Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

23/07/2007

Redaksie

23/07/2007
Die Boerevolk-Afrikaner debat


Suid Afrikaner?? Blanke?? Afrikaner?? Boere Afrikaner??? Boerevolk???
Aan watter Volk behoort ek? Wie is ek en waar pas ek in? Dis die vrae wat elke Blanke Afrikaanssprekende in die wêreld vandag aan homself moet vra EN beantwoord. Dis ook ’n debat wat oral tussen Afrikaanssprekendes plaasvind. Die een beskuldig die ander dat hy “verdeel’, die ander dat hy verraad pleeg, en so gaan die onderlinge verskil voort. Dis tyd dat die feit van hierdie verskil deur alle rolspelers erken moet word. So baie wil dit toe smeer. Sommige ontken dit. Ander is agressief daaroor. Kom ons ontleed dit koud klinies. Onthou, jy moet self besluit waar pas jy in....

Suid-Afrikaanse volk? Blanke volk? Afrikanervolk?
Boere-Afrikanervolk? of Boerevolk?

Aan watter Volk behoort ek? Wie is ek en waar pas ek in? Dis die vrae wat elke Blanke Afrikaanssprekende in die wêreld vandag aan homself moet vra EN beantwoord. Dis ook ’n debat wat oral tussen Afrikaanssprekendes plaasvind. Die een beskuldig die ander dat hy “verdeel’, die ander dat hy verraad pleeg, en so gaan die onderlinge verskil voort.
Die feit is, ons het in ’n Identiteitskrisis beland. Hoe het dit gebeur? Wat het geword van die Boer waarvan Sir Arthur Conan Doyle gesê het: "Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for 50 years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and fortune and left their country for ever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances under which no weakling would survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the huntsman, the marksman and the rider. Then, finally, put a finer temper upon their military qualities by an Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual, and you have the modern Boer, the most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial Britain. " Na die 2de Wêreld oorlog, is die Duitsers aan die grootste “Sosiale Ingenieurswese projek?? ooit, deur Amerika onderwerp . Die doel was om ’n geslag Duitsers groot te maak met ’n skuld kompleks, wat skaam is om ’n Duitser genoem te word en glo dat Adolf Hitler ’n monster was. In kort, om Duitse NASIONALISME te vernietig. Milner en sy “Anglofiliese-Afrikaners??, het dieselfde roete t.o.v. die Boerevolk gevolg. Engels is op die kinders afgedwing, ’n Boer was ’n “Hairyback?? en ’n “Rockspider??. Afrikaans was as ’n kombuistaal en agterlik bestempel. Terselfdertyd is politieke “onafhanklikheid?? in 1910 aan die Afrikaner, in alliansie met verskeie Engelse gegee. Hierdie nuwe “vryheid?? is met ’n ysterhand deur die Vrymesselaars van die tyd beheer en bestuur. Uitgesoekte Afrikaners is gewerf en as pionne, deel van hierdie proses van politieke beheer gemaak. Die Boerevolk is weens die verarming na die Anglo Boere oorlog, nie werklik in ’n posisie geplaas om enige wesentlike invloed op die politieke speelveld uit te oefen nie. Baie moes heenkome op die myne vind waar daar op blatante wyse teen hulle gediskrimineer is. In 1917 het die is die Broerderbond gestig en het aanvanklik ten doel gehad om hierdie diskriminasie teen te werk en die waardigheid van die onderdrukte en verarmde Boerevolk te ondersteun. Ongelukkig is die Broederbond later deur die politici en deur die Vrymesselaars geïnfiltreer en het die Broederbond uiteindelik verander na ’n uitgesproke vyand van die Boerevolk. By twee geleenthede het die Boerevolk weer na vore getree nl. die 1914 rebellie en tydens die Ossewa Brandwag aksies. Die fout wat die leiers gemaak het is om nie onder die naam van die Boerevolk na vore te tree nie, maar toe te laat om as “Afrikaner rebelle?? deur die Vrymesselaar beheerde media, afgemaak te word. Hierdie etikettering is ook later deur die Broederbond beheerde aangevul deur te praat van Ekstremiste, Regses en Vêr Regses. Die leiers (en lede) het weliswaar probeer onderskei van die Afrikaners deur na hulleself te verwys as “Ware Afrikaners?? en “Opregte Afrikaners?? of “Ware Nasionaliste?? terwyl daar van die ander Afrikaners gepraat word van die Joiners, Hanskakies, Rooilissies en ander name om op ’n wyse ’n onderskeid te tref. Die Boerevolk is deur die Engelse vanaf 1902 “afgeskryf?? en moes van die aardbol af verdwyn. Die Volksnasionalisme en patriotisme wat deurentyd by die Boerevolk teenwoordig was (en steeds is), moes soos by die Duitsers, plek maak vir ’n meer liberale politieke eenheid. Vanaf 1910 is die term Boer en Boerevolk uitfaseer en later is deur die Afrikaner politici onder leiding van die Broederbond, veral klem gelê op die term “Afrikaner Nasionalisme?? terwille van “kruisies by die stembus??. Tog het daar die afgelope twee dekades weer ’n ontwaking van die Boerevolk en die identifisering met die Boerevolk begin plaasvind. Dit word met geweldige teëstand en antagonisme, veral vanaf politici begroet en enige persoon wat ten gunste daarvan praat, word as Ekstremisties, Vêrregs en Volksverdelend uitgekryt. Die feit is egter, die Boerevolk as entiteit kan nie meer weggewens of weggepraat word nie. Daar is baie Afrikaanssprekende persone wat NIE as Afrikaners bekend wil staan nie en netso, is daar baie wat nie as Boer bekend wil staan nie. Dit help nie om dit te probeer ontken nie. Hierdie feit “staan soos ’n koei??! Die tyd het aangebreek dat ons eerlik moet wees met mekaar en hierdie feit aanvaar en daarna dit moet bestuur. Eers nadat hierdie feit aanvaar word, kan daar aan samewerking tussen die twee groepe gedink word. Eers dán kan aan ’n oplossing van die ooglopende verskille, wat tans as verdeeldheid ge-etiketteer word, gewerk word. Om te dink dat die term Boere-afrikaner die towerwoord is om hierdie probleem te ondervang, hou geen water nie. Eerstens het daar nog nooit so ’n Volk bestaan nie, tweedens impliseer so ’n term dat daar van een entiteit gepraat word. Terwille van duidelikheid word die volgende gedagtes rondom die definisie van ’n Volk bespreek. Elkeen moet krities na hom/haarself kyk en daarna besluit of die groep waarmee geïdentifiseer word, aan die kriteria vir ’n Volk voldoen. Die evaluasie word uit ’n Internasionale en Volkeregtelike hoek gedoen.

Om as VOLK onafhanklikheid te verkry is die volgende stappe nodig:
1 1. Identifiseer die Volk
2. Mobiliseer die Volk
3. Verkies ’n Raad met bewese steun
4. Die Raad se opdrag en mandaat deur die Volk is die verkryging van Onafhanklikheid

1. Identifiseer die Volk
Evalueer en identifiseer bestaande elemente om Volk te definieer: 1.1 Geskiedenis in die algemeen behels: samestelling en eienskappe in die verlede soos Ras, Taal, demografie, kultureel, waardes en norme, Godsdiensgeskiedenis, Volkshelde en staatkundig rekord 1.2 Staatkundige rekord: Oorloë as Volk geveg, onderhandelinge as Volk, erkenning deur andere as Volk, grondbesit as Volk, eie Vlag, eie Volkslied, onafhanklikheid strewe (bv. uitroep van Republieke) 1.3 Kultureel soos Taal, gedigte, liedere, byeenkomste, gebruike, gewoontes, kosse, kleredrag, blyplek, speelplek onderlinge kommunikasie, handhawing en afdwinging van waardes en norme in die gesinsverband, gemeenskapsverband en volksverband. Onderrig en skoling van kinders (vestiging van nageslag) 1.4 Wil om Volk te wees : die vraag moet gevra word of daar by die Volk ’n “WIL bestaan OM VOLK TE WEES?? met ’n eiesoortige identiteit ten opsigte van sy eie waardes en belange 1.5 Doel of Roeping: die vraag moet gevra word of die Volk ’n doel of roeping het wat behels om “as ’n groep (Volk) met ’n eiesoortige IDENTITEIT, ten opsigte van sy eie waardes en belange, lojaal te bly en dit so uit te leef en te handhaaf om sodoende as VOLK te bly voortbestaan??.

2. Mobiliseer die Volk
Dit behels die evaluering van 1.1 tot 1.3 bestaande elemente (uit die verlede) om te bepaal wie die Volk is en dan die bewusmaking van die tersake Volk om 1.4. Wil om Volk te wees (in die hede) en 1.5. (in die toekoms) te vestig. Om dit te bereik sal die Volk sy WIL moet uitoefen/demonstreer, deur doelbewus te assosieer met die Volk. Dit kan gedemonstreer word deur: i) Massa vergadering (bv. vergadering by Monument in 1983, Paardekraal ens.) ii) Individueel deur op ’n Volksregister geplaas te word iii) Deur as volk in massa- maar veral individuele verootmoediging voor ons Hemelse Vader (bv. by Wasbank en Paardekraal).
Om bg. as VOLK te doen moet die Volksidentiteit duidelik in die gemoed van elke Volksgenoot leef. Dit doen die Volksgenoot deur ’n doelbewuste, duidelike KEUSE VAN ASSOSIASIE IN SY GEMOED te maak.


3. Kies ’n Raad van Verteenwoordigers met bewese steun.
Dit kan by ’n massavergadering soos in (3 i) of deur geregistreerde lede (3.ii) aangewys word. Die voorwaarde is dat dit “bewese steun?? moet demonstreer. (Bepaalde voorwaardes geld hier).

4. Verskaf mandaat aan Raad
Die onafhanklikheid van die Volk moet beding word deur hierdie Raad.
_____________________
1. Internasionale Kriteria: Om onafhanklikheid erken te kry, word Internasionaal vereis dat: i) ’n Identifiseerbare Volk moet bestaan, ii) die Volk sy onafhanklikheid moet EIS, iii) die Volk hierdie eis SELF moet doen, iv) die Verteenwoordigers van die Volk Bewese steun moet hê.
_ 2. Voorlegging deur Dr Johan (Lets) Pretorius gelewer tydens ’n Voorlopervergadering met die oog op samewerking tussen verskillende Afrikaanssprekende organisasies soos deur die Tussentydse Afrikaner Raad (TAR) gereël op 21 julie 2007.
_ 3. Pieter Bruwer, bl 83 ;??elke persoon in elke geslag moet ’n bewustelike keuse oor sy Volkskap uitoefen??

--------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu