Main menu:
Stoffel Sê
30/07/2006
Boerevolk Identiteit: Vervelig of Suiwering?
Geliefde Volksgenote en Vriende,
Dis vir my mooi dat die Plaasbewoners ernstig is oor die Volk en onafhanklikheid vir die Volk. Daar is tans n debat aan die gang op hierdie draad, wat waarskynlik die kern van die meeste verskille frustrasies en vrae rondom samewerking aanraak.
Kom lees gerus of nog beter kom neem deel!!!
Agtergrond:
Terwille van diegene wat nie die agtergrond ken nie;
Ek het opgegroei as n Afrikaner en eers as student begin besef dat ek nie heeltemal “gemaklik “ daaroor voel nie. Eers na ek as dokter op Potgietersrus begin werk het(1976), het ek ná ‘n gesprek met ‘n kollega, Dr Piet Cloete, tot die besef gekom dat ek ‘n Boer is. Van toe af, het ek nog nooit omgekyk nie. Hierdie brandende patriotisme het aanleiding gegee dat ek op 15 September 2002 in hegtenis geneem is. Daarna was ek vir 18 maande in aanhouding: Tussen n groep korrupte wit polisie in Potchefstroom vir twee weke, daarna tussen 60 “ander?? vir amper n maand in Pretoria Lokale gevangenis, daarna vir amper n jaar in “eensame opsluiting?? = 20 uit die 24 uur per dag in C-maks en daarna vir amper vyf maande weer terug in lokaal. In hierdie tye het ek geleentheid gekry om baie te dink en oor baie aspekte, veral oor ons Volk se toekoms, te peins , te bid en te filosofeer. EK het op wonderbaarlike wyse die volle verslag van die Volkstaatraad in my sel gehad en het dit in die tyd bestudeer.
Die volgende stellings kom direk daaruit:
1. ‘n VOLK is geregtig op onafhanklikheid
2. Die VOLK moet SELF sy onafhanklikheid EIS
3. Die Volk moet BEWESE steun hê .
4. Die Volk moet deur n legitieme liggaam verteenwoordig word om die aansprake te maak.
Ek gaan doelbewus nie aan julle uitwys hoe elemente in die Volkstaatraad, wat NIE die sentiment van die Boerevolk in hulle harte gedra het nie, die verkryging van ‘n Volkstaat in die wiele gery het, ter wille van hul eie “Afrikaner planne??. Indien u meer daaroor wil weet, gaan lees gerus die verslag of gaan praat met persone wat op die VR was.
Nou my standpunte:
1. Die BOEREVOLK is die enigste Blanke volk in Afrika wat aanspraak kan maak op ONAFHANKLIKHEID. (Nie die Afrikaner , die Afrikaanses of die Boere-Afrikaner kan hierdie aanspraak maak nie) En dis NIE bloot ‘n semantiese debat nie. Ek beskik oor genoeg feite om hierdie aanspraak in enige debat te argumenteer.
2. Die Majuba Deklarasie is die eis om onafhanklikheid namens die Boerevolk.
3. Toe ek op 25 Maart 2004 borg gekry het, het ek met meer as 20 leiers gesprek gevoer. Dit sluit in: die AWB, die HNP, die VF+, Radio Pretoria, die Verkenners, die TLU, Afrial, Republiek 15, Praag, die TAR, die Volk sekretariaat, die AKB, die gewese voorsitter van die Volkstaatraad, Snr offisiere uit die NI van die vorige bedeling, Genl. Viljoen, verskeie Kerkleiers (ook uit die Israel groeperinge), politieke skrywers, juriste, Leiers van Kultuurgroepe, mense van Orania, en Kleinfontein, en verskeie individuele leiers en filosowe. Vir amper twee jaar lank!!! Ek het intussen ‘n Pamflet opgestel wat die situasie opsom. Gaan kyk gerus hoe die Afrikaner daar as deel van “die Volk?? ingetrek word.
4. Ek het aan almal die vraag gevra: “Hoe gaan ons, ons VOLK se onafhanklikheid terugkry??? Ek het verskeie antwoorde gekry maar nie EEN was ‘n haalbare, goed gefundeerde plan nie. Dit het gewoonlik begin met “verootmoediging?? en uiteindelik geëindig met: “Sodra die chaos kom, dan moet ons gereed wees om oor te neem.?? Ek het op elkeen ‘n beroep gedoen om saam te staan en d.m.v. ‘n eis (soos die Majuba Deklarasie) ons onafhanklikheid af te dwing deur die Volkeregtelike roete te volg. Slegs EEN Israel-kerkgroep was bereid om by hierdie eis in te val. Die res het vasgeklou aan hul “eie saak?? en hul “eie organisasie “ se doelwitte. “As hulle nie die inisiatief kon neem nie, wou hulle nie saamloop nie??. (Dit het my laat dink aan elke haan op sy eie hoop!)
5. Ek wil graag kyk na die begrip “SAAMSTAAN?? Die voorstanders van “saamstaan?? is duidelik ongelukkig omdat dit lyk asof ek teen saamstaan is. Dis ‘n verkeerde persepsie. Ek was deel van “saamstaan?? op verskeie terreine in die geskiedenis. Kom ons neem ‘n paar voorbeelde:
* In 1983 staan ek saam met 80 000 patriotiese mense(lees hoofsaaklik Boere) “saam?? by die Monument, KP, HNP, AWB en Volkswag “staan saam??…..net om direk na die vergadering in wantroue uitmekaar te spat.
* In 1983 is ek betrokke by die stigting van TG (Toekomsgesprek) net om saam met ontnugterde mede Boere in 1993 te bedank, omdat die “oorlopers uit die Broederbond?? die organisasie gekaap het.
* Ek was deel van die stigting van die KP en het my voete deurgeloop om politici met hul “eie politieke agenda?? in possies te help kry.
* Ek was betrokke by VEKOM waarbinne 70 organisasies “saamgestaan?? het, totdat Afrikaners met n geheime agenda, dit oorgeneem het, die naam verander het na MOBKOM en later na VEKOM en die organisasie uiteindelik gekaap het om te gaan deelneem aan ‘n onwettige en ongemagtigde “skynverkiesing?? in 1994. Die AVF (Afrikaner Volksfront) word gekaap en verander na die AVF (Afrikaner Vryheidsfront)??
* Ek het die AVS (Aksie Volkseie Skolesport) beplan en die eerste twee Bokkieweke, help reel as voorsitter. Ook dit is gekaap en staan nou bekend as die AVS=AFRIKANER Volkseie Sport (sic)
* Ek was deel van die “saamstaan?? deur die BKA in 1991 toe ons Kerkstraat toegetrek het. Totdat die leiers van die “saamstaan?? met die Afrikaner politici en Militêre leiers van die dag in gesprek gegaan het, en die “saamstaan-slag-van-Bophuthatswana?? (waarheen ek nie WOU gaan nie, en my seuns verbied het om te gaan,) wapenloos, weerloos, eerloos en in chaos uitmekaargespat het. Drie gesneuweldes het die Boerevolk tot so n mate geknak(soos met Slagtersnek), dat die opstaan nou eers, amper 15 jaar later begin plaasvind.
* Aangesien die saak van die sg. Boeremag nog sub-judice is, sal julle moet wag dat die geskiedenis “die ware saamstaan-verhaal??(sic) vertel.
* Ek was in Potch in die tronk toe aangekondig is dat AFRIAL in Potch gestig gaan word. Uiteindelik, 100’de duisende Rand verder, het 20000(?) saamgestaan om te verootmoedig op Bloedrivier. En daarna?? Dis nou meer as twee jaar gelede.
* Ek kan my betrokkenheid by die totstandkoming van die APK (van die heel eerste vergadering toe ons 11 lede was) waarna ek elke maand Pretoria toe gery het vir amper n jaar lank by die lysie voeg.
As ek sinies wil wees kan ek meld dat slegs twee APK predikante by drie geleenthede my in die 18maande in die tronk besoek het. Ek kan dalk meld dat my vrou twee blokke van die kerk af bly maar dat die APK predikant haar nie een keer besoek het of gebel het om te hoor hoe dit met haar gaan en of sy oorleef nie! Amptelik is ons nog deel van die APK.
Ontleding:
1. My vriend, jy wat graag wil saamstaan, wat gaan jy doen as ons dan nou saamgestaan het? Wil jy wapens opneem? Jy weet tog dit is dwaasheid! Wil jy nog n politieke groep vorm? Om te gaan kruisies trek?
2. Daar is slegs EEN soort SAAMSTAAN wat effektief gaan wees en tot onafhanklikheid gaan lei, en dit is die eenheid van patriotisme of Volksnasionalisme.
3. Die kern van ons verdeeldheid is geleë in die sukses waarmee die vyand aanhou om ons identiteit as VOLK te verwar.
4. Ek herhaal: Die enigste Blanke volk in Afrika wat reg het tot grond en tot onafhanklikheid IS DIE BOEREVOLK. As u wil saamstaan, kom laat ons saamstaan as die BOEREVOLK!
5. Om dit te verwesentlik, moet ons (ook volgens ons Boereprofeet) “gesuiwer word??. Hy het geprofeteer dat die verdeeldheid baie erg sal wees. Hy het gesê dat die mense in sy tyd gesif is, maar dat ons in ons tyd deur n “smeltkroes?? sal gaan.
6. Hierdie “loutering en suiwering?? is om uiteindelik te kom by diegene wat onbeskaamd hulself as lede van die Boerevolk sien. Eers dan het ons locus standi om aanspraak te maak op Volkskap en op onafhanklikheid volgens die Internasionale Volkereg.
7. Ek het n wonderlike voorsmaak hiervan tydens die Majubafees van 2,3,4 Maart beleef.
8. Uiteindelik het ek, op die stoep van ‘n “oopkop?? persoon (wat homself terloops nie as n Boer beskou nie maar as n Afrikaner bekend wil staan) aan hom gemeld dat ons nie van die grond af gaan kom deur te probeer om groeperinge wat hulself as Afrikaners beskou, te probeer oortuig dat hulle by die VOLKSIDEAAL van die BOEREVOLK moet inval nie. Ek het voorts aan hom gesê dat ek besluit het om van daardie oomblik af, SLEGS VIR EN NAMENS DIE BOEREVOLK te praat en op te treë . Hy het n lang tyd na my gekyk , en toe gesê: “Ek dink jy is reg, dis die enigste manier??
9. Daarna het die herontwaking van die Boerevolk inderdaad momentum begin aanneem. Gaan kyk gerus na die volgende skakels:
Opsomming of
meer volledig.
10. Diegene wat sou ernstig voel oor “SAAMSTAAN??,
a. Besef jy hoe ‘n groot rol die Afrikaner , in die ondergang en die terughou van die Boerevolk gespeel het? b. Besef jy dat die Afrikaner, die Boerevolk steeds nie goedgesind is nie? c. Besef jy dat die Afrikaner slegs die Boerevolk se kultuur misbruik het om politieke voordeel daaruit te verkry?
9. Om hierdie rede is ek bereid om die volgende verklaring in die openbaar te maak:
1. Ek is ‘n lid van die BOEREVOLK.
2. Ek is wel ingesluit binne die groter Afrikaner nasie, maar EK IS N BOER!!!
3. Sonder om aanstoot te gee, gaan ek nie enige energie mors om Afrikanerorganisasies te probeer oortuig, saamsleep, of ter wille te wees, net om n tydelike “skyn van samehorigheid’ te bewerkstellig nie.(Daar is verskeie grafstene van “pogings om dit te bewerkstellig??, wat stille getuienis is dat dit NIE GEWERK HET NIE)
4. Ek is bereid om met enige groepering saam te werk wat die doelwit van ONAFHANKLIKHEID nastreef en nie slegs hul eie agenda en beeld wil bevorder nie.
5. Ek wil nie TEEN enige organisasie werk nie.
6. Ek wil ook nie TEEN enige Leier werk nie.
7. Ek het GEEN aspirasies om leier te wees nie. Dit wat ek nou mee besig is, sal ek met liefde oordra aan iemand wat werklik bereid is om dit te doen. As dit my lotsbestemming is om die pad deur die woestyn voor te berei waarop die Leier moet loop, het ek vrede daaroor. Lees gerus watmy standpunt oor leierskap is .
7.1 My visie en missie , trouens my lewe draai tans om die verkryging van Onafhanklikheid vir die Boerevolk.
7.2 Verskeie mylpale is bereik waarop ek nie wil of gaan roem nie aangesien dit deur Genade bewerkstellig is.
7.3 Die Plaaswerf is in werking en bied n tuiste vir menige Boer en selfs diegene wat hulle steeds as Afrikaners wil identifiseer, voel ook tuis.
7.4 Daar is reeds n BVR tot stand gebring.
7.5 Daar word daagliks nuwe Walaers opgerig sodat ons as die Boerevolk kan SAAMSTAAN!!
10. Indien enige iemand van my verskil, is dit jou goeie reg, maar dan moet ek vir jou dit onomwonde stel: BRING VIR MY N ALTERNATIEWE OPLOSSING WAT KAN WERK, dan luister ek met al die aandag wat ek aan jou kan gee, daarna.
11. As jy NIE n alternatief kan aanbied nie, gaan ek nou met JOU praat:
11.1 Behalwe om te praat en te kritiseer, wat het JY al bygedra tot die verkryging van ons onafhanklikheid?
11.2 Wat se offers het JY gebring?
11.3 Gaan jy n veilige hawe soek en daar in jou veiligheid nog meer en feller kritiek uitspreek oor almal wat probeer om iets te doen? Die sielkundiges beweer dat wanneer jy skuldig voel, jy iemand anders kritiseer of blameer, dan voel jy self beter(hoe meer aggressief, hoe beter voel jy).
11.4 Kan jy asseblief eerlik op die volgende vrae antwoord:
11.4.1 Het jy al geregistreer op die Plaaswerf of bly jy steeds ‘n gas?
11.4.2 Het jy al R30 betaal om ‘n koerier te koop?
11.4.3 Het jy al ‘n Koerier verkoop?
11.4.4 Het jy ingeteken of dalk n intekenaar gewerf?
11.4.5 Het jy al SAAMGESTAAN deur die Boer se TIEN BEGINSELS TE onderteken?
11.4.6 Is jy al deel van die Volksregister? (Of kritiseer jy die beginsel sodat jy minder skuldig kan voel?)
11.4.7 Is jy betrokke by n Walaer (of is dit nie saamstaan nie?)
11.4.8 Het jy SELF al ‘n Walaer opgerig?
My vriend, as jy nie positief op een van hierdie vrae kan antwoord nie, sal ek na jou kritiek luister maar moet my regtig nie verkwalik as dit nie veel gewig dra nie. Daardeur wil ek glad nie voorgee dat ons saak en ons aksies altyd reg is, dat ons nie na goeie raad moet luister nie, trouens enige opbouende kritiek is altyd welkom.
Hierdie keer vra ek jou egter om diep in jou binneste te kyk,
en volgende keer as jy De la Rey- De La Rey hoor, staan stil en probeer waarneem en voel of jou Boere gene nie dalk besig is om aan de beweeg te raak nie.
...........Dalk het jy ook nie besef dat jy n BOER is nie!!!
Boeregroete,
Johan(Lets) Pretorius
------------
Sub-Menu: