Main menu:
Redaksie
EK RUIK N ROT
Waarskynlik 'n rotnes??
Daar is vandag in die Rapport (van 13 Desember 2009) aangekondig dat 'n “Katnes van regses” oopgekrap is.
Sien die skakels: http://www.rapport.co.za/Content/Suid- Afrika/Nuus/2315/a55bc44a43634f15a9e7a3e95e7d8695/12-12-2009-10-15/Regse_nes_op_plaas_gekry
asook
http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/90aae5768b88473ba41b020b37f0232c/12-12-2009-10-15/Vermoorde_boer_wou_verregses_ontbloot
Ons wag reeds vir die afgelope tyd dat 'n dergelike aankondiging VOOR die 2010 Sokker aangekondig moet word.
Die Polisie beweer dat die "Gevaar vir Suid Afrika" betyds "in die kiem gesmoor" is.
Twee van die aangeklaagdes, is dadelik op borg uit.
Vreemd in die lig van die arsenaal wapens wat gevind is.
Vreemd in die lig van die verbintenis met die sg. Boeremag.
Daar sit twaalf van die sg. Boeremaglede reeds vir hul agtste Kersfees as verhoorafwagtendes in die tronk, terwyl alle aansoeke om borg uit 'n duidelik politiese motief, geweier is. Sommige van hulle het 'n baie goeie kans om onskuldig bevind te word, of om 'n ligter straf te kry as die aantal jare wat hulle as verhoorafwagtendes in C-Maks opgesluit is.
Nadat Dr. Lets Pretorius, totaal teen die staat se verwagting in, borg ontvang het, is daar duidelik politieke aspekte by alle uitsprake daarna, ter sprake.
Verder is die tydsberekening baie mooi. Net nadat die Boeremagsaak in reses gaan (op 11 Desember) word die "katnes oopgekrap"
“Dít is die katnes wat die polisie oopgekrap toe hulle toegeslaan het op ’n verregse sekte met Boeremag-verbintenisse en dié se planne in die kiem gesmoor het.” (Rapport 20091213)
* Hoe mooi is dit dat die gevaar WEEREENS afgeweer is!
* Onmiddellik is dit aan die Boeremag gekoppel.-sonder n snars getuienis en dit kan ek na sewe jaar in die hofsaak, onomwonde verklaar!! Dis bloot n klomp snert wat deur die polisie deurgegee is om atmosfeer te skep.
*Onmiddellik word dit met Warmbad verbind (waar die "Boeremag se bomme" opgegrawe is) Wonder of ons ooit die name gaan hoor.
*Toevallig is die aangeklaagde se naam Johan Pretorius. Mens wonder of dit sy regte naam is en of hy nie dalk gaan verdwyn na sy onmiddellike borg nie. Ek dink terug aan verskeie rolspelers wat aanvanklik by die Boeremagsaak genoem is en daarna word hulle nie aangekla nie, hulle maak geen verklaring nie, lewer geen getuienis nie, ten spyte van die feit dat hul name herhaaldelik by baie meer aangeleenthede, as verskeie van die manne in die tronk, voor kom.
*Onmiddellik word dit gekoppel aan die Suidlanders. Gaan ons die name hoor?
*Die Suidlanders en die Boeremag het onmiddellik bande (iets wat die ondersoekbeampte tydens Henk du Preez se arrestasie herhaaldelik gestel het- Genl CR De Wet kan hieroor skryf.) Gaan ons bewyse kry?
*Ander verdagtes word onmiddellik ook in die Transvaal gesoek en ondersoek en sal nog gearresteer word.
Jackie Selebe het destyds (tydens die Wêreld Beraad Oor Volhoubare Ontwikkeling in 2002) met groot gewag, bekend gemaak dat die regse aanslag vernietig is. (http://www.stormfront.org/forum/http://www.stormfront.org/forum/showthread.php?t=35415showthread.php?t=35415) verwys na die sg. voorkoming van die sameswering wat aan die Boeremag gekoppel is.
Die vreemdste van alles, is dat daar nie 'n enkele woord in die Staat se saak (in die Boeremagsaak) verwys of getuig is oor hierdie wonderlik beweringe nie. Niemand is ook aangekla nie.
Met die sg. Suidlanders, was dieselfde patroon aan die ontwikkel. Daaroor het ek lankal gewaarsku.
Destyds met die AWB was feitlik alle “onwettige dade” deur agent provokateurs, deur geheime agente en hulle Hanteerders geïnisieer. Die naïewe “gemotiveerdes” word skuldig bevind terwyl die aanhitsers, dikwels sg. 204 staatsgetuies word en dan kwytskelding ontvang en daarna baie goed beloon vir die “skitterende werk” wat gelei het tot die inhegtenisneming van die “Katte in die katnes.” Die goeie kontakte van die SAPD met die pers het, help om die “regte berigte” die koerante te laat haal.
Die persone wat die sg. komplot beplan het, is op die ou einde, waarskynlik dieselfde mense wat dit ontlont het, daaroor geprys is en waarskynlik daarvoor beloon is.
Die nuutste gebeure, laat my dieselfde soort "rot in 'n rotnes ruik"!!!
Die katte is nie altyd die sondebokke nie.
Dis tyd dat die skuldige rotte ook aan die pen ry.
Lets Pretorius