Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

04/08/2008

Redaksie

04/08/2008
Die Boerevolk begin saamwerk


Op 2 Augustus 2008 op Ventersdorp, het die AWB onder die inisiatief van Mnr Eugene Terre Blanche, die Suidlanders en die BVR, n gesamentlike vergadering gehou.

Die onderwerpe, en tema, sonder dat daaroor ooreengekom is, was versoening en samewerking tussen Volksorganisasies..

Dit was voorwaar n blye dag en die begin van n nuwe era op die Vryheidspad van die Boerevolk.

Lees in die onderstaande artikel, die Boodskap deur dr. Lets Pretorius oor die verskillende roetes asook die plan van samewerking wat aan die vergadering voorgele is.

Lees die kommentaar en gesprekke voor- en na die vergadering Hier

Lees ook kommentaar oor die inhoud van die toespraak Klik hier

Boodskap aan die Volk by Ventersdorp op 2 Augustus 2008-08-01

_____________________________________________

Geen Boer sal ooit weer ’n normale lewe kan lei voordat die Boerevolk nie vryheid verkry het nie.

Die boerevolk sal weer vry wees in hierdie land!!

_____________________________________________________________________________________-

Die Roetes na die Boerevolk se Vryheid

Almal stem saam:

¬ De Klerk en sy lakeie het ons politieke mag weg geteken!

¬ De klerk en sy lakeie het ons land weggegee!

¬ De klerk en sy lakeie het die Boerevolk se Vryheid op 'n skinkbord oorhandig!

¬ As gevolg van De Klerk en sy lakeie, is die Boerevolk vandag Knegte in die land wat ons voorvaders met duur bloed gekoop het.

Almal van ons weet dat:

¬ Die Boerevolk vanaf die dae van die eerste Boererepubliek, Graaff-Reinette op 6 Februarie 1795, 'n versugting en 'n strewe gehad het, om oor homself te regeer. Daarna volg nog 14 Boererepublieke om uiting aan hierdie versugting te gee.

¬ Hierdie Boerevolk wat ek van praat, bestaan vandag nog steeds….

¬ Hierdie Boerevolk wat ek van praat, wil vandag nog steeds oor homself, in sy eie land, oor homself regeer.

¬ En die versugting en strewe wat ek van praat, brand vandag nog steeds, in elke patriotiese Boer se hart.

¬ Ek is daarvan oortuig dat hierdie versugting en strewe om Vry te wees en oor jouself te regeer, brand ook in jou hart en dis waarskynlik die belangrikste rede hoekom jy vandag hier is!!

Ek is daarvan oortuig, dat jy om nog 'n rede hier is, dis omdat daar 'n vraag in jou binneste brand en jy hoop dat jy vandag 'n antwoord daarop kan kry…

Hierdie vraag is: “Hoe gaan ons weer by ons vryheid uitkom ???

Ek gaan probeer om 'n antwoord op hierdie vraag vandag aan jou uit te spel deur die roete en roetes wat gevolg kan word op hierdie Vryheidspad, aan jou te ontleed.

Daar bestaan verskillende grade en vorme van vryheid. (baie kripties opgesom)

¬ Kulturele selfbeskikking van GROEPE behels beperkte selfbeskikking soos bv. inspraak en bepaling van beleid by eie onderwys-, taal-, en kulturele selfstandigheid.(sonder eie grond, eie weermag, eie ekonomiese stelsel, belasting, buitelandse beleid –VN-betrekkinge, ens. Art 185 van die Grondwet ter sprake)

¬ Meer uitgebreide selfbeskikking van GROEPE: dieselfde as bo met insluiting van verdere magte waaroor self besluit kan word soos bv. beperkte begroting, beperkte ekonomiese beheer, beheer oor dienste ens. binne sekere gebiede (sonder: eie grond, eie weermag, eie geldstelsel, buitelandse beleid –VN-betrekkinge en stemreg– Art 185 en 235 van die grondwet begin nou ter sprake kom.)

¬ Verskillende grade van onafhanklikheid: sluit grondgebied in, maar skakel met groter geheel binne konfederale- of kantonstelsel. Behels wye magte (egter sonder eie weermag of Buitelandse beleid –VN-betrekkinge en stemreg) Art 235

¬ Volkome onafhanklikheid of soewereiniteit: met eie grondgebied , geldstelsel weermag, Buitelandse beleid ens.) Art 235 maak in 'n mate, maar nie uitdruklik hiervoor voorsiening nie.

Baie mense dink dat daar 'n goue reel, 'n voorgeskrewe plan of 'n geykte roete bestaan, wat gevolg moet word, om by die Vryheid uit te kom. Daar bestaan nie net een roete nie, maar verskillende roetes waarlangs 'n Volk by sy vryheid kan uitkom. Elke roete wat gevolg kan word verskaf 'n bepaalde magsbasis wat, indien dit met die ander roetes se magsbasisse gekoördineer en georkestreer word, sodat dit as “die VOLK se MAGSBASIS?? aangewend kan word om by die eindresultaat nl. Vryheid vir die VOLK uit te kom.

Vandag bestaan daar meer as 60 organisasies binne die breër Afrikanerdom, (soos deur die Plaaswerf uitgespel)) wat elkeen 'n bepaalde roete of roetes, op die VRYHEIDSPAD volg.

Ons uitdaging is om hierdie organisasies op so 'n wyse te koördineer, dat ons uiteindelik elkeen se magsbasis kan byvoeg by die Volk se gesamentlike magsbasis en dit dan op so 'n wyse aan te wend dat ons, ons vryheid af kan dwing. (Dit sal slegs kan geskied, indien die verskillende organisasies mekaar nie as opponente en vyande beskou nie.)

Kom ons kyk na die verskillende roetes en plaas dan die verskillende Volksorganisasies wat tans 'n rol speel op die Vryheidspad, daarbinne. (Die volgordes is nie in prioriteit nie en terselfdertyd vra ek verskoning aan diegene wat per abuis uitgelaat is)

Op hierdie wyse kan organisasies tot die besef kom dat tradisionele opponente, eintlik Vennote of Bondgenote behoort te wees.

Die Roetes na Vryheid (van toepassing op enige volk) :

1. Die Kulturele roete:

aksies, binne die realm van Taal, monumente, volksvakansiedae, volksdanse, musiek digkuns, letterkunde, skole, Universiteite, godsdiens, ens.. Kan slegs beperkte Vryheid verkry word maw beperkte kulturele selfbeskikking (op sekere terreine) ens. (Art 185) van toepassing

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
AWB, Verkenners, GHA, Boere Kampeer Beweging, H S v Blerk Stigting, AKB, Voortrekkers, Volksbond, Konsentrasiekap-herdenkings komitee, Tabok, Afriforum, BVS, BVI, BVR, Boere Kommando

2. Ekonomiese roete:

aksies, paraatheid en organisasies wat opereer binne die realm van die ekonomie. Dit kan oorvleuel met 3.6 bv. Die totstandkoming van drukgroepe om die ekonomie te manipuleer. BV. die terughou van belastings, die terughou van voedselprodukte, die terughou van dienste, met die noodwendige ekonomiese gevolge, ens.

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
Nasionale belasting betalers Unie (NBU), Blanke ekonomiese Forum

3. Veiligheidsroete.

Kan as Militêre Roete gereken word wanneer en slegs van toepassing wanneer oorlog verklaar is, hetsy as Vryheidsvegters of in 'n konvensionele oorlogsverklaring. Wanneer selfbeskerming ter sprake is (soos nou hier by ons), noem ons dit die Veiligheidsroete.

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
Verskeie Privaat-veiligheidstrukture, TLU SA se veiligheidsbeen, Suidlanders, Christen-Brandwag, Boerevolk Krisis Sentrum, BVS se VeiligheidsLaer, die verskillende Walaers.

4. Party politieke roete:

Om effektief aangewend te word binne die Vryheidsroetes, moet 'n politieke party instrumenteel saamwerk binne “volksverband?? en binne die vryheidsideaal om effek te hê, en NIE hulle eie politieke-party-doelwitte en agenda’s, onafhanklik van die Volksideaal, nastreef nie.

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
VF+, NP, ANB , Boerestaatparty

5. Ideologiese roete:

Op pad na Vryheid, absoluut essensieel. Die Volk moet ideologiese korrek ingestel wees:

5.1 Eerste stap is IDENTITEIT. Indien iemand nie seker is aan watter volk hy of sy behoort nie, kan daardie persoon tog nie met hart en siel betrokke wees by die Volk se ideaal nie!!! Die BVS het 'n mandaat en 'n opdrag tydens verskeie Volksvergaderings ontvang, om namens die BOEREVOLK te praat en wanneer nodig, te onderhandel.

5.2 Die volgende stap is “’n wil om volk te wees en as volk te bly voortbestaan??

5.3 Daarna volg “ die wil om as Volk vry te wees??

5.4 Tans is daar 'n ideologiese- en veral 'n IDENTITEITS-verwarring onder ons volk. Die verskille word tans binne eie geledere “namens die vyand georkestreer?? en aan die gang gehou. Solank ons nie oor ons identiteit eenstemmig is nie, hoef die vyand nie te veel te bekommer nie. Hierdie verwarring moet as eerste prioriteit, aangespreek word!

5.5 Die BVS praat namens die Boerevolk maar sluit in alle persone wat hom of haar KAN en WIL assosieer met die Vryheidstrewe van die Boerevolk. Dit sluit ABA in= Afrikaner-Boer, Boere-Afrikaner en die Afrikaner.

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
BVR, BVS, AWB, Orde Boerevolk, Boerestaat party, Boervolk Radio, Radio Pretoria

6. Die Propaganda Roete:

Geen stryd, op enige roete, kan gewen word, as die Volk nie die propaganda stryd ook wen nie.

6.1 Dit vind plaaslik asook internasionaal plaas.

6.2 Al die “winste?? en suksesse op die verskillende roetes, moet d.m.v. Propaganda uitgebuit en aangewend word totdat Vryheid bereik is.

6.3 Alle Menseregte skendings en tekens van volksmoord moet uitgebuit en aan die groot klok gehang word.

6.4 Ook die ideologiese roete moet d.m.v. propaganda versterk word.

Kommunikasie speel hier 'n belangrike rol. (Internet, koerante, tydskrifte, radio, SMS’e,TV. Ens.)

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
Radio Pretoria, Die Plaaswerf: www.boerevryheid.co.za, Boervolkradio, Radio Overvaal, Die Koerier, Bravoland (??)Boerekryger, Die Afrikaner???

7. Sosiale druk roete:

Drukgroepe wat op die regte wyse georganiseer en aangewend word, het tot gevolg: Saambinding en samehorigheid, Resultate t.o.v. van projek en doelwitte, gee hoop en moed, kan gekoördineerd, vryheid as resultaat lewer. Belangegroepe soos landbouers, onderwysers, vakmanne, werkers, kundiges, kultuur- en godsdiens groeperinge, ens., kan almal 'n rol speel om binne georganiseerde strukture, druk uit te oefen.

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
Die Plaaswerf, GHA, Afriforum, NBU, TLU SA, Agri-SA, FAK en die Broerderbond (Afrikaner Bond)?, TABOK

8. Die Besettings roete:

Orania en Kleinfontein en BRKB bewys reeds dat dit werk. Gaan gepaard met groot opofferings en lang termyn beplanning met volgehoue strategie word benodig. Die gebied waar gevestig word moet vooraf bepaal en ontleed word om geskik te wees vir lang termyn strategie.

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
Orania, Kleinfontein, BRKB en Balmoral

9. Volkeregtelike / juridiese roete.

Die voorwaardes om hierdie roete na vryheid: selfbeskikking / onafhanklikheid te volg, moet aan die volgende kriteria voldoen word: Die aanspraak word in naam van 'n Volk gedoen.(Die definisie van 'n volk, asook Identiteit is van kardinale belang), Daar moet bewese steun wees. Daar moet 'n wettig verkose leierskorps verteenwoordiging wees wat namens die Volk kan optree. Daar moet 'n legitieme eis bestaan. Die Volk moet self aanspraak maak. Hierdie roete verskaf die basis en locus standi, aan alle bg. roetes. ALLE AKSIES kan dan vanuit 'n magsbasis gevoer word.

Organisasies wat hier 'n rol speel of kan speel:
BVR, BVS, TAR, AWB, VVK

Huidige problematiek en haakplekke:
Die volgende vorm die basis vir die huidige onwilligheid om ander organisasies as Vennoot of as Bondgenoot op die Vryheidspad te aanvaar en te erken.:

i) beperkte teikengroep, dus is mededinging om lede fel

ii) Gewoond aan politieke stryd om lede en “stemme??

iii) Gewoond aan “bokspanne?? op skool: “Ek is 'n Rooibok en alle Blesbokke is vyande!??

iv) Genetiese en tradisionele ingesteldheid t.o.v. groepslojaliteit,

v) Onvanpaste “leiers-lojaliteit??

vi) Onkunde t.o.v. ander groepe en leiers

vii) Doelbewuste disinformasie deur vyandelike instansies.

viii) Geheime agenda’s van geheime groepe

ix) Rigiede halstarrigheid oor “beleid?? en dogma,

x) Kleinlike en onvanpaste hoogmoedigheid

xi) Wantroue oor mekaar se motiewe

xii) Verwar beginsels met reëls

xiii) Onderlinge jaloesie van leiers: persoonlike motiewe verhef bo Volksbelange.

Die bereiking van die einddoel nl. Vryheid vir die Volk:

1. Organisasies moet die tradisionele wantroue en antagonisme teenoor ander Volksorganisasies, besweer en begrawe.

2. en mekaar Aanvaar as Vennote of as Bondgenote

3. Sodra wedersydse aanvaarding en vertroue, bondgenote nie as opposisie of vyand hanteer word nie, kan effektiewe interaksie tussen die rolspelers op die verskillende roetes, plaasvind. Sodat

4. n koördinerende liggaam, bestaande uit verteenwoordigers van alle roetes, gevorm kan word wat die bewegings en aksies op die verskillende roetes kan koördineer.

Voorwaarde van so 'n liggaam:

1. Dit moet NIE 'n nuwe organisasie vorm (soos bv die Afrikaner Volksfront) nie.

2. Alle organisasies moet op die liggaam dien en inspraak hê

3. Moet nie 'n bestuur hê nie

4. Moet nie 'n grondwet hê nie

5. Moet slegs die strategie van samewerking en onderlinge koördinering daarvan hanteer.

6. Die naam moet NIE etiketterend wees nie. (bv. Volkskoördineringsliggaam .)

Voorstel : My voorstel is dat daar ter aanvang drie stappe beplan word:

i) bekendstelling van die Vennote en Bondgenote aan mekaar en die verwydering van die “angel van agterdog en wantroue??. (tydens 'n eerste kongres??) Die sukses tydens die AWB se volksberaad van 2 Augustus, is 'n skitterende voorbeeld.

ii) betrek rolspelers wat bereid is en reël 'n opvolg kongres waar die interaksie bespreek kan word.

iii) Daarna kan uit die rolspelers wat die strydbyle begrawe het, 'n koördinerings aksie van stapel gestuur word en n Koördineringsliggaam, wat alle aksies beplan en koördineer (bv. UDF) tot stand gebring word.

Wat kan JY doen om deel te wees van die oplossing?
1. Raak self betrokke by 'n Roete?? of organisasie op 'n roete,
2. Praat met jou organisasie en motiveer hulle om julle tradisionele opponente, te ondersteun en te vertrou.
3.Doen jou plig in jou binnekamer en BID ons Vader om verlossing van die Gees van verdeeldheid en dat dit vervang sal word met 'n gees van liefde en aanvaarding.

--------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu