Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


18/06/2007

Stoffel Sê

18/06/2007
16 JUNIE: Die Boerevolk se eie KONSENTRASIEKAMPDAG

Ons het genoeg gehad dat ons Kulturele skatte waardes en kosbaarhede vir die varke gegooi word.Dis tyd dat daar opgestaan word, voet vasgesteek word en gesê word genoeg is genoeg.
Ons is NIE rugmurgontwaterde wesens of jellievisse nie.
Bravo!! aan die BOERE KAMPEER BEWEGING (BKB) en hul voorsitter Mnr Pierre Wilsenach wat die voortou neem met ons Boerevolk se eie vakansiedae.

Die verrigtinge van 16 Junie 2007 by Irene Konsentrasiekampkerhof, was werklik n hoogtepunt op die Boerevolk se kalender. Ons wil dankie se aan Mnr Pierre Wilsenach en sy Komitee, asook aan die Boerekommando (party praat van die Perde kommando) wat soos gewoonlik met baie styl en korrektheid, luister aan die verrigtinge gegee het. Dankie ook aan Hoofkommandant Combrinck daarvoor.
Dr Willie Burger het 'n baie mooi boodskap gebring. Daarna is die geskiedkundige agtergrond deur Mnr Cilliers du Preez aan ons uiteengesit. Dit was aangrypend. Baie dankie ook aan hom en sy komitee vir die wonderlike werk wat hulle doen om ons Boerevolk se erfenis te bewaar. Mev Ansie Cruywagen het ook n besielende boodskap aan die vroue van die Boerevolk gerig. Lees gerus die aanhangsel wat in die vorm van n nuusberig geskryf is.

Boeregroete,
Stoffel

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu