Main menu:
Stoffel Sê
12/07/2006
Bakens langs die Vryheidspad
Geliefde vriende, Volksgenote en belangstellendes,
Die afgelope twee jaar vandat ek uit die gevangenis op borg uit is, het ek met elke persoon in ’n leiersposisie met wie ek kon kontak maak, ’n gesprek gevoer.
Almal het met my saamgestem dat ons as volk ernstige bedreigings in die oë staar.
Die aanslag is op elke lewensterrein is geweldig.
Ons kulturele- en Volkseie word meedoënloos vernietig en ons situasie is reeds op die vlak van VOLKSMOORD.
Aan elkeen het ek die vraag gevra wat sy oplossing is.
Niemand kon met ’n konkrete antwoord kom nie.
Vanaf Desember 2004 het ons onverpoos gewerk aan ’n moontlike oplossing.
Langs die pad is die volgende bakens opgerig:
1. Die Majuba Deklarasie (die onafhanklikheidseis van die Boerevolk) die oorhandiging van die Eis van die Boerevolk is oorhandig aan
i) Mandela,
ii) Mbeki, aan
iii) Rudolfo Stavenhagen van die VN,
iv) Sinn Fein
v) sowel as aan 19 Ambassades.
2. Die oprigting van ’n webwerf: Die Plaaswerf by www.boerevryheid.co.za
3. Die totstandkoming van die Boerevolk Vryheidstigting
4. Die Optog van die Vroue van die Boerevolk waartydens die Majuba Deklarasie amptelik aan die Kantoor van die President oorhandig is.
5. Die Seminaar oor Identiteit
6. Die Bosberaad oor die vryheid van die Volk waartydens daar
a. besluit is om verderaan van- en namens die BOEREVOLK te praat en te handel.
b. ’n Ekonomiese Komitee wat die finansiële aspekte sal beplan het tot stand gekom.
c. ’n Jeugberaad beplan het, waartydens die Jeug van die Boerevolk tot stand gebring is.
d. ’n Besluit om ’n verkiesing te reël op die 9de Desember waartydens daar ’n Boerevolk Verteenwoordigende Raad tot stand sal kom.
e. ’n Boerevolk Verkiesingskommissie wat alle aspekte rondom die verkiesing sal hanteer.
7. ’n Besoek aan die Parlement waartydens die saak van die Boerevolk onomwonde aan die verteenwoordigers van die Speaker die Majuba Deklarasie weereens amptelik in ontvangs geneem het.
8. ’n Persverklaring op 31 Mei 2006 waartydens die gesprek in die Kaap volledig weergegee is.
9. Verskeie onderhoude is reeds met oorsese Radiostasies gevoer.
10. ’n Opvolgbesoek aan die Kaap wat binne die volgende dae sal plaasvind.
11. Die daadwerklike oprigting van Laers wat amptelik op 1 Julie begin het
a. Verskeie inligtingsvergaderings word beplan, oa in Natal, Noord Transvaal, Noord-Kaap, Wes Transvaal, Oos Transvaal, in en om Pretoria waar Laers opgerig gaan word.
12. My versoek aan u is, as volg: Raak asseblief betrokke by die inisiatiewe en help om die Boerevolk weer sy selfrespek en bestaansreg te help verkry. Help en wees deel van die aksie sodat ons weer oor onsself kan regeer in ’n eie onafhanklike gebied.
a. Reël ’n Inligtingsvergadering
b. Help om ’n Laer te stig
c. Neem deel aan die Plaaswerf
d. Versprei die inligting
e. Help om vonkposadresse van belangstellendes en moontlike belangstellendes, in die hande te kry en aan die Kantoor van die Volksekretaris deur te stuur.
Gaan klik op die volgende skakels:
Die BOEREVOLK VRYHEIDSTIGTING
Volkereg Besprekings
Boeregroete,
Stoffel
------------
Sub-Menu: