Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


04/03/2006

Stoffel Sê

04/03/2006
Vroue Optog van 4 Maart 2006

Opsomming van die gebeure tydens die Vroue optog van 4 Maart 2006 asook die inhoud van die aankondiging wat gemaak is.

Aankondiging van die Boerevolk se "KONSEPSIE"

Tydens Saterdag 4 Maart 2006 se optog is die volgende aankondiging gemaak:
Op 9 Desember gaan ’n Volksverteenwoordigende Raad gekies word op ’n plek wat later aangekondig gaan word. Dit korreleer met die eerste dag waarop die gelofte afgelê is by Wasbank en dit val die jaar op ’n Saterdag.

2. Om by ’n sodanige verkiesing uit te kom is ’n paar vereistes nodig:
2.1. Dit moet volgens distrikte of spesifieke verteenwoordigende gebiede plaasvind.(Ook streke oorsee volgens die aantal persone wat gaan registreer)
2.2. Dit gaan virtueel gegrond wees (maw. die totale verkiesing sal per Internet plaasvind)
2.3. Dit moet voldoende aan die volk bekend gemaak wees/word.(Die hoe sal per volledige bosberaad bepaal word. Die eerste byeenkoms word beplan in die eerste week van April)
2.4. Daarna maak die spesifieke getal nie saak nie. (Uit die geskiedenis kan daar bewys word dat verteenwoordiging nie noodwendig op persentasie gebaseer is nie)
2.5. Die volk sal by Majuba?? (die naweek is bespreek, maar die plek sal later aangekondig word soos deur die ISO besluit) per Internet stem, maar elkeen kan by sy eie rekenaar sit en interaktief aan die verkiesing deelneem (al bly hulle bv. in Koala Lumpur) waarna die betrokke verteenwoordigers ’n finale leier(s) miskien ’n driemanskap sal aanwys. Hierdie leier(s) sal die Kabinet of wat ons dit ookal mag noem aanwys.

3. Hoe gaan ons daarby uitkom?
3.1. Per internet deur die plaaswerf.
3.1.1. Alhoewel die huidige Plaaswerf reeds ’n baie aanvaarbare tuiste aan die “Burgers van die Kubervolk?? bied, is daar verskeie tekortkominge. Die plaaswerf gaan ’n dramatiese verbetering ondergaan en ek is besig om met ‘ ’n ontwerper te onderhandel wat uiteindelik voltyds op die Plaaswerf gaan werk. (sodra die finansies in plek is)
3.1.2. Onder andere sal daar geregistreer moet word per streek of distrik. So ’n fasiliteit sal ontwikkel moet word.
3.1.3. Daar sal ook die fasiliteit moet bykom om nadat jy geregistreer het, ’n unieke Volksregistrasienommer te ontvang wat jy by die huis kan uitdruk en jou paspoortfoto op kan plak. Sodoende het jy jou boerevolk ID
3.1.4. Hierdie Nommer sal ook jou stemgeregtig maak.
3.1.5. Geboortes en sterftes kan ook op dieselfde wyse plaasvind.
3.1.6. Diegene wat nie rekenaargeleeterd is nie, moet deur die Boereklubs bereik word. 3.1.7. Daar rus dus op jou as Vader/moeder van die Walaers’n baie groot taak
3.1.8. Ek bied van vandag af my volle samewerking in die verband aan.
3.1.9. My eerste voorstel is dat jy die gedagte om per frontpage (ek het die eerste tree van die plaaswerf ook daardeur geploeter) dit te dryf, te laat vaar. Baie beter is om soos jy voorheen gesuggereer het, dit per Walaer te doen op die Plaaswerf. Elke nuwe Walaer kry sy eie hoekie(Buurplaas) en kan alle aankondigings wat plaaslik geld daar doen maar is ook vir insae deur al die ander Bure wat daarna kyk. Intussen word die Sentrale beheer steeds deur die Kampkommandant gekoördineer.
3.1.10. Die pos van die Vader/moeder/Kampkommandant is dus outomaties gevul indien jy met hierdie gedagte saamstem.
3.1.11. Die advertering en uitbou van die klubs sal op ’n wye front en baie aggressief bedryf moet word om dit te laat slaag vir die doel. Hieroor stel ek voor moet ’n aparte bosberaad beplan word.
3.2. Ek gaan volgende week ’n Instituut vir Samewerking en Ontwikkeling (die ISO) die lig laat sien.
3.2.1. Die finansiering is in aantog en die belangriker lede (verskillende akademici en kundiges) reeds genader.
3.2.2. Hierdie dinkskrum sal die roete na (en daarna ) van die 9de Desember bepaal.
3.2.3. Die lede sal ongekompromitteerd wees en van die linker spektrum ook bevat.
3.2.4. Hierdie ISO sal per Internet maar ook op gereelde basis per bosberaad moet funksioneer.
3.2.5. Die ISO sal later as ’n tipe Senaat of Akademiese Raad kan funksioneer.

4. Ons moet nie wag op leiers nie. Elkeen is elkeen in eie reg leier op sy eie Plaaswerf. Elkeen kan ’n verskil maak. Kom ons hou op praat en begin DOEN. Wil jy weet wat om te doen?
4.1. Stig ’n Walaer in jou omgewing en registreer elke lid van die Walaer op die Plaaswerf, alhet hy/sy nie 'n Rekenaar nie.
4.2. Registreer elke persoon wat hom met die Boerevolk vereenselwig, op die Plaaswerf, sodra die registrasievorms gereed is.
4.3. Stuur aan elke kennis ’n Vonkpos oor ons planne en maak hulle betrokke by die Plaaswerf..
4.4. Adverteer die Plaaswerf teen elke brug en paal en boom in jou omgewing (wettig natuurlik!).
4.5. Propageer die 9de Desember wanneer die Boerevolkbaba gebore gaan word.
4.6. Hou op om af te breek en te kritiseer oor wat ander doen en sorg dat die deel van die muur voor jou huis klaar en sterk gebou word.( Nehemia 2: 17 Daarop sê ek vir hulle: Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer ’n voorwerp van smaad kan wees nie.)

Boeregroete,
Stoffel

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu