Main menu:
Redaksie
Vriende en Volksgenote,
Dis belangrik om te verstaan dat n Volk nie onafhanklik word met die swaai van n towerstaf nie. Daarvan kan die Baske, die Tamil tiere en die Iere (om maar drie te noem), getuig.
Alle "Vryheidsoekers" kry ook nie sommer die "rang" van Vryheidsvegters nie en word summier as Terroriste uitgemaak.
Die leiers van die Boerevolk is tydens die 1902 vredesooreenkoms, steeds die hoop en moontlikheid gegee om onafhanklikheid later te verkry, om by Versailles (1919) met n kous oor die kop huis toe gestuur te word nadat dit weereens summier van die hand gewys is.
Op dieselfde wyse is die Boerevolk (kom ons praat hier van die breë Afrikaner), n Volkstaat belowe met die samesprekings (as ek reg is met die rolspelers) tussen Viljoen, Hartzenberg, Mbeki en Zuma, wat gelei het tot die skepping van n sg. "Accord" aan die begin van 1994. Hierdie "Accord" het voorsiening vir n Volkstaat gemaak.
Met die tussentydse grondwet was die klousule volledig beskerm maar verdwyn toe grootliks (word afgewater na Resolusie 235) in 1996 .
Ons kan nie verwag dat die VN, of die UNPO op aandag gaan spring as ons by hulle opdaag of aansoek gaan doen nie.
Om verder te dink dat jy by Den Haag aankom sonder dat jy bewys kan lewer van die volgende, is futiel:
1.Ons basis vir selfbeskikking moet volledig gelê word.
1.1 Dit sluit in Identiteit(watter Volk doen aansoek) Daarom is lankal op verskeie en baie grondige redes, besluit dat die enigste legitieme identiteit, die benaming "Boerevolk" is.
1.2 Wat is die aansoek? (Majuba Deklarasie dien as eis)
1.3 Bewese steun (daarom die Volksregister van die Boerevolk)
2. Verder is dit belangrik om alle remedies uit te put. Dit is n regsterm wat beteken in leke terme: "Jy wend jou tot die hof omdat jy GEEN ander pad het om te loop nie en al die ander paaie probeer het."
Dit behels, samesprekings en eise aan die bestaande regering waarvandaan "afgestig" moet word na Selfbeskikking.
* Daarom die Vroue optog
* Daarom die opvolg optog en die oorhandiging van die Majuba deklarasie aan Mbeki
* Daarom die besoek aan die Speaker,
* Die eis aan Guma en die sg. 185 komissie
* die gesprek in Februarie met Zuma by sy "kongres"
*Die oorhandiging van die eis aan Stavenhagen
*Die aansoek om lidmaatskap by die VN en by UNPO
*Die oorhandiging van die Majuba Deklarasie aan Ban Kimoon
3. n Aangewese of verkose struktuur wat namens die Volk, op soek na Selfbeskikking kan onderhandel.
Die BVR het opdrag en mandaat by die Volksvergadering van 9 Desember 2006 verkry, ook by twee opvolg vergaderings om hierdie pad te loop op pad na selfbeskikking vir die Boerevolk. die BVR beskou hulleself nie as die enigste leiergroep met n mandaat nie en maak ook nie daarop aanspraak nie, maar die feit dat hulle wel n mandaat by die Volk wat teenwoordig was gekry het om as die Trekleiers op die Vryheidstrek op te tree, kan nie betwis word nie.
Hierdie goed met n sterretjie, het die BVR reeds in die Mandjie
As jy hierdie pad nog nie geloop het nie, sal die hof jou uitlag
Nou volg n belangrike opmerking:
Tydens die Volksvergadering by Vegkop, het die BVR die Mandjie aan die verkose en aangewese komitee (die Geloftevolk Koordineringskomitee) aangebied. Die BVR is bereid om die verantwoordelikheid wat tot op hierdie stadium van die Trek op hul skouers gerus het, aan die GK oor te dra.
Hierdie GK is van plan om binnekort n bosberaad te hou, waartydens onder andere, die aanwending van die Mandjie volledig onder die loep geneem sal word.
Ons neem kennis van verskeie ander pogings wat verskeie ander organisasies loods of wil loods.
Ek dink dit is goed so. Hoe meer fronte bedreig word, hoe moeiliker verdedig die vyand.
Onthou, my goeie vriend Adv Ben Pieters het by geleentheid gesê: "Daar is geen vyande na regs nie!!"
Boeregroete,
Lets Pretorius
Lewer Gerus Kommentaar Op Boerevryheid Forum