Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

05/02/2010

Redaksie

Tim Du Plessis, Redakteur van die Beeld skryf op 14 Januarie 2010 dat baie wit mense en Afrikaners, ontnugter is oor die Nuwe Suid Afrika:

http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/TimduPlessis/2145/7edc4a87ab1d43879b1b79a2c84c4c65/14-01-2010-10-16/%E2%80%99n_Stille_wit_verskuiwing_

“En oor hoe wit mense en Afrikaners voel oor die land waarin hulle leef en moet oorleef. Hulle is kwaad, ongelukkig en selfs verbitterd. Ek is al effe moeg vir die woord, maar ja, hulle is gatvol. Ander waarnemers sien dit ook raak.”

Dan meld hy ook dat regs en links, verkramp en verlig uitfaseer:

“Indien wel, moet dit maar so wees. “Links” en “regs” het hul gewone betekenis verloor.

“Verlig” en “verkramp”, een van die mees omlynde verdelings van vroeër, is vinnig aan die vervaag. En na buite is die reaksie van verligtes en verkramptes op hul omgewing al hoe meer dieselfde.”

Nou kom hy en raak die volgende snert kwyt op 4 Februarie:

(http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/TimduPlessis/2145/cad77be608984a24817a06ca1eca8fcb/04-02-2010-09-15/Saluut_van_die_redelikes_)

Hy probeer FW De Klerk as held ophef. Hy beweer dat almal, behalwe ’n klompie suur, wit regses en die ANC-jeugliga dink dat de Klerk reg was.

Op grond hiervan, het ek aan hom 'n brief geskryf:

Geagte Mnr. Du Plessis

U hemel Mnr. De Klerk op as held en in kontras verdoem u steeds die sg. “regses”

Ten spyte van die feit dat u onlangs self gestel het dat daar nie meer regses en linkses, verkramptes en verligtes bestaan nie. As mens na u onlangse hoof-artikels kyk en u oor RSG Sondae hoor praat, is dit duidelik dat u tot so 'n mate ontnugter oor die Nuwe Suid Afrika is, dat u amper as 'n regse geklassifiseer kan word.

Ongelukkig is dit duidelik dat u ambivalensie het, want, aan die ander kant, moet u De Klerk verdedig. U was mos self een van sy mede-argitekte wat die “Ja-stem” help orkestreer het, nie waar nie? Die dat u se: “Dis nie die nuwe Grondwet (die besluit om te verander, of die verandering) wat die probleem is nie, die probleem is die ANC.”

Mnr. Du Plessis, Dis vir my, komende van 'n ervare joernalis soos u, sekerlik een van die mees naïewe stellings wat ek nog gehoor het.

Jy kan mos nie met jou hoenders ooreenkom dat hulle in die huis mag loop, op voorwaarde dat hulle nie hoendermis op die vloer mag mors nie.

Het die destydse “regses” en verregses” dan nie vir julle (die linkses en ver linkses) gewaarsku dat 'n swart regering chaos gaan wees nie?

Het ons nie gewaarsku dat “Afrika - Suid van die Limpopo” nie anders gaan wees as “Afrika - Noord van die Limpopo” nie?

Het u dan nie betekenis van die wet van Afrika besef nie? Die wet wat sê: “Hy wat die beste kan intimideer, is in beheer”? Kon u nie voorspel het dat Swart oorname, noodwendig 'n bloedige magstryd, deurmiddel van intimidasie tot gevolg gaan hê nie?

Het u werklik gedink dat 'n swart regering in Suid Afrika anders gaan optree as die in res van Afrika?

Kon u nie antisipeer dat Pretoria onder swart bestuur, (of enige dorp of stad) ook maar uiteindelik soos Mombasa, Mwanza, of enige stad in Afrika gaan lyk nie. Maak gerus ? draai in Marabastad in Pretoria, (stapafstand vanaf Oom Paul se standbeeld), indien u “Afrika” alreeds in sy volle glorie, in Pretoria wil sien.

U haal de Klerk aan dat hy 'n bloedbad voorkom het. Ten spyte daarvan, gee hy die Polisiemag, die Weermag en die howe oor aan Afrika beheer.

Die gevolg is 53 moorde per dag. Oor 15 jaar kom die totaal op ongeveer 300 000 neer, meer as die slagoffers van die Haïti aardbewing of die Tsunami. As ek voorspel dat wanneer die broeiende revolusie binnekort in volle swang uitbreek, hierdie syfers verder die hoogte in gaan skiet, hoef ek nie 'n Profeet te wees nie.

Die bloedbad is verseker nie voorkom nie.

Om De Klerk nou op te hemel is soos om n man wat ophou om sy vrou slaan, te prys!

Nee Mnr. Du Plessis, u kan maar probeer rasionaliseer, maar die gewone man op die straat en die gemiddelde leser, eet nie meer u retoriek vir soetkoek op nie.

Boeregroete,
Dr Johan (Lets) Pretorius

Kommentaar oor die Redaksionele kommentaar: Boerevryheid Forum

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu