Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

10/04/2008

Redaksie

10/04/2008

Grawe Ou Koeie uit die sloot


Dis van tyd tot tyd nodig om ou koeie uit die sloot te gaan haal. Veral op so 'n besige webwerf soos wat die boerevryheid se Plaaswerf tans is. Die poste vlieg soos bome by 'n treinvenster verby!!!
Onsekerheid van sommige nuwer deelnemers t.o.v. die BVR se houding, gesindheid en beleid t.o.v ander Volksorganisasies, maak dit nodig om n klompie ou Koeie uit die sloot te grawe, sodat meer duidelikheid hieroor kan verkry word.

Debat verskyn HIER

Geliefde Volksgenote,
Dis van tyd tot tyd nodig om ou koeie uit die sloot te gaan haal. Veral op so 'n besige webwerf soos wat die boerevryheid se Plaaswerf tans is. Die poste vlieg soos die bome by die treinvenster verby!!!

Ek is werklik beïndruk met die gehalte/ kwaliteit en insig van die deelnemers se poste in die laaste tyd. Baie dankie daarvoor aan alle deelnemers.

Ek kan sien dat dit baie mense se erns is om by n oplossing uit te kom en nie meer deel te wees van n klaende gekarring oor die probleme , sonder om iets daaraan te probeer doen nie. Anders gestel: “Ek is ook moeg vir “goeie vergaderings?? wat na die verdaging op GEEN resultate uitloop tot die volgende “goeie vergadering?? nie. Dankie vir elkeen wat tans saam besig is OM IETS TE DOEN!!!

Terwille van die onsekerheid wat ek tans by sommige nuwer deelnemers ervaar, ook t.o.v. die diplomasie en gesindheid teenoor ander organisasies, wil ek graag verwys na n paar “ou koeie??. Gaan kyk asseblief daarna en maak seker dat u die gesindheid en gees wat ons daarin probeer uitstraal en uitbou verstaan.

Reg in die begin is die Onafhanklikheidspamflet opgestel om die inskakeling van die verskillende faksies van die Volk te probeer ontleed: Gaan kyk na die volgende skakel: ONAFHANKLIKHEIDSPAMFLET

Hier verskyn n poging om die Boer (met ‘n hoofletter)te definieer: ’n BOER
By n vorige geleentheid het Stoffel reeds bontgestaan om indringende vrae te antwoord:Vraag en antwoord

Ook uit die BVS se jaarverslag van 2008, asook uit die notule van die eerste VVV,(waartydens die eerste BVR aangewys is), kom die gesindheid wat die BVR, BVS, en die persone wat tans die leisels probeer hou, na vore.

Persone wat nog onseker is, kan gerus my persoonlike verklaring gaan lees.

Ten slotte, ons visie doelwit mikpunt strewe is SELFBESKIKKING VIR DIE BOEREVOLK. Die mees haalbare wyse tans, is deur lede van die Boerevolk bymekaar te maak as n MAGSBASIS in die “Kuberruimte?? om as n Virtuele Volk aanspraak te maak.

Gaan kyk na hierdie poste en spoeg en plak gerus sake daaruit voortspruitend wat nog nie duideliik genoeg is nie hier , sodat ons uiteindelik uit een mond kan praat EN DOEN!!
Boeregroete,

Lets Pretorius

--------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sę | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu