Main menu:
Redaksie
25/12/2007
Kersboodskap 2007
Vir eeue lank, (van omtrent 400 N.C.), word Kersfees oor die hele wêreld gevier. In elke land word dit by die kultuur en tradisie van die volkere aangepas. Kersfees vind tradisioneel op 25 Desember, die draaipunt van die son in die Suidelike halfrond (by die Steenbokskeerkring) en daarom in die middel van die Winter in die Noordelike halfrond plaas. Vandaar die sneeu, slee, takbokke en ’n Kersvader wat met ’n warm jas en mus, teen die Winter koue gepantser, tydens Kersfees, die rondte doen.
Sonder om deel te word van die debat oor die ware geboortedag van die Jesuskind, die heidense oorsprong van die 25ste Desember fees en die ware betekenis van Kersfees, wil ek tog sekere aspekte van Kersfees onder die loep neem.
Die inwoners van Suid Afrika, en daarby inbegrepe, die Boerevolk, het toegelaat dat die Europese idee van ’n Sneeubedekte Kersfees rondom ’n “begrafnisdenneboom??, ook hier by ons ingebring word. Die kommersialisering van die Kersfees word tot siekwordings toe in ons keelgate afgedruk. Twee maande voor die tyd, is daar om elke draai in elke winkelsentrum ’n Denneboom namaaksel vol rooi balle wat dan nou kwansuis iets met die geboorte van Jesus te doen het….. en daarom moet jy KOOP.
“Djingel bels?? en “aai wiesh you a merrie kris mis?? weerklink in elke gang terwyl ’n sneemannetjie en ’n Kersvader geklee in rooi en wit, vir jou om die hoekie loer!!!
Werkgewers het dit deesdae die reëling gemaak (dis nou al die werker se reg) om ’n “partytjie?? te hou van eet en drink. Ou Kersaand word dikwels ’n nag van brassery en gesuip(en geweld?) Tradisioneel is daar op die plase en deesdae ook op die dorp, ekstra kos en helaas ook ekstra drank uitgedeel aan die werkers. Ironies dat die gees by alle “huidig bevoordeeldes?? gekweek is dat tydens Kersfees, Witmense “Krismis?? vir Swartmense moet “gee??. Nogal interessante reaksie wat verkry word indien jy aan die bediende of petroljoggie sê: “Dis nou Nuwe Suid Afrika, Swartes gee nou vir Wittes Krismis!??
Tog het Kersfees vir die meeste van ons ’n baie spesiale betekenis. Al weet die meeste van ons reeds dat dit waarskynlik niks met Jesus se geboorte te doen het nie, het dit ’n tyd geword wanneer baie mense gedwing word om ten minste eenmaal ’n jaar stil te word en in ’n mate introspeksie hou. Die boodskap van Jesus se eerste koms na die aarde en sy verlossingsboodskap dring tog soms, al die sekulariteit ten spyt, deur na baie mense. Verder is dit by uitstek ’n familie tyd. Kersfees by Oupa en Ouma het vir baie ’n besondere betekenis.
’n Tyd wanneer verkreukelde bande weer uitgestryk word en gebreekte drade weer aanmekaargeknoop word en ’n gees van vergewensgesindheid, ter wille van Kersfees, na vore tree. Dis tradisioneel vir die Boerevolk om as familie rustig saam deur te bring in ’n amper gewyde atmosfeer. Ja, dis nie verkeerd om aan mekaar geskenke te gee nie, maar dikwels ruk hierdie gewoonte tot so ’n mate hande uit, dat dit later net om die geskenke draai.
Wanneer die Boerevolk weer sy eie grondgebied onder sy voete gaan hê, sal ons weer ons eie waardes en norme vasmaak. Weg van die kunsmatige, sekulêre Anglo-Joodse-winkelsentrum-gedrewe voorbeeld, wat in ons kele afgedruk word.
Mag jy in hierdie tyd, die positiewe beleef, die Familie tyd uitbuit en sorg dat jou saak met ons Skepper God gesuiwer word en jou verhouding met sy Seun, ons Verlosser, opnuut versterk word.
Boeregroete,
Dr Johan (Lets) Pretorius
--------