Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


10/01/2007

Stoffel Sê

10/01/2007
MAJUBA 24 Februarie, die volgende datum om na uit te sien!!!

Op 9 Desember het die eerste VVV (Volksverteenwoordigende Vergadering) plaasgevind. Die VVV word gevorm deur alle Walaerleiers, asook geregistreerde lede (op die Volksregister) van die Boerevolk.

Tydens hierdie vergadering is die eerste BVR (Boerevolk Verteenwoordigende Raad) aangewys. Hierdie BVR is aangewys uit die Walaerleiers, deur die Walaerleiers, wat deur die lede van die Walaers gekies is. Daar was op daardie dag reeds 31 Walaers gerigistreer. Van toe af tot nou, is daar n aanhoudende stroom mense wat registreer en nuwe Walaers oprig. Daaroor is ons baie dankbaar!! (sien naskrif)

Tydens die vergadering van die 9de Des, het die VVV besluit dat die volgende vergadering van die VVV op die 24ste Februarie by Majuba sal plaasvind. Opdrag is aan die BVR gegee om die nodige regelings daarvoor te tref.

Hierdie reelings is intussen gewysig.
Tydens die vergadering van die 2,3,4 Maart, sal die BVR verslag doen en ook uitgebrei word deur nuwe Walaerleiers wat toegevoeg word vanaf die 9de tot en met die 2,3,4 Maart.

Op die 2,3,4 Maart, gaan daar ook die volgende plaasvind:
Onder die bekwame redaksie van Mev Bets Botha, sal die eerste uitgawe van 'n maandelikse tydskrif verskyn. Wees verseker, dit sal nie "sommer net weer n tydskrif" wees nie. Dit sal 'n tydskrif VIR die BOEREVOLK wees. Dit sal die gehalte van die National Geografic wees met aktuele sake wat die Boerevolk as aristokratiese volk sal uitbeeld, en nie as die karikatuur wat deesdae in elke advertensie en op elke sepie aan ons opgedis word nie.

Hierdie tydskrif sal ook nie na twee maande sommer net verdwyn nie!! Daar sal ook nie verskoning gevra word, gebieg word of skuld beleidenis gepubliseer word nie. Die inhoud sal ook nie noodwendig "polities korrek wees nie!!!" Daar sal nie gepoog word om te oortuig nie, maar daar sal onomwonde oor die Boerevolk getuig word.

Ons loods vandag 'n kompetisie uit. Ons nooi u om op hierdie draad in te skryf. Ons soek 'n gepaste naam vir die tydskrif. Die beoordelaars sal op die 31ste Januarie besluit oor die wennaam. Die persoon wie se voorstel aanvaar word, sal tydens die Majuba fees op 24 Feb., die eerste genommerde weergawe van die Tydskrif BY MAJUBA in ontvangs neem. Die naam is intussen vasgemaak en sal as die KOERIER bekend staan. Die eerste weergawe word gewy aan Genl de La Rey.. Die tweede weergawe sal handel oor Majuba en die verloop van die VVV.

Skryf in deur die volgende iligting te verskaf:
U voorstel:
U Naam:
U Tel nommer:
u vonkposadres.
U is welkom om voorstelle te maak met betrekking tot die inhoud.


Boeregroete,
Stoffel

Naskrif:
Maak seker dat jy nie die trein mis nie!!!

Registreer deur die nodig vorms in te vul. (gaan kyk by:"Stoffel se")
Sodra jy registreer, raak jy daadwerklik by die onafhanklikheidstrewe van die Boerevolk betrokke. Dan is jy nie "eenvan daai" wat net kan twis en tweedrag saai, maar self nie bereid is om te saai of te oes nie. Dan kan jy jou kleinkinders in die oge kyk sonder om skuldig te voel!!
BG
Stoffel.
Hierdie dien net as nuusberig. Vir kommentaar klik HIER

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu