Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


09/12/2006

Stoffel Sê

NOTULE VAN VOLKSVERTEENWOORDIGENDE VERGADERING
(Gehou Op Saterdag 9 Desember 2006, Te Willem Prinsloo Landbou Museum)



1. Opening: Mev. Minnie Pretorius open met Skriflesing uit Nehemia 6 en doen daarna ‘n gebed.

2. Konstituering van die vergadering:
2.1Dr. Johan (Lets) Pretorius treë op as sameroeper van vergadering.
2.2Hy verklaar dat die vergadering geïnisieer is deur die Boerevolk Verkiesingskommissie (BVK) in opdrag van die Boerevolk Vryheidstigting (BVS).
2.3Verder verklaar hy dat die vergadering reeds lankal en baie wyd aangekondig is, tw. by die twee optogte van 4 Maart en 18 November asook in verskeie media.
2.4Aanwesiges in die vergadering treë op as verteenwoordigers en afgevaardigdes van oor die hele land. Persone is teenwoordig afkomstig van die Noord-kaap, Suid-Natal, Noord-Natal, Oos-Transvaal, Noord-Transvaal, Wes-Transvaal, Vrystaat, die Vaaldriehoek, Wesrand, die Oos-rand, Pretoria en omliggende gebiede, Midrand en uit die Wes-Kaap.
2.5Hy verwys na die grondwet, Artikel 235 asook ’n uitspraak deur die grondwetlike hof waar uitdruklik verklaar word dat ’n Volk geregtig is om hulle te beywer vir onafhanklikheid.
2.6Die vergadering word derhalwe as wettig en verteenwoordigend van die Boerevolk verklaar.

3 Aanwysing van ’n Voorsitter van die VVV

Dr. Lets Pretorius word eenparig as voorsitter van vergadering gekies en Minnie Pretorius gevra om as sekretaresse van die vergadering op te treë.

4 Agtergrond en oorsig.
4.1Vanaf begin van BVS word daar wettig en ook korrek volgens grondwet opgetree. Daar word verduidelik hoe die BVS uit die Volk en vir die Volk tot stand gekom het. Die BVS het verskeie aksies geloods, o.a. die Optog van die Vroue van die Boerevolk, die seminaar oor Identiteit, die Bosberaad oor die Volk, die besoek aan die Speaker van die Parlement, die aksie oor die regering se Grondroofprogram, en nou die aksies vir die totstandkoming van ’n Boerevolk Verteenwoordigende raad. (BVR).
4.2Daar word aan die vergadering uitgewys dat ons die politieke mag verloor het en daarom geen seggenskap op enige terrein van ons Volkseie het nie. Die verlies aan mag is die “siekte” terwyl die diskriminasie en menseregteskendings teen die Boerevolk slegs die “simptome” van die siekte is.
4.3Die verskillende voertuie wat gebruik kan word ter verkryging van ons doel, nl. om weer die mag te bekom deur Onafhanklikheid te verkry, word bespreek:
4.3.1Die Politieke voertuig,
4.3.2Ekonomiese beheer en druk,
4.3.3Sosiale druk waaronder bv. arbeid, stakings, massa aksies, taal, skole, Boerevolk unie, kundigheid, voedselproduksie, sport, ens.
4.3.4Die Juridies/volkeregtelike voertuig.
4.3.5Die Militêre voertuig
4.3.6Verandering en beheer van denke, beheer van persepsie, selfbeeld, skep van verwagtinge hoop ens.
4.4Dit word verduidelik dat daar tans verskeie organisasies en aksies bestaan wat gebruik maak van een of meer van die bg. Voertuie. Die meeste organisasies hanteer een of meer “simptome” maar kom nie by die “”siekte” uit nie. Alhoewel elkeen van die “simptoombehandelende aksies” belangrik is, MOET daar by die behandeling van die Siekte uitgekom word.
4.5Dit is van kardinale belang, en dit word beklemtoon dat ons mense die feit moet raaksien dat al die verskillende voertuie veronderstel is om op pad te wees na dieselfde bestemming,, nl Onafhanklikheid vir die Boerevolk. Die “insittendes van die voertuie” moet mekaar dus as mede reisgenote sien en nie as vyande nie.
4.6Die verskillende voertuie word ontleed en daar word aan die vergadering gestel dat die Politieke voertuig en die Militêre voertuig nie tans op die tafel is nie en dat die behandeling van die “siekte” deur gebruik te maak van een van die twee voertuie ook nie enigsins vir die oomblik haalbaar is nie.
4.7Die Juridies/volkeregtelike voertuig blyk die mees sinvolle en aangewese te wees om aan te wend, ter verkryging van onafhanklikheid vir die Boerevolk. Volgens die volkereg is daar verskeie voorwaardes om van hierdie voertuig gebruik te maak.
4.7.1Die “groep” wat aanspraak maak op Onafhanklikheid, moet ’n Volk wees.
4.7.2Die definisie van ’n Volk word uitgespel (‘n verlede, ‘n hede en ‘n toekoms) en die feit dat die Boerevolk in elke opsig kwalifiseer, uitgelig.
4.7.3Die “groep” moet bewese steun kan demonstreer,
4.7.4Daar moet ’n verkose Verteenwoordigende Liggaam tot stand gebring word wat namens die “groep” kan optree.
4.7.5 Die Afrikaner, in teendeel, het verskeie problematiese aspekte om as volk te kwalifiseer. (Kan nie aanspraak maak op enige van die punte onder 4.7.7 nie)
4.7.6Die Boere-Afrikaner is ’n kunsmatig geskepte term en daar het nog nooit so ’n volk bestaan nie.
4.7.7Die Boerevolk kwalifiseer by uitstek om as Volk hierdie pad te loop:
4.7.7.1Die Boerevolk maak aanspraak op die Groot Trek van die “Emigranten Boeren”
4.7.7.2Die Boerevolk het reeds 14 republieke tot stand gebring
4.7.7.3Die Boerevolk het die Gelofte afgelê,
4.7.7.4Die Boerevolk het die oorwinning oor die Zoeloes by Bloedrivier behaal,
4.7.7.5En by Majuba oor Brittanje,
4.7.7.6En het tydens die Anglo-BOERE oorlog geveg,
4.7.7.7Het 23 000 kinders en 3 000 vroue en ou mense aan die Moordkampe van die Engelse afgestaan,
4.7.8Die Boerevolk het na 1902 met die vredesluiting van Vereeniging, nog nie weer, (behalwe die driemanskap in 1919 na Versailles), amptelike verteenwoordiging gehad nie. Vandag word die eerste verteenwoordigende liggaam van die Boerevolk in meer as 100 jaar tot stand gebring.

5 Bepaling en verkiesing van BVR:
5.1Die Boerevolk word vandag verteenwoordig deur afgevaardigdes en geregistreerde individue. Vandag se vergadering sal bekend staan as die Verteenwoordigende Volksvergadering van die Boerevolk. (VVV)
5.2Die VVV keur die konsepgrondwet (voorlopig) wat voorgehou word goed met dien verstande dat wysigings voor 24 Januarie 2007 by die Kantoor vir die Volksekretaris ingedien moet word, waarna wysigings tydens die volgende VVV vir goedkeuring voorgelê sal word.
5.3Die VVV bepaal volgens die konsep grondwet dat die Walaer Leiers uit hul geledere sewe persone moet aanwys wat die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR) sal vorm.
5.4Die betrokke Walaer Leiers word min of meer in geografiese streke ingedeel en die volgende sewe persone word uit die geledere van die Walaer Leiers aangewys:
Mnre. Pierre Wilsenach, Chrisjan Joubert, Ludwig Rode, Abie Prinsloo, Kmdt. Gerhard Combrink en Dr. Johan(Lets) Pretorius.
5.5 Die VVV gee opdrag aan die nuutverkose BVR om:
5.5.1As hoof opdrag, hulle vir onafhanklikheid van Boerevolk te beywer.
5.5.2Betrokke te raak by aksies ens. wat ten doel het: Onafhanklikheid vir die Boerevolk.
5.5.3Die beeld van Boerevolk uit te bou (lobbing) in Binneland en Buiteland.
5.5.4Die Laer strukture verder uit te bou en sodoende die Boerevolk bymekaar te maak.
5.6 Daar word besluit dat die volgende VVV sal plaasvind by Majuba tydens die Majuba fees op 24 Februarie 2007.
Tydens hierdie vergadering sal
5.6.1die BVR verslag doen,
5.6.2Die Grondwet finaal goedgekeur word,
5.6.3en die verdere aanpassings gemaak word t.o.v. die BVR uit die opgedateerde Laerstruktuur.
5.7 Dis gewyde oomblikke as Oom Ha Es van Blerk voor saam met 7 verkose manne staan, ‘n gepaste word spreek en dan die manne inseën deur ‘n gebed.

6 Mnr. Jaco Kruger kry hierna geleentheid as sekretaris van Boerevolk Unie om ’n kort voorlegging oor die Boerevolk Unie aan die vergadering voor te hou.

7 Laastens praat Gerard Combrink oor finansies

7.1en doen ’n beroep op die aanwesiges om finansiële bydraes te maak om die onkostes te delg en stel self voorbeeld deur R400 te skenk.
7.2Oom Ha Es, stel van sy boeke, sowel as die kortverhale wat hy gepubliseer het, tot beskikking van die Boerevolk om fondse te bekom.
7.3Gerhard Combrink wys die pragtige reeks blikke wat Voortrekkers nie wil hê: kosprys R20 per blik. Vergadering besluit op verkoopprys van R50.
8 Vergadering word met gebed afgesluit.

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu