Main menu:
Stoffel Sê
06/02/2007
Medewerkers vir die Plaaswerf gesoek
Geliefde vriende en Volksgenote,
Die Plaaswerf is deesdae so besig dat ons dringend sal moet orde skep.
Ons het die dienste van n baie kundige medeBOER in die Kaap verkry.
Hy sal as koordineerder optree en almal wat rekenaarfundis, -kundiges en -nerds is moet asb help!!!
Ons gaan n aparte gespreksplek skep waar ons met mekaar kan kommunikeer.
Daar is reeds n aparte portaal geskep.
Ons sal dit moet orden en gebruik voordat dit heeltemal hande uit ruk.
Nou wil ek vra dat almal wat kundig is en bereid is om saam te werk hul name na my stuur per vonkpos na: possak@boerevryheid.co.za
Dink solank aan n goeie naam vir die koordineerder. Ek noem hom voorlopig Kooperasie.
Hy soek mense wat:
1. Kundig is met grafika = tyd om prentjies te maak.
2. CSS & HTML kundiges is, veral [div]& [iframe] kennis om templates te verander.
3. RSS kennis om Blogs in te trek.
Hoop om spoedig van julle te hoor
Boeregroete,
Stoffel
------------
Sub-Menu: