Main menu:
Redaksie
Dit is nie van vandag af dat daar teen die Boerevolk gediskrimineer word nie. Met die stigtings dae van die HNP het georganiseerde Nasionale Party bendes, die vergaderings ontwrig en die sprekers met eiers en tamaties bestook. Toe die prentjie begin omdraai, kan baie van ons onthou hoe die Nasionale Party se politieke vergaderings, soos die van PW Botha en FW de Klerk, vir ons taboe was; rolle doringdraad wat met spesiale voertuie uitgeskiet was, Caspers en tot die tande toe gewapende wit Polisie, het ons weggehou, uitgehou en verdryf met traangas, haelgewere en honde. Agter die politici van daardie tyd, het die Broederbond en hul liberale Afrikaner-beheerde-media gesit. Die Broederbond het as suiwer Volksorganisasie begin maar geleidelik die klem verskuif na 'n organisasie wat nie meer die Volk gedien het nie, maar “baantjies-vir-broertjies” bevorder het. Hulle (die AB) se grootste vyande, so het dit voorgekom, was uiteindelik die Patriotiese Afrikaners, en daarom was hulle (die AB se) visiere ingestel om “na REGS” te skiet en te veg. Dit was hulle Wimpie de Klerk, segsman van die Broederbond, wat begin het met die skeldnaam van “verkramptes” en later “vêrregses,” wat aan hierdie Patriotiese Afrikaners toegedig is. Die media het geen geleentheid laat verbygaan, om hierdie snaar te tokkel nie. Hierdie sielkundige oorlogvoering duur voort, tot vandag toe. Die “patriotiese Afrikaners” van daardie tyd, verkies vandag om na hulleself as BOERE van die BOEREVOLK te verwys. Daarom word die terme “verkramptes” en “verregses, steeds aan die Boerevolk gekoppel asof dit net 'n splintergroepie behels en nie 'n Volk wat besig is om te konsolideer is wat ter sprake is nie. (Daar wag 'n verrassing op diegene wat so dink.)
Die Gelofte
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag
soos 'n sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.
Dit is egter baie belangrik om 'n verskuiwing wat intussen plaasgevind het, baie fyn onder die loep te neem. Ongeveer 1982/83 het 'n teëvoeter vir die linksbewegende Afrikaner Broederbond (AB) tot stand gekom. Die doel was ook suiwer; naamlik om die AB se beheer op feitlik alle lewensterreine van die Volkshuishouding te stuit. Hierdie teëvoeter het bekend gestaan as Toekomsgesprek (TG) en het inderdaad in hul doel geslaag sodat die ou AB se ledetal op 'n stadium gedaal het tot onder 2000. Die deure vir lidmaatskap(van die AB) is ook (na verneem word) oopgegooi vir gekleurdes en swartes. Hulle naam is ook verander en staan tans bekend as Afrikaner Bond. Baie van die ontnugterde Liberale Afrikaners en Nasionaliste (van destyds), en veral persone wat lede van die Broederbond was, het ook by TG aangesluit. Met die stem-of-nie-stem-nie-dilemma, wat ontstaan het nadat Genl. Constant Viljoen (en 'n geheime groep) die stigting van die Vryheidsfront georkestreer het, het baie (waarskynlik die meeste) Patrioties gesinde lede uit TG bedank. Die naam TG het intussen verander na die Volksbond. Die oorblywende lede bestaan gevolglik hoofsaaklik uit die ontnugterde Afrikaner soos hierbo beskryf. Dit is wel so dat daar 'n baie aktiewe werwingsaksie onder die jong mense geloods is en verskeie beskou dit waarskynlik as 'n eer om by die Volksbond betrokke te wees. Dan is daar nog 'n beduidende HNP faksie, wat steeds aan die term "Afrikaner-Nasionalisme” vasklou, aangesien dit die term is wat deur Oom Jaap gebruik is. Mens kan dit verstaan. Hierdie persone is nie noodwendig deel van die Volksbond nie maar beweeg op baie terreine nou saam en word die HNP en die Afrikaner koerant, as ?'n “handige instrument”, as “vennote” deur die Volksbond, aangewend. Om hierdie rede word van die HNP leiers betrek by organisasies wat deur die Volksbond beheer word, sonder dat hulle dit eers besef.
Daar bestaan egter steeds 'n inherente “dood-in-die-pot” situasie. Sommige van die “ontnugterdes” verkies steeds om as Afrikaners bekend te staan. Ander is bereid tot 'n kompromie van “Boere-Afrikaner.” Ongelukkig is die term Boer (en die Vierkleur) vir baie nog 'n verleentheid alhoewel hulle dit net gebruik wanneer dit hulle pas en om steun te kry vir 'n saak. Baie van die Oud Broederbonders, het nie hulle AB gewoontes in die AB agtergelaat nie, en tree hulle steeds binne die Volksbond op in die gees van die Broeders soos voor 1983. Die wat weet wat agter die skerms by Kafferskraal gebeur het, sal weet waarvan ek praat. Op hierdie stadium wil ek die doel en bestaansreg van die nuwe Volksbond ernstig bekyk: Die eertydse “vyand” nl. die AB, is nie meer 'n ernstige faktor nie en die aanvanklik doel waarvoor TG (nou Volksbond) gestig is, is eintlik afgehandel.Die situasie het tot so 'n mate verander, dat weens die ontstaan van 'n gemeenskaplike “nuwe vyandelike bedreiging”, indien dit prakties moontlik sou wees, behoort beide die AB en die Volksbond, eintlik gesamentlik na links te skiet en te “veg”. (Ook SAAM met diegene wat hulleself as BOERE verklaar)Ongelukkig blyk dit nie die geval te wees nie. As ons die optredes en gesindheid (teenoor die Boerevolk) van verskeie Geloftefeeskomitees, (soos onlangs die Komitee van Kafferskraal), die persone wat die Voortrekkermonument en Bloedrivier beheer ontleed, is hulle visiere op die oog af en baie duidelik steeds na regs ingestel. Die situasie by Majuba en die gesindheid van die Majuba Trust, kom nie veel anders oor nie.
Ek doen vandag 'n baie ernstige beroep op die leiers en lede van die Volksbond, om nie in dieselfde strikke as die AB te trap, deur hulle van diegene wat hulleself as die Boerevolk beskou, te vervreemd nie. Waak veral daarteen om nie die maniere en styl van die AB te openbaar in jul optredes, veral teenoor die Boerevolk nie. Onthou, die vyand is LINKS van julle, nie REGS nie. Ek wil die beroep verder voer deur te pleit dat julle, in plaas van vyandigheid, eerder bereidheid tot samewerking sal openbaar. Die Boerevolk is enige tyd bereid om saam met julle om 'n tafel te gaan sit.
Die Boerevolk is besig om te herontwaak. In die nuwe jaar gaan daar op 'n baie professionele wyse, die Boerevolk se register en leierskorps, uitgebou word. Die Rekenaarprogram wat dit sal fasiliteer, behoort voor die einde Januarie in 'n toetsfase te loop. Daar word 'n beroep op elke lid van die Boerevolk gedoen om van volgende jaar af, skouer aan die wiel te sit en die wa deur die drif te help trek. Die nodige inligting sal vroeg in die nuwe jaar na die betrokkenes deurgegee word. Dit is van kritieke belang dat 'n breë leierskap met 'n wesentlike magsbasis, tot stand sal kom wat met alle rolspelers; plaaslik en buitelands gesprekke kan voer, op die pad van selfbeskikking vir die Boerevolk. Ek doen 'n beroep, veral op die jonger geslag, om na vore te tree en te help om die Boerevolk verder te lei.
Ek verklaar vandag amptelik dat ek moeg gesukkel is om halsstarrige Afrikaners wat vyandig teenoor die Boerevolk bly, te smeek, te pamperlang en te probeer motiveer om by die toekoms van die Boerevolk betrokke te raak.
Daar is genoeg patriotiese BOERE wat bereid is om voor te loop op die pad na Vryheid.
Daar is ook genoeg patriotiese AFRIKANERS wat nie skaam is om 'n BOER genoem te word nie, wat sal aansluit en saam sal loop.
Hierdie afgelope Geloftefees was ? waterskeiding.
Boerevolk, ek doen n beroep op jou; staan op en loop die pad na VRYHEID.
Die pad is aangedui en die tyd IS NOU!
Lank lewe die Boerevolk!!!
Lets Pretorius