Main menu:
Redaksie
13/04/2008
Die KERK en Dogma, is 'n verdelende faktor
n Lewendige debat het op die Godsdienslaer ontstaan. Dit gaan oor "Die Kerk"(in die Algemeen) van die dag, Sommige mense verdedig die bestaansreg van die Kerk, terwyl ander weer die Kerk beskuldig van verskeie misdrywe deur die eeue.
Die rol wat DOGMA speel, word ook onder die loep geneem.
Daar bestaan GEEN twyfel dat dit deur [B]DOGMA[/B] is wat "kerke" sy lede en dan ook die MENSDOM deur die eeue "beheer" het nie. Ons moet waak om mekaar met "dogma' op so n wyse aan te val dat ons mekaar (en glo my ook jouself) skade aandoen nie.
[B]Op die ou einde moet dit NIE gaan oor DOGMA nie, maar oor innerlike oortuiging en uiterlike VERHOUDINGE.
[/B]
Ek is op soek na n artikel wat ek baie lank terug van n vriend ontvang het oor [B]sakralisme [/B]en plaas dit binnekort om te wys hoe n kerk sy dogma kan aanpas, om sy lede te "beheer" en dominerend te regeer, soos en wanneer die sekulêre regering van die dag verander. (ons hoef nie te ver terug te gaan in die Geskiedenis om dit te sien nie!!)
Pas tog op vir die uitgangspunt om te "YWER VIR DIE SAAK VAN GOD" wat dikwels die "saak" van die [B]kerk[/B] is(en nie van God nie) en meer as dikwels n sakralistiese, dogmatiese, pragmatiese dwaling word. Vergelyk Paulus toe hy nog Saul was, die skrifgeleerdes en die Fariseers, wat dodelik ernstig uitgeroep het( en die skare saam met hulle laat deelneem het) met : " Godslasterlik, kruisig Hom!!!" Daar is oorloe gevoer en duisende wonderlike mense verbrand en gemartel in die "Naam van die Kerk
Ten slotte, vriende en Volksgenote, moet asseblief nie toelaat dat Dogma die oorsaak van verwydering en tweespalt onder mekaar word nie.
Agv dogma is daar n paar duisend verskillende kerke (kyk maar hoeveel in ons eie Volk) Elkeen glo dat NET sy eie dogma reg is en al die ander dwaal. Hierdie uitgangspunt KAN tog nie waar wees nie!!! Ons het al soveel mense verloor wat emosioneel raak oor dogma en dan "pak-en-pull" soos ons in die weermag gesê het.
Net 'n wenk, ipv te se : "Dit IS so, of jy praat twak of daardie stelling is nonsens" maak soos ons studente leraar in die sestigerjare (Oom Kobus Potgieter) altyd gesê het: "[B]Getuig[/B], moenie probeer OORTUIG nie"
Gebruik liewer die inleiding van: Volgens my opinie......, of ek voel so...., of dink so.....
Aan die einde is dit lewens noodsaaklik dat die Boerevolk MET mekaar oor Godsdiens praat. Hou asseblief net die standaard op n hoe vlak soos nou deur Stephanus en SB vir ons gedemonstreer is.
Boeregroete,
Lets Pretorius
Vir die volledige debat, gaan klik HIER en gaan neem deel.
(Slegs geregistreerde lede van die Plaaswerf kan ongelukkig toegang tot die Godsdienslaers kry)
--------