Main menu:
Stoffel Sê
23/05/2006
Die Majuba Deklarasie by die Parlement
Die MAJUBA DEKLARASIE word amptelik op die tafel geplaas en die Boerevolk Vryheidstigting word ge-institusionaliseer.
Die BOEREVOLK se eis tot onafhanklikheid word verder gedryf.
Die 10 beginsels van die BOEREVOLK is ook reeds beskikbaar.
Geliefde vriende en Volksgenote,
1. Die Majuba Deklarasie (MD) is die BOEREVOLK se EIS TOT ONAFHANKLIKHEID.
2. Die MD het op 27 Febraurie 2005 verskyn.
3. Mbeki het dit ontvang en aanvanklik ignoreer.
4. In 2005 het die Boerevolk Vryheidstigting(BVS) tot stand gekom.
Die BVS se Visie en Misie word in die Verkiesingspamflet uiteengesit:
5. Met die Vroue optog is die MD amptelik aan Mbeki se verteenwoordiger oorhandig.
6. Na volgehoue druk is die MD deur die President aan die Speaker van die Parlement deurgegee om die aangeleentheid te hanteer.
7. Na volgehoue druk is 'n afspraak bekom om die verteenwoordigers van die Speaker van die Parlement te spreek insake die BOEREVOLK se onafhanklikheids eis soos vervat in die Majuba Deklarasie.
8. Die afspraak is Donderdag 25 Mei2006 om 10h30 by die Parlement.
9. Die BVS het tydens 'n spesiale vergadering vandag besluit om die volgende persone af te vaardig om die EIS NAMENS DIE BOEREVOLK te hanteer:
Mnr Riaan Smith (Uitvoerende beampte van die BVS),
en Dr Johan (Lets) Pretorius.
10. 'n Beroep word op elkeen gedoen om hierdie saak in gebed voor ons Hemelse Vader te plaas.
Boeregroete,
Stoffel
------------
Sub-Menu: