Main menu:
Stoffel Sê
27/02/2007
Majuba Finale Reelings
Volksgenote en Vriende,
Die suiwering is dieper as wat baie besef.
Die suiwering is nodiger as wat baie besef.
Dit gaan oor die "smeltkroes" waarvan Siener gepraat het.
Moenie bang wees vir "verdeeldheid nie.
Tot dusver kon GEEN LEIER of GEEN ORGANISASIE aan my bewys dat hulle:
1. n Plan het om ons vryheid terug te kry nie,
2. of n plan het om die mense sover kan kry om "saam te staan" nie.
Die rede dat niemand dit reg kry nie, is dat hulle probeer om die Boerevolk en die Afrikaner as n eenheid saam te forseer.
Dit werk nie want die kloof tussen die Afrikaner en diegene wat geneties ingeteel is as lid van die Boerevolk, te diep is. Julle wat voel hoe die gene diep binne in jou hart, op aandag spring waneer jy hoor: "De la Rey, De la Rey, sal jy die BOERE kom lei?"
Wie staan op die oomblik saam? wie gaan ons verdeel as ons vir die Boerevolk n aparte naweek reserveer? Ons is moeg daarvoor dat mense maak of hulle Boere is as dit hulle pas, maar andersins praat hulle onbeskaamd slegs van Afrikaners (en verwys so nou en dan na Boere-Afrikaners)
ek wil dit ONOMWONDE stel; EK IS N BOER EN TROTS OM N BOER TE WEES.
Vandag het een van die geleerdes oor die radio gese dat hy reeds vir tien jaar probeer om die mense te laat dink. Hy het gepraat oor identiteit wat bewys moet word. Hy het gese ons benodig n roetekaart na vryheid. ek stem oor alles met hom saam. Al waar ek verskil is dat mense aanhou praat sonder om te doen.
Kom die naweek na Majuba, dan sal jy sien wat identiteit beteken. Kom luister hoe die roetekaart na onafhanklikheid vir die Boerevolk lyk. Kom hoor wat is die Plan en hoe ons die BOEREVOLK bymekaar gaan maak. kom hoor wat is reeds gedoen en wat kan JY doen om dit te verwesentlik.
Bring jou kinders saam, vertel vir hulle van die Boerevolk wat nie nodig het om sy identiteit te bewys nie.
Ons stryd is dat ander mense wat dieselfde taal as ons praat,soos ons lyk en maak asof hulle deel van die boerevolk is terwyl hulle nie in hul harte Boere is nie, ons van ons identiteit wil beroof.
Dis tyd dat dit vreesloos gese word.
Ek daag enige Afrikaner uit om my verkeerd te bewys.
Voordat jy my wil aanvat, gaan lees eers
HIER en kom dan gerus terug.
Boeregroete,
Stoffel
------------
Sub-Menu: