Main menu:
Redaksie
23/06/2008
“WE WILL DIE AND MURDER FOR ZUMA??
Die onlangse uitlatings van sommige ANC lede, plaas die klem weer op die moontlikheid van 'n revolusie op hande, in SA. n Kort ontleding van die geskiedenis asook voorsorgmaatreëls wat elkeen behoort te tref, word hier onder die loep geneem.
“WE WILL DIE AND MURDER FOR ZUMA?? Ons het almal verneem van onlangse uitlatings deur die ANC jeugleier, sowel as n sekere Vavi wat bereid is om te sterf en in die proses mense te vermoor (lees: anargie, geweld en revolusie). Dit pas in by die lied wat deur Zuma by meer as een geleentheid gesing is: “Bring my masjien geweer??!!!(om te wat?) Dit pas in by die “Afrikaan van Mugabeland?? wat met geweld alle teëstand en demokrasie uit die pad vee. Sy optrede word ook nie deur Mbeki of die ANC gerepudieer nie.
Verder is daar 'n baie ingrypende en drakoniese wet oor “eiendoms onteiening?? hier in Suid Afrika in die pyplyn. Dis niks anders as 'n wettige manier van “Zimbabwiese grondroof?? nie. (Is dit nie dalk hoekom Mbeki stille diplomasie, maw “ek stem saam en kondoneer dit?? toegepas het nie?)
Die onlangse sg. Xenofobies aanvalle (en die aanvalle op opposisie lede in Zimbabwe), is tipiese voorbeelde hoe daar in Afrika met teëstanders gewerk word. Die oer-oue Wet Van Afrika (my eie siening en interpretasie) kom weer duidelik na vore:
“Hy wie in Afrika die beste kan intimideer, is in beheer en regeer??
Die afleidings wat mens uit die bg. kan maak, is dat daar duidelik 'n gees van anargie aan die opbou is. Mens kan selfs se dat dit duidelike oproepe tot revolusie is.
Die vraag ontstaan dan onwillekeurig: “Hoe gaan dit MY raak???
As die Boerevolk dink dat hy die gevolge van 'n revolusie gaan vryspring, maak hy 'n baie groot fout. Dit kos regtig nie 'n Siener van Rensburg om vandag, 22 Junie 2008, te voorspel dat daar 'n revolusie in Suid Afrika broei nie.
Die mense van die Suidlanders, waarsku lankal dat hulle bekommerd is en dat mense veral gereed moet maak vir swart-op-wit-aanvalle, vir die ineenstorting van dienste soos krag, water en riool.
In die sg. Boeremagsaak word daar dosyne kere verwys na die sg. "Nag-van-die-lang-messe??
Die probleem is dat hierdie tipe waarskuwings dikwels aan datums gekoppel word en as die datum onvervuld verbygaan, word mens skepties t.o.v. verdere profesieë:
Vanaf 30NC tot 1990 was daar reeds 63 sulke onvervulde profesie “dat die aarde sal vergaan ?? Tussen 1990 en verlede jaar (2007) was daar 146 sulke onvervulde profesieë. Daar is tans nog amper 50 voorspellings wat voorlê in die onmiddellike toekoms met die klem op 21 Desember 2012!. Gaan kyk gerus na http://www.religioustolerance.org/end_wrl2.htm vir verder inligting hieroor.
In 1994, in 2000 was ons almal paraat. Weer in 2006 is verkondig: “Mandela is dood en later hy is reeds dood en 'n akteur het sy plek ingeneem!??. Ook hierdie datums is verby SONDER dat daar enige dramatiese gebeure plaasgevind het.
Mense lag al en teken spotprente vir die sg. “regses?? wat blikkieskos bymekaarmaak en Heilbron toe jaag na elke sarsie rubber koeëls wat op betogers afgevuur word. Mens kan se dat dit in 'n wolf-wolf roepery ontaard het.
Die anderkant van die muntstuk is die feite van Afrika. Vandat die 1.5 miljoen Colon’s (wit Franse burgers) wat in 1943 holderstebolder uit Algerië (lees Afrika), met net die klere aan hul lyf, vir hul lewens moes vlug, het die geskiedenis hom regdeur Afrika herhaal. Ons dink aan die Belgiese Kongo, ons dink aan Kenia, ons dink aan Mozambique, ons dink aan Zambië en Rhodesië.
Nou bly Suid Afrika oor??
Dink julle vir 'n enkele oomblik dit gaan anders hier wees? Oom Siener het voorspel dat dit anders gaan wees. Hy het gesê dat die wat “gereed sal wees?? sal niks oorkom nie.
Ek glo dat dit kan anders wees, maar dan sal ons betyds die boodskap moet glo en gereed wees!!
Oor die proses van gereed maak, wil ek net 'n paar stellings maak :
i) Aanvaar dat daar 'n baie sterk moontlikheid bestaan dat daar 'n revolusie kan kom
ii) Moet asseblief NIE 'n datum daaraan koppel nie
iii) Maak asof dit enige dag (selfs volgende week) kan gebeur!
iv) Wees maw NOU reeds gereed, moenie wag totdat die krisis kom nie.
v) Indien jy gereed is en niks gebeur nie, het jy niks “verloor?? nie.
vi) Indien jy gereed is en dinge ruk handuit, sal jy “niks oorkom?? nie.
vii) Indien jy NIE gereed is en dinge ruk handuit, kan jy jouself alleen blameer.
viii) Sorg dat jy, as lid van die Boerevolk, jou verhouding met “ons?? (lees jou eie naam,) Hemelse Vader, reg kry, sodat jy die “gereedmaak??, in geloof sal doen.
ix) Sorg dat jy betrokke is by 'n “omgeegroep?? in jou omgewing, wat vir mekaar sal sorg en omgee in 'n krisis. (ons noem dit Walaers)
x) Ons beplan om binne die volgende maand 'n Boerevolk Krisis Beheer Sentrum op te rig. Van hier af sal krisis hantering, gekoördineer kan word. Dis die regte plek om by aan te sluit.
xi) Skakel met die Kantoor van die Volksekretaris vir detail by volksekretaris@boerevryheid.co.za
drj. (Lets) Pretorius
--------