Main menu:
Redaksie
Redaksionele Kommentaar vir Vrydag 13 Maart 2009
Vandag, Vrydag die 13de Maart, is n groot dag in die lewe van die Boerevolk. (selfs vir diegene wat ly aan Paraskevidekatriaphobia) Vandag rol die nuwe voorblad van die Plaaswerf uit. Voorwaar weereens iets waarop die Boerevolk met reg, trots kan wees.
Op 27 Februarie 2005, verskyn n skugter en beskeie “Frontpage” voorblad met n prentjie van Stoffel wat n vierkleur vashou en n paar notas onder die “nuwe webblad” www.boerevryheid.co.za
Later die jaar kom n paar jong mense (wat ek die “Stormjaers” gedoop het) onder aanmoediging van Die Ou Man, by die TLU se kantore bymekaar. Nadat ons aan hulle n voorlegging gedoen het, beplan ons n verdere sessie tydens die Jeugberaad op Kleinfontein.Daar stel ek dit vir hulle dat ons beplan om eendag die grootste Afrikaanse webwer4f in die wêreld tot stand te bring. Alhoewel skepties oor so n “brawe stelling”, sit almal skouer aan die wiel en na n paar verdere vergaderings, open ons met n nuwe webwerf op die 5de November 2005. (Gaan kyk na die skakel: http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=560&highlight=November+2005) Ek onthou hoe opgewonde ons was met 26 lede op die forum!!
Baie dankie aan Jacques Aproskie, Danie Prins, Stefan van der Walt, Tanya en Henk Du Preez, Riaan Roux en Riaan Jansen, vir baie ure se werk en opofferings wat in die eerste dae die Plaaswerf aan die gang gesit het. Ander het later bygekom en as Kampkommandante ook groot werk gedoen.
In 2006 (met die hulp van Theuns Cloete), het ons die “nuwe voorblad” met nuwe skakels en aansig geloods. Dis het nie sleg gelyk nie maar was nie regtig verbruikersvriendelik nie. Nogtans het die deelnemers getal daagliks gegroei, ten spyte (of dalk as gevolg van) hewige godsdiens debatte.
Huidige statistieke:
Vandag kan ons met dankbaarheid aankondig dat ons op SAtopsites al 10de grootste (Algehele) webblad is, nommer een Afrikaanse webblad is, en as na Hubspot gegaan word om ons webblad te ontleed, klassifiseer hulle ons onder die top 1.27% van ongeveer 30miljoen webblaaie in die Kuberruim. Meer as 1000 persone besoek die Plaaswerf daagliks. 80% van die besoekers is ongeregistreerde Gaste. daar is amper 8000 lede reeds op die Plaaswerf geregistreer. Daar registreer gemiddeld 7 nuwe lede per dag.
Op 24 Januarie bied Chris Smit (Ridder van die Lang Pad) aan, dat hy vir ons kan help om n meer praktiese en nuwe voorblad te ontwerp. Na ure en dae en weke se harde werk, kan ons vandag die knoppie druk om die nuwe Plaaswerf te aktiveer.
Ek is oorstelp van vreugde as ek na die resultaat kyk. Ek sal kommentaar vir ander los maar kan nie anders as om trots te wees dat n mede Boer en medeboere, met so n pragtige resultaat voor die dag kon kom nie. Voorwaar staan dit vir geen ander webblad in die ruimte terug nie!!!
Vergun my om vandag erkenning te gee aan elke persoon wat n aandeel gehad het om dit tot stand te bring wat ons vandag die wêreld instuur. Dis belangrik om te weet dat dit nie “sommer net nog n webblad” is nie. Dit is die vertoonkamer van die Boerevolk en daarom was dit belangrik om iets daar te stel waaroor geen Boer ooit skaam te kry nie.
Baie dankie Chris, ons slaan jou vandag amptelik tot "Ridder van die Boerevolk".
Aan elke Boer en Boeregenoot , wil ons dan vandag n vriendelike uitnodiging rig; kom gebruik hierdie Plaaswerf asof dit aan jou behoort. Plaas jou advertensies, aankondigings en belangrike datums hier. Gebruik die forum en al die fasiliteite sodat dit ons Visie en Missie( http://www.boerevolk.co.za/misie__visie.html) ten volle kan verwesenlik.
Boeregroete,
Lets Pretorius
--------