Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

27/09/2008

Redaksie

27/09/2008
Mbeki se bedanking

Mbeki se bedanking kom nie as 'n verrassing nie. Direk na die Turfloop (Polokwane) verkiesing, het sekere “segsmanne?? uitlatings begin maak.

Mbeki se bedanking kom nie as 'n verrassing nie. Direk na die Turfloop (Polokwane) verkiesing, het sekere “segsmanne?? uitlatings begin maak. Zuma self is te uitgeslape om dit self te doen en gebruik sy onderleiers om die uitsprake te maak. Daar is drie faktore wat in ag geneem moet word:

1. Mbeki is as kommunis opgelei maar sy potensiële magsbasis en beloofde rugsteun, het verkrummel met die ineenstorting van die Sowjet Rusland se kommunistiese beheer agv. Glasnost en perestroika. Sy styl, ironies genoeg, was 'n mengsel van Kapitalisme en idealistiese swart verheffing (Afrika renaissance), gebaseer op die sentimente van “die gruwels van apartheid en die verhewendheid van die struggle??, sonder dat hy die realiteite van effektiewe stelsels en diensverskaffing in ag geneem het. Dit het hy gedoen terwyl hy gestreef het om die pos van Koffi Anan oor te neem. Uiteindelik stort sy hele kaartehuis inmekaar; sy enigste (twyfelagtige) sukses is die Zimbabwe poging, terwyl alle strukture en planne, verkrummel het, en daarmee het die man op die grond, hom as oneffektief en onsuksesvol beleef en verwerp.
2. Aan die ander kant, is Zuma nie 'n kommunis nie. Hy is 'n Nasionalis (dra sy tradisionele Zoeloe klere, trou die hoofmanne se dogters, en ken en eerbiedig die tradisies van sy mense.) Hy is ook 'n pragmatis en by uitstek 'n katalisator. Daardeur bedoel ek nie dat hy noodwendig altyd bedoel wat hy sê nie, maar sy aanhoorders hoor wat hulle graag wil hoor, of dit nou die jeugliga, die kommuniste , die vakbond of die Afrikaners is. Hy is ook meer ingestel op die praktiese en resultate. Die moontlikheid is daar dat ons in die nuwe bedeling beter resultate kan verwag en meer effektiewe dienslewering kan ervaar. Phosa het reeds die nodige aanvoorwerk vir die terugbring van bekwame (wit) sleutelfigure, gemaak. Wat wel 'n bekommernis is, is dat daar, deur hierdie pragmatisme, verwagtinge aan alle rolspelers geskep is. Selfs aan die Boerevolk. Ons het reeds die nodige kaarte gespeel (wat later bekend gemaak sal word,) maar wil nie impliseer dat daar nou maanskyn en rose vir ons op pad is nie. Inteendeel, daar is van die meer militante swartes, werkloos, kosloos, huisloos en wetteloos, wat sit en wag vir die geleentheid om met hul diep gewortelde haat op die Wittes, losgelaat te word en te vat wat hulle wil. Die “masjiengeweer liedjie??, versterk die persepsie dat “wag net tot Zuma oorneem, dan vat ons alles?? kon ontstaan het. (sonder om die dag van more in gedagte te hou) Die vermelding van die term: “nag van die lang messe?? op SABC 3 verlede week, kan op meer as die “verwydering van Mbeki uit sy pos??, dui!!
3. Die ANC is tans in 'n oorgangsfase. Ek gebruik dikwels die stelling: “ 'n Revolusie eet gewoonlik sy eie kinders op?? Die situasie is eintlik meer onstabiel as wat vermoed word. Dis ook baie onseker. Die slim manne wat Sondagaande oor die politiek bespiegel, was ALMAL verkeerd oor die feit dat daar van Mbeki ontslae geraak sou word. Netso bespiegel hulle in sirkels oor die toekoms van nou af. Een ding moet ons altyd onthou, ons is in Afrika. Dis fataal om die mens van Afrika volgens Westerse begrippe en verwysingsraamwerk te evalueer. Jy sal elke keer tweede kom!! Wat wel waar is, is dat 'n mens jou kaarte gereed moet hê vir alle moontlike gebeurlikhede tydens so 'n oorgangsfase sodat jy nie onkant gevang word nie. Dis inderdaad die regte tyd, om die yster van gesamentlike optrede en aksies, te slaan, die yster is wit-warm.


--------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu