Main menu:
Stoffel Sê
08/04/2007
Taalgebruik op die Plaaswerf
Geliefde Plaasbewoners,
Van die begin van hierdie Plaaswerf se bestaan, is dit beleid dat ons nie "kragwoorde" op die openbare forum gaan gebruik nie.
Ons is nie net n "Chatroom" oftewel geselsplek nie, maar het n baie breer doelwit, naamlik om die Boerevolk weer bymekeer te maak, ons waardestelsel en norme weer te vorm sodat ons per definisie as VOLK weer n staanplek kan verkry.
Een van die onderafdelings is die Geselsplek.
In die verlede is baie mense al aangespreek deur al die moderators oor taalgebruik.
Ons weet dat mens party keer BAIE kwaad is en dan vir jou vriende sommer maklik, se jy is die d***** in.
Om egter op die oop forum toe te laat dat mense hierdie tipe woorde gebruik, skep n swak indruk en stoot ook baie mense af. Indien jy so n kragwoord gebruik, bereik jy eintlik ook nie regtig baie meer nie, dit openbaar eintlik net so iets van jouself. Ek is oortuig daarvan dat Afrikaans so n wye woordgebruik het dat jy jouself dikwels beter kan uitdruk sonder om n kragwoord te gebruik Indien jy egter wel die behoefte het om so n woord te gebruik, versoek ons van die Bestuur van die Plaaswerf se kant af,dat jy dit so bietjie kamoefleer.
Kom vriende, laat ons saamwerk en self bepaal wat vir ons mooi en reg is. Nie ek, of die Moderators kan vir Volk voorskryf HOE hulle moet praat en skryf nie, maar sekerlik (soos baie mense al van ander webwerwe op HIERDIE forum gese het, ) wil ons nie bekend staan dat daar net n klomp vloekwoorde op die werf is nie.
Dankie vir samewerking na Onafhanklikheid vir die Boerevolk
Boeregroete,
Stoffel
------------
Sub-Menu: