Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


25/09/2006

Stoffel Sę

OPSOMMING VAN DIE ADAMAH (ROOIGROND) AANSPRAAK

Adamah, het GEEN verband of verwysing met ENIGE Israelgroepering of enige sg. Israel Waarheidskerk nie.

Adamah is ’n Hebreeuse woord (waaruit ons Bybel vertaal is) wat beteken GROND en dui ook volgens kenners op die kleur ROOI. Adam (die blosende) is uit die Adamah van die Aarde geskape. Die Aanspraak het spesifiek betrekking op die GROND van die BOEREVOLK. Ons kan ook sonder twyfel aanspraak maak dat ons deel is van die “blosende”nageslag van ADAM. Die simboliek spreek vanself. (Terloops, Rooigrond was toevallig ook die hoofstad van Stellaland)
Die BOEREVOLK VRYHEIDSTIGTING (BVS) is ’n Organisasie uit die Boerevolk wat opdrag ontvang het om die onafhanklikheidstrewe van die Boerevolk op elke terrein en forum uit te dra en uit te bou en is die dryf agter die aksies.

As uitgangspunt word die MAJUBA DEKLARASIE wat die Boerevolk se EIS OM ONAFHANKLIKHEID verteenwoordig, geneem.

In die Adamah (Rooigrond)Aanspraak word dit volledig uiteengesit hoe:
1. Die Majuba Deklarasie sy pad gevind het na:
Mandela
Mbeki
Die Verenigde Nasies via Stavenhagen
Na 19 Ambassades
Die Kantoor van die Speaker (op aanbeveling van die President)

2. Die Majuba Deklarasie is dus reeds op die tafel en die eis om onafhanklikheid deur die Boerevolk is Nasionaal en Internasionaal geïnstitusionaliseer.
(Volkeregtelike basis is gevestig)

3. Intussen ontstaan ’n nuwe angstigheid by die Regering om die grondeise binne 6 maande af te handel. (toevallig??)

4. Die Adamah (Rooigrond) Aanspraak is dan gebaseer op die feit dat
i) die Regering tans besig is om die Majuba Deklarasie Onafhanklikheidseis na die tafel te neem.
ii) Grond wat as deel van hierdie eis ter sprake KAN kom en aan die Boerevolk behoort, word nou vervreemd van die Boerevolk.
iii) Die Regering en die President word deur die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) op terme geplaas om onmiddellik ’n moratorium te plaas op grondeise TOTDAT die Boerevolk se ONAFHANKLIKHEIDSEIS afgehandel is.
iv) In die Volkereg word die “Moeder staat of Kosmopolitiese staat” verbied om demografiese veranderinge aan te bring wat die eis tot onafhanklikheid van ’n Volk kan benadeel. Daar is nog vele ander Volkeregtelike gronde om die Regering op terme te plaas.

5. Die basis is gelę. Die Boerevolk moet nou opstaan en saamstaan, die Majuba Deklarasie en die Adamah (Rooigrond) Aanspraak gebruik om sy onafhanklikheid op te eis.

6. Registreer as lid van die Boerevolk sodat ons kan Laer trek, soos Oom Siener voorspel het ons gaan doen.

Vir meer inligting gaan kyk op die Plaaswerf van www. boerevryheid.co.za of skakel die
Volksekretaris by 083 754 5545

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sę | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu