Main menu:
Redaksie
21/12/2007
Amnestie aansoek vir die Boerekrygsgevangenes
Na aanleiding van Mbeki se toespraak in die parlement waar hy geleentheid gee vir amnestie aansoeke vir politieke gevangenes, het die BVR tydens die Vlagseremonie op die 8ste Desember byeengekom en besluit om die volgende brief aan Chikane (wat die aansoeke en die komitee moet fasiliteer) geskryf.
Kyk ook na die skakel:
http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?p=145372
waar dit bespreek kan word en die Aanhangsels ook besigtig kan word.
Die Direkteur Generaal van die Presidentskantoor,
Posbus 1000
Pretoria
0001
Ook per vonkpos: thandi@po.gov.za
en per faks: 012 300 5755
6 November 2007
Geagte Eerwaarde Chikane,
Tydens die toespraak van Mnr Mbeki op die 21ste November 2007, het hy sekere aankondigings gemaak rakende amnestie aansoeke vir politieke gevangenes. Hy meld spesifiek dat politieke partye , persone moet nomineer om deel van ’n Verwysingsgroep (Reference Group) te vorm. Hierdie groep sal op ‘n dringend e basis saamgestel moet word om sodoende ’n verslag in plek te hê voor die 15de Januarie 2008.
Op 4 Maart 2006 het die Vroue van die Boerevolk ’n optog deur die strate van Pretoria gehou en ’n eis in die vorm van ’n memorandum aan die President, via ’n verteenwoordiger (Mnr Elias Ndlovu), by die Uniegebou oorhandig.
Die President het op die eis reageer deur dit na die Speaker van die Parlement te verwys. (sien aanhangsel gemerk “A??)
’n Afvaardiging van die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) het Adv. Cetywayo, Hoof van Administrasie van die Speaker gespreek, waarna sy ’n memorandum (sien aanhangsel, gemerk “B??) aan die Speaker deurgestuur het. Die memorandum bevat onder andere die volgende inligting:
“The delegation introduced their organization as an organasation of law abiding citizens with no representation or relations with any political party even in Parliament.??
Sy gaan verder en maak die volgende stelling:
“Due to the fact that they have no representation in Pairlament, and that the current government policies do not cater for their culture they are urgently looking for a forum with government to present and open up a discussion about their case.??
Hierdie memorandum is deur die Speaker Me Mbete goedgekeur, geteken en aanbeveel dat sekere stappe gedoen moet word. (Aanhangsel C) Opvolg skrywes het egter tot dusvêr geen resultate opgelewer nie en sal in die nuwe jaar verder gevoer word.
In die aanbeveling deur die Speaker, word daar ook aandag gegee aan die feit dat ons versoek het dat die regering fondse bewillig om n Volksvergadering in Desember 2006 te hou waartydens ons die Volk wil “institusionaliseer?? soos sy dit gestel het.
“The possibility of government funding their meeting taking place in December to institutionalize themselves.??
Hierdie vergadering het inderdaad op eie koste plaasgevind op die 9de Desember 2006 en tydens hierdie Verteenwoordigende Volksvergadering, is sewe Raadslede; die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR), gekies wat die Boerevolk sal verteenwoordig.
Op 21 April 2007 is ’n vêrdere vergadering gehou waartydens die BVR uitgebrei is na 12 lede.
Onlangs is daar begin om op georganiseerde wyse, die Boerevolk op ’n Volksregister te plaas. Daar het reeds duisende lede op die Register geregistreer en die getalle groei daagliks aan. Die BVR verteenwoordig dus die Boerevolk as die amptelik verkose orgaan.
Daar is steeds dosyn lede van die Boerevolk wat in die gevangenis verkeer weens politieke oortredings in die verlede. Van hulle was sewentien jaar oud toe hulle gevonnis is en sit reeds amper 15 jaar in die gevangenis.
Daar is GEEN politieke party wat namens hulle praat nie. Die BVR doen dus hiermee aansoek om verteenwoordig te word in die aangewese “Reference Group?? om namens hierdie persone op te tree.
Ten slotte wil ek aanhaal uit Mnr. Mbeki se toespraak:
"In the larger sense, we were all victims of the system of apartheid, both black and white. Some among us suffered because of oppression, exploitation, repression and exclusion. Others among us suffered because we were imprisoned behind prison walls of fear, paralysed by inhuman beliefs in our racial superiority, and called upon to despise and abuse other human beings. Those who do such things cannot but diminish their own humanity."
Ek wil met hom saamstem en verwys na die feit dat daar onder Mnr. Vlok (wat waarskynlik baie goed aan u bekend is) ook op die Boerevolk (wat deur die Nasionale Party as “vêrregses?? geëtiketteer is) in die verlede deur die “Apartheidspolisie?? jag gemaak is. Daar is op ons geskiet by verskeie geleenthede, onder andere by Ventersdorp. By Noenieput is daar van ons Boerevolk se jong manne (op dieselfde wyse as wat in die President se toespraak na verwys is) gemartel en tereggestel. Adriaan Vlok en diegene wat betrokke was, het nog steeds nie daaroor gebieg, gepleit, of iemand se voete gewas nie. Daar kan nog vele ander voorbeelde aangehaal word.
Mnr. Mbeki is ook reg as hy sê dat Blankes ook “victims?? was. Die Boerevolk, wat nie aan die Broederbond behoort het nie, het in die “Apartheidsera??, selde kontrakte gekry, bevordering gekry of vir enige voordele wat vir die “Broederskap?? geoormerk was, in aanmerking gekom nie.
Ek verwys hieroor weer na die Memorandum van die Speaker Me Mbete:
They would like the following to be noted about their organisation:
* There is a distinction between them and the Afrikaners
* They are section (a people within) of the Afrikaner community
* What distinguishes them from the Afrikaners is culture. They have their own common culture and customs, which makes them a volk
* They were not involved in the institutionalisation of apartheid even if they were the beneficiaries
* They are different from the Broederbond.
Ons wag dus tans op n spoedige antwoord aangaande die betrokkenheid van die BVR by die amnestie Reference Group .
Die uwe,
Dr Johan (Lets) Pretorius
--------