Main menu:
Stoffel Sê
28/11/2006
Rip Van Winkel se 100 jaar
Nuusberig , Nuusberig , Nuusberig , Nuusberig , Nuusberig , Nuusberig , Nuusberig , Nuusberig , Moderne Rip Van Winkel!!!
“Die Boerevolk is besig om uit ’n 100 jaar lange slaap te ontwaak??.
Dis die siening van Dr. Johan (Lets) Pretorius, die Voorsitter van die Boerevolk Vryheidstigting (BVS). Die Boerevolk is meer as ’n 100 jaar,en wel in 1902 tydens die sg. “Vrede van Vereniging?? laas amptelik verteenwoordig. Om as ’n Volk aanspraak te maak op onafhanklikheid, moet daar bewese steun sowel as ’n Verteenwoordigende Liggaam wees wat namens die volk kan aanspraak maak op onafhanklikheid.
Op 9 Desember 2006, by die Willem Prinsloo Landbou Museum, sal daar deur die Volk, vir die Volk, ’n Verteenwoordigende Raad aangewys word. Die kandidate word uit die Volk van die grond af gekies. Die proses kan vergelyk word met die begin van die Groot Trek. Eers moet daar ’n Wa gebou word. Dan word besluit wie gaan met hierdie Wa saam trek. Dan word besluit wie gaan die verantwoordelike en besluitnemende Waleier wees. Sodra meer waens saam trek word groter eenhede gevorm. Op ’n stadium word daar ’n Trek Leier gekies wat oor ’n groep waens leiding neem. Later kom die Wa leiers en Trek Leiers bymekaar en besluit dat daar ’n Kommandant gekies moet word. Later kom die Kommandante bymekaar en word ’n Hoofkommandant aangewys wat die leiding moet neem. Verskeie Hoofkommandante gesamentlik, het uiteindelik die Boerevolk se eerste Volksraad by die Vetrivier tot stand laat kom.
Terug by vandag:
Uit ’n groepie van 8 tot 10 lede, word ’n Wa gevorm en ’n Wa-leier gekies. Hierdie Wa-leiers kom Saterdag 9 Des.. bymekaar en sal die eerste Verteenwoordigende Volksvergadering(VVV) vorm, uit wie die tussentydse BVR aangewys sal word. Daar sal nie ’n organisasie tot stand gebring word nie, hierdie beweging is “die Boerevolk wat besig is om te herleef!??
Die BVR wat tot stand sal kom, sal
1. ’n mandaat ontvang om namens die Boerevolk betrokke te raak by enige wettige planne, organisasies of aksies, wat ten doel het; ONAFHANKLIKHEID VIR DIE BOEREVOLK.
2. Die BVR sal ook deur die VVV opdrag ontvang om Onafhanklikheid vir die Boerevolk te verkry.
3. Opdrag ontvang om “Trekkers?? bymekaar te maak rondom Waens, oor die hele Wêreld heen om sodoende aanvanklik ’n Virtuele gemeenskap of ’n Kubervolk, wat besig is met ’n KUBERTREK op pad na Onafhanklikheid, tot stand te bring.
4. Om deur die uitbouing van die groeperings, en leiers, ’n Voltydse BVR tot stand te bring.
Inligting oor die byeenkoms van die 9de, kan op die Plaaswerf(webwerf) www.boerevryheid.co.za gevind word by “Stoffel sê??
of skakel Pierre Wilsenach by 082 925 656
------------
Sub-Menu: