Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


21/02/2007

Stoffel Sê

21/02/2007
Vandag is 'n groot dag in die boerevolk se geskiedenis

Boerevriende,
Die goeie nuus is dat die Koerier vandag ter perse gaan!!!
Ek wil julle verseker dat elke Boer trots sal wees om dit as n Boerepublikasie in sy hand te hou.
Jy sal nie een maand se uitgawe wil misloop nie, glo my.

Hier kom nog ’n ding!!!
Die eerste van (hoop ons) vele maandelikse publikasies wat die Taal van die Boerevolk praat, wat die Woord van die Boerevolk spreek, wat die gees van die Boerevolk uitdra en die ryke aristokratiese erfenis van die Boerevolk uitbou en propageer.

Dit is DIE KOERIER:
Die eerste uitgawe is die De La Rey uitgawe. Hierdie mondstuk van die Boerevolk, moet in elke opregte Boer se huis rondlê en gelees word. Kom ons prikkel u aptyt so effe deur aan u ’n kort opsomming van die Inhoud weer te gee.

1. Liberalisme: 'n Studie gesien in die lig van die feit dat liberalisme 'n kenmerk is van 'n oor-aktiewe neo-verbale korteks van die brein. (hoop julle weet wat dit is...ek moes eers gaan oplees!!)
2. Gorillas in die Mis.
Na aanleiding van die film 'n bespreking oor die territoriale imperatief soos bespreek in Robert Ardrey se boek, "African Genesis."
3. Die grootste wapen teen die Nuwe Wêreldorde is 'n hegte gesin...
4. Die Siel van die Boer.
Vermoor die Boer se siel; verwyder hom van die grond, druk hom in 'n klein leefruimte, vernietig daardeur sy ruimtelike denke en vat sy minerale.
5. Verslag van die BVR.
Vir die eerste keer sedert 1902 word die Boer se reg as volk ter tafel gelê in die Parlement.
6. Die Leeu van Wes-Transvaal.
'n Fotografiese beeld van Genl. De la Rey en Siener van Rensburg.
7. Die Majubagelofte.
8. Biografie van Oom HS van Blerk.
9. Kortverhaal deur HS van Blerk. Vlugtende Boerevroue….en dan word dit Kersfees?
10. Stoffel sê:… Hy praat met Frekkie Vorster van Stellenbosch…
11.Van Perde tot Perdekrag – vir jong mense-(en die nié so jonk nie gaan dit ook baie interessant vind)
12. Syfermatriks - Pret met syfers vir die slimmes (en die minder slimmes gaan dit ook geniet!)
13. Die monarg skoenlapper.
'n Fotobeeld van die verskillende stadia van die klein insek met sy ingeboude genetiese matriks.
(soos die genetiese “Boer?? ???)
14. Bye onder die Brug.
'n Ligte skets deur Dawie Ferreira. (en dit kom van “ ’n Boer agter die Vaalrivier??)

Die eerste kopie sal op Majuba oorhandig word.
Bring elkeen n klompie rand saam om n paar eksemplare vir jou familie en vriende aan te koop. Ek nooi een en almal uit om met gedagtes en ook aanbiedinge te kom oor hoe ons die tydskrif gaan bemark.

Baie dankie by voorbaat,
Stoffel
En n groot hoera vir die Redaktrise en James haar regterhand, wat BAIE hard gewerk het.

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu