Main menu:
Stoffel Sê
20/05/2007
Verklaring deur Dr Johan(Lets)Pretorius
Dit is duidelik dat daar n beroering op die Plaaswerf aan die gang is. Party mense het geldige en baie goeie vrae wat hulle stel.
Dit is duidelik dat daar n beroering op die Plaaswerf aan die gang is. Party mense het geldige en baie goeie vrae wat hulle stel. Ander is duidelik negatief ingestel en poog heeltyd om te "bewys" dat die Plaaswerf n mislukking is deur aanhoudend te insinueer dat dit n komplot is, dat daar n verskuilde agenda is, ens. Vir n nuwe verbruiker sal dit verseker n slegte indruk skep. Dis presies wat baie van hierdie persone wil bewerkstellig. Ek verstaan nie hulle motief nie. As jy op n eensame eiland is en die enigste emmer in jou besit is rooi, gaan jy tog nie die emmer vol gate slaan net omdat jy nie van rooi emmers hou nie? Hier is n webwerf wat tot stand gekom het met net een doel en dis om die Boerevolk bymekaar te maak sodat ons uiteindelik daardeur ons onafhanklikheid kan bewerkstellig. as jy nie van die webwerf hou nie, gaan net weg! moet asseblief nie probeer om dit vol gate te slaan nie!!! Terwille van die mense wat heeltyd probeer om gate in die emmer te slaan die volgende: Ek plaas nou hierdie waarskuwing, en glo my julle kan maar gaan huil op al die ander webwerwe wat as oposissie opgerig is as ons jou skors, HIERDIE WEBWERF IS OPGERIG MET DIE DOEL OM DIE BOEREVOLK SE SAAK TE BEVORDER. DIE KAMPKOMMANDANTE SAL N PERSOON WAT N NEGATIEWE GEES HIER AANBLAAS, SUMMIER DISSIPLINEER
Terwille van die veelvuldige vrae wat onsekerheid tot gevolg gehad het, plaas ek die volgende Persoonlike Verklaring
Boeregroete, Stoffel
------------
Sub-Menu: