Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


11/09/2006

Stoffel Sê

11/09/2006
Die ADAMAH (Rooigrond) Aanspraak van die Boerevolk

Geliefde Vriende, Volksgenote, Meelopers, nuuskieriges en Skeptici,

Die Boerevolk is hier om te bly!!! Diegene wat nog daaroor twyfel
(en die wat dit glo) kan in die volgende draad
die bakens langs die Vryheidspad duidelik sien
en die Boerevolk se ROOSKNOP van onafhanklikheid, sien ontvou....
http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?p=44566#post44566

Volg die draad noukeurig, druk die stukke uit, bestudeer dit, en indien jy begeesterd raak, gooi jou gewig in, dupliseer die stukke, versprei dit en stuur dit aan. As jy verskil, kom vertel ons daarvan en stuur 'n vonkpos na possak@boerevryheid.co.za

Ek haal graag die laaste vier strofes uit ID Du Plessis se Land van ons vadere, 1945, aan:

Nee soet is die stryd van die stryer,
want hy het die roepstem gehoor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor........

Stoffel
___________________________________________________________

Ek wil begin deur 'n OPSOMMING van die ADAMAH (Rooigrond) Aanspraak van die Boerevolk te gee. Daarna sal u die stukke en aanhangsels beter in verband kan bring en die draad ook makliker volg
___________________________________________________________
Die ADAMAH (Rooigrond) AANSPRAAK begin met n persverklaring:

Persverklaring namens die Boerevolk Vryheidstigting (BVS):

11 September 2006 (11/9/2006)

Die President Mnr Mbeki, word namens die Boerevolk, deur die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) op terme geplaas om ’n persoonlike onderneming te maak, asook ’n onmiddellike moratorium te plaas op die onteiening van enige grond waarop die Boerevolk moontlik aanspraak kan maak. Vroue van die Boerevolk het vandag die dringende versoek namens die Boerevolk aan die President Mnr Mbeki, in opdrag van die BVS, oorhandig. Die Majuba Deklarasie, in wese die Boerevolk se Eis om Onafhanklikheid, vorm deel van hierdie versoek wat die Boerevolk se Aanspraak op sy eie Grondgebied insluit. Die Majuba Deklarasie is reeds amptelik deur die Regering ter tafel geneem. Die President word daarop gewys dat sy regering besig is om tans van die grond waarop die Boerevolk aanspraak maak kragtens sy Onafhanklikheidseis soos vervat in die Majuba deklarasie, van die Boerevolk te vervreem, terwyl die Onafhanklikheidseis nog nie afgehandel is nie.
Hy word verder versoek om ’binne 15 werksdae gereken vanaf 6 September, te reageer, deur ’n openbare aankondiging in die verband te maak.

Verklaring deur:
Dr. Johan (Lets) Pretorius
Namens die Boerevolk
In opdrag van die BVS
Vir volledige inligting, gaan kyk by:
http://www.boerevryheid.co.za/modules.php?name=Content&file=viewarticle&id=41

Opsomming van die Adamah (Rooigrond) Aanspraak

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu