Main menu:
Stoffel Sê
24/08/2006
Dis lekker om 'n Boer te wees!!!!
Een van die belangrikste BOODSKAPPE wat ek tot nou toe gebring het volg hiernabesluit of jou nageslag bestaansreg het in hierdie land. MAAK n KEUSE!!!
Geliefde Volksgenote, Vriende en Meelopers wat kom lees,
Soos u lees by die nuus van die Volksekretaris is die wiel behoorlik aan die rol. Ons kry tot 80 Vonkposse per dag . Mense kontak ons van Engeland, van Holland, van Kanada en van Duitsland en van oral oor Suid Afrika.
Ons bied vir die eerste keer weer vir die mense ’n boodskap van HOOP!!
Ons het gisteraand in Pretoria ’n uitgelese gehoor gehad van akademici wat die totale strategie behoorlik onder die loep geneem het , en op die einde heeltemal tevrede, oortuig en betrokke by die saak geraak het.
Ek het al verskeie sulke gesprekke met mense gevoer en gaan dit probeer ontleed. Wat vind in iemand se binneste plaas?
Die eerste stap wat moet plaasvind is om koud klinies kennis te neem:
1. Kennis: Kennis van die agtergrond die begronding en die locus standi om Boer te wees. Met ander woorde, wat is die basis waarop iemand aanspraak maak dat hy/sy ’n Boer genoem wil word. Of nog anders gestel, hoekom is daar mense wat openlik verklaar dat hulle lede van die Boerevolk is? Hoekom is hulle nie meer tevrede om Afrikaners genoem te word of Afrikaner- Nasionaliste (soos ons omtrent almal mee grootgemaak is) te bly nie? Kennis te neem van die belangrikheid om as ’n VOLK aanspraak te maak om uiteindelik Onafhanklikheid te kan verkry.
2. Wete : sodra iemand deur die proses van inligting gegaan het, die nodige KENNIS opgedoen het, die redenasies en uiteensetting van redes soos hierbo vermeld verwerk en aanvaar het, kom so ’n persoon tot die BESEF of WETE (dis iets wat in jou binneste plaasvind) dat hy/sy eintlik ook kwalifiseer om deel te wees aan die Boerevolk. Siener van Rensburg het by geleentheid gesê dat ons eendag weer sal Laer trek soos by Bloedrivier. Toe iemand hom vra wanneer sal iemand weet dat hy in die Laer is, het hy op sy hart getik en gesê dat jy dit hier binne sal weet. Daarna kom die belangrikste stap:
3. Keuse : Jy moet ’n KEUSE maak, ’n besluit neem, en dit teenoor jouself en teenoor ander erken, dat jy deel is van die Boerevolk. Dan moet jy vêrder die KEUSE maak of jy NIKS gaan doen nie, die aanslae teen die Volk maar goedsmoeds gaan aanvaar, of is jy bereid om die Keuse te maak om deel van die oplossing te word. Sodra jy hierdie keuse gemaak het en jy dit sigbaar wil demonstreer en uitleef kan jy die volgende doen:
4. Registreer : en word deel van die “Bewese steun?? wat benodig word om uiteindelik die aansprake van VOLKSKAP en die bereiking van Onafhanklikheid vir hierdie Volk te verkry.
4.1 Die Tien Beginsels van die Boer: Sodra jy bereid is om hierdie Tien Beginsels te aanvaar, het jy eintlik ’n nuwe Persoonlike Gelofte afgelê, het jy persoonlik en as deel van die VOLK, jou VEROOTMOEDIG en jouself bereid verklaar en verbind om in ’n nuwe verhouding tot HOM en tot die Volk te leef.
http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=3480
http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=3480
4.2 Registrasievorm: sodra jy die nodige inligting verskaf het kan jy betrokke raak by die struktuur.
http://www.boerevryheid.co.za/forums/attachment.php?attachmentid=798&d=1152524662
4.3 Help om ’n WALAER op te rig.
http://www.boerevryheid.co.za/forums/attachment.php?attachmentid=866&d=1156577645/
Meer detail:
http://www.boerevryheid.co.za/forums/attachment.php?attachmentid=865&d=1156452033
5 Die wiel het begin rol: Andries Pretorius het (ek dink dit was na die slag van Boomplaats) aan Harry Smith, verwysende na die vryheid van die Boerevolk gesê : “ Eendag sal daar ’n wiel oor Suid-Afrika loop wat niemand sal kan keer nie?? Ek is oortuig dat hierdie wiel reeds begin rol het. Jy moet die keuse maak of jy ’n doener gaan wees, of jy gaan help momentum aan die wiel gee, en of jy deel van die praters gaan bly.
Boeregroete,
Stoffel
------------
Sub-Menu: