Main menu:
Stoffel Sę
05/03/2007
Majuba Verslag
Die eerste MAJUBA fees wat plaasgevind het onder die naam van die BOEREVOLK het pas afgeloop.
Ek was by verskeie Majuba geleenthede maar kan onomwonde getuig dat hierdie byeenkoms in alle opsigte die aangenaamste en m.i. die mees geslaagde byeenkoms was wat ek bygewoon het.
Hoekom se ek dit?
Die gees onder die mense was een van samehorigheid, die gesindheid van die mense was een van wedersydse liefde en respek, daar was GEEN wantroue teenoor volksgenote nie, daar is nie ondernemings by die hek geteken nie, ons het nie nodig gehad om duisende rande te betaal om onsself te beskerm nie, die program was baie goed beplan en almal het dit terdeë geniet.
Die skyngeveg was volgens talle mense die heel aanskoulikste ooit. Terloops, volgens my meegedeel, het die DIE HARDS?? (dis nou die Engelse van Dundee wat elke jaar teen die Boere kom verloor in n skyngeveg), drie jaar laas deelgeneem aangesien hulle nie met die vorige reëlingskomitee meer wou saamwerk nie.
Die program was ook nie oorvol nie en oral het mense gesit en kuier.
Daar was ongeveer 200 mense by die verrigtinge teenwoordig. Daar was mense van Suid Natal, van die Kalahari, van die Vrystaat, van Noord Transvaal, Oos Transvaal, Noord Natal en selfs uit die Karoo. n Bus vol Engelse toeriste, het ook die verrigtinge bygewoon. Almal was in ekstase oor die gebeure wat plaasgevind het, en nuwe vriende is gemaak.
Verslaggewer en fotograaf van die Mail& Guardian het die hele dag saam gekuier en was baie beïndruk.
Tydens die vergadering die middag, was feitlik al die feesgangers teenwoordig. Alal het geleentheid gehad om hul se te se en baie belangrike sake is bespreek.
Die vergadering is gehou onder die vaandel van die Bekommerde Begunstigdes van die Majubatrust (BBM). Die toekoms van Majuba is tans ernstig in gedrang. Volledige verslag oor die vergadering, sal deur die sekretaris hier (later) geplaas word.
Na die vergadering van die BBM het die VVV plaasgevind. (Die Volks Verteenwoordigende Vergadering wat op 9 Desember tot stand gekom het by Willem Prinsloo Landbou Museum.) Daar is beklemtoon dat al die ander pogings om simptome van die siekte te dokter, nie die probleem van die siekte aanspreek nie. Daar is baie kortliks die agtergrond, die ontstaan en die absolute noodsaaklikheid om die SIEKTE aan te spreek deur weer die MAG te bekom. Ondernemings is gegee om oral oor die land Laers op te rig.
Dit was heerlik om verskeie van die Plaaswerf se mense daar te kon sien. Toe gevra is wie betrokke is by die Plaaswerf, het tussen 20 en 30 mense hul hande opgesteek. Opvallend is dat die mense wat heeltyd vrae vra op die forum, nie daar was nie. Dis jammer, want hulle sou antwoorde op al hul vrae kon kry.
Ons het om die kampvuur?? besluit om n byeenkoms van Plaasbewoners(van BV) hier in Pretoria te reel. Wat dink julle daarvan?
Ek maak n nuwe draad oop en wag vir gedagtes.
Ek plaas later n paar fotos van die naweek.
Ek nooi ook lede van die Plaaswerf wat daar was om bydraes HIER te lewer.
Boeregroete,
Stoffel
------------
Sub-Menu: