Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


13/09/2006

Stoffel Sê

Die President van die RSA
Unie gebou
Pretoria. (Per hand)

Afskrif na:
The President
Houses of Parliament
P o Box 15
Cape Town.

Meneer,
Sonder benadeling van regte

Soos u bewus is, is die MAJUBA DEKLARASIE die Boerevolk se EIS OM ONAFHANKLIKHEID.
Die MAJUBA DEKLARASIE is amptelik deur u kantoor ontvang en na die Speaker van die Parlement gedelegeer om verder namens u te hanteer, waar dit tans op die tafel is. Die dringendheid en die spoedige implementering van die Majuba Deklarasie, word vanuit die hoofde van hierdie skrywe, weereens beklemtoon en dringend onder u aandag gebring.

Die BOEREVOLK VRYHEIDSTIGTING (BVS) is n Organisasie uit die Boerevolk wat opdrag ontvang het om die onafhanklikheidstrewe van die Boerevolk op elke terrein en forum uit te dra en uit te bou.

Tydens die implementering van die Onafhanklikheidseis soos vervat in die Majuba Deklarasie, is die Grondgebied wat aan die Boerevolk behoort, ipsu factu ook op die tafel.

Die ANC regering is tans besig om met sy sg. Grondhervomingsbeleid, en veral gesien in die lig van die onlangse verhasing van die onteiening en vervreemding van grondgebied waarop die Boerevolk kan aanspraak maak, het die Boerevolk geen ander keuse om duidelik standpunt hieroor in te neem nie.

Die Boerevolk Vryheidstigting versoek u, Mnr Mbeki as die leier van die ANC en President van die de facto Regering van Suid Afrika om,
1.‘n Moratorium te plaas en ‘n persoonlike onderneming te gee, dat geen verdere grond van die Boerevolk vervreem sal word, alvorens die finale ooreenkoms ten opsigte van die Onafhanklikheid van die Boerevolk, soos geëis in die Majuba Deklarasie, (wat ook die Grondgebied wat aan die Boerevolk behoort, insluit), afgehandel is nie.
2.Hierdie moratorium en onderneming moet binne vyftien (15) werksdae vanaf 6 September 2006 openbaargemaak word.
3.Indien u sou versuim om aan hierdie versoek gehoor te gee, sal u ons geen ander keuse laat as om verdere remedies uit te oefen nie.
Die Uwe,




Dr. Johan (Lets) Pretorius

Namens die Boerevolk
In opdrag en as leier van die Boerevolk Vryheidstigting (BVS)


Naskrif:
Ons heg ‘n Dokument genaamd:

“Die ADAMAH (Rooigrond) AANSPRAAK van die BOEREVOLK gegrond op die MAJUBA DEKLARASIE”

vir u aan sodat u die agtergrond van die versoek in volledig in oënskou kan neem.
U sal vind dat ‘n afskrif van u brief, ter wille van volledigheid, ook in hierdie Dokument geplaas word.

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu