyf nuwe Laers ontstaan . Ook by Kuruman is die nuwe strukture besig om in plek te kom en sal uiteindelik in die omgewing van 5 Laers opgerig word. In die Kaap het verlede week twee Laers tot stand gekom.
1. Ons vergadering van die VVV (Volksverteenwoordigende Vergadering) vind Saterdag 21 April plaas. Maak asseblief seker dat jou Walaer verteenwoordig is. Sorg dat julle ’n Walaer leier asook ’n onderleier aangewys het. Kontak Wynand om dit voor Saterdag op datum te bring en stuur asseblief aan my ’n Vonkpos ter bevestiging. Die vergadering begin amptelik 10h00 maar ons versoek Walaerleiers om reeds 08h00 daar te probeer wees.
2. Vir meer agtergrond oor die vergadering kan jy op die Plaaswerf gaan kyk by die volgende skakel: http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?p=99432#post99432
3. Indien julle nuwe Walaers wil stig, skakel met Paul Bennet (Chaplain op die Plaaswerf) by: bdc@telkomsa.net
4. Die Boerevolk is besig om in beweging te kom en ELKE skakel is belangrik. Ek het volle vertroue dat jy sal sorg dat julle Walaer deel is van die momentum is en nie langs die Trekpad agter raak nie.
5. Ek plaas ook vir jou die volle besonderhede oor die vergadering onderaan.
Sien julle die naweek daar!
Boeregroete,
Lets Pretorius
_____________________________________________________________
KONTAKBESONDERHEDE:
Die Kantoor van die Volksekretaris gaan nou deur Wynand Beukes hanteer word.
Kontak Persoon: Wynand Beukes
Kontak Nommers:
083 258 8321
083 678 2714
Faks Nommers:
086 503 3160
086 503 0564
Vonkposse:
inligting@beupape.co.za
inskrywings@beupape.co.za
klagtes@beupape.co.za
navrae@beupape.co.za
delaray@beupape.co.za
__________________
Vonkposadres: sekretaris@boerevryheid.co.za
Program vir die GROOT naweek van 21 April
Vrydag 20 April:
i) Aankoms by terrein- meld aan by Kampkommandant Pierre Wilsenach.
ii) Boekevat: 20h00 by lapa.
iii) BVR vergadering na Aandgodsdiens
iv) Verder slegs gesellige bymekaar wees.v
Saterdag 21 April
i) 07h30: Oggendgodsdiens
ii) 08h00: Finalisering van registrasies, Walaer administrasie by die satelliet kantoor van die Volksekretaris.
iii) 10h00: Volksverteenwoordigende Vergadering (VVV)
Sakelys:
1 Opening
2 Verwelkoming
3 Inleiding en verslag van BVR
3.1 Verslag van Volkeregtelike komitee
3.2 Verslag van Finansiële komitee
3.3 Verslag van Komitee van Openbare betrekkinge
3.4 Verslag van die kantoor van die Volksekretaris
3.5 Die Grondwet.
3.6 Nuwe komitees?
4 Die Koerier
4.1 Verslag Redaktrise
4.2 Verslag deur die komitee vir die verkoop van Oom HS se boeke.
5 Die Plaaswerf.
5.1 Huidige situasie
5.2 Probleme en voorstelle
5.3 Finansies
5.4 Advertensies 5.5 Reklame
6. Boerevolk Unie
7. Aanwysing van die BVR
8. Inseëning van die BVR
9. Ander sake
9.1 .
9.2 .
10 Afsluiting
iv) 13h00: Middagete
v) BVR en subkomitees: 14h00 tot 1700
vi) Boekevat soos aangekondig sal word.
vii) Res van die aand sal gekuier word.
Sondag 22 April
08h00: Oggendgodsdiens: Daarna kan u vir die res van die dag op die terrein deurbring, die land, en veral, die Boerevolk se probleme oplos en saam kuier.
Algemene reëls en reëlings:
1. Die VVV sal net bygewoon kan word deur persone wat op die Boerevolksregister geregistreer is.
2. Na elke punt op die sakelys sal daar geleentheid vir bespreking wees.
3. Die VVV het kragtens die Grondwet slegs raadgewende magte, maar voorstelle sal deur die BVR binne die voorgeskrewe tydperk hanteer word.
4. Die vergadering behoort teen 13h00 afgehandel te wees.
5. Na middagete sal die BVR en die subkomitees vergader om verder beplanning te doen. Reëlings sal aan die einde van die vergadering getref word.
------------
Sub-Menu: