Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

02/01/2009

Redaksie

2/01/2009
GODSDIENS: 'n verdelende- of verenigende faktor?


Baie persone het al "bedank" oor die argument wat op die Godsdienslaer gevoer word. Aan die ander kant is daar al miljoene mense deur die verloop van die Geskiedenis vermoor, verbrand of in oorlog gedood oor Godsdiens!!!

Vanaf die ontstaan van die webwerf, was dit n kontraversiele saak. Gaan lees hier onder en besluit self hoe u daaroor voel.

GODSDIENS: 'n verdelende- of verenigende faktor?




Van die begin dae van die Webwerf, is daar oor Godsdiens gestry, gestoei en dikwels openlik baklei!


Van die begin af wou van die Kampkommandante die Godsdienslaer sluit. trouens, dit was vir 'n tyd lank gesluit. Deesdae raak ons net van die "hardhorendes" en moeilikheidmakers ontslae maar hou die Godsdienslaer steeds oop.


Tans moet mens aansoek doen om toegelaat te word en word dit vir die publiek wat die Plaaswerf as gaste besoek, verberg.


Die Godsdienslaer vervul egter 'n uiters belangrike rol in die vorming van die Boerevolk se waardes norme en beginsels. Dit gee aan die verskillende sieninge die geleentheid om met mekaar op sinvolle wyse in debat te tree.


Ek haal graag een van die sentrale figure in menige dispuut aan soos hy 'n baie goeie opsomming van die huidige situasie, die op hierdie draad weergegee het: (U kan gerus ook op die draad gaan kommentaar lewer en gaan deelneem aan die argumente.)





Die Bybel kan nie as enkele bron beskou word nie. Dit is 'n samestelling uit 'n verskeidenheid bronne. Daarom dat sekere weergawes botsende uitsprake weergee. Die Bybel is die beste poging om 'n verskeidenheid bronne wat min of meer in harmonie is te trou. Daar is egter nie sprake van absolute konsekwensie nie. Daar is wel groeperinge wat die Bybel as absolute bron aanvaar en daarvolgens argumenteer. In argumente word die bron vir doeleindes van die argument, behandel ooreenkomstig die onderskeie perspektiewe en sieninge. Naamlik as absolute waarheid, of as rigsnoer. En as sodanig word die argument gevoer.

Omdat die Bybel uit verskeie bronne en tradisies saamgestel is, ontleen dit hom daartoe om duisende botsende gelowe daaruit te formuleer. Hierdie botsende gelowe het deur die eeue hul oorloë en ander vergrype uit die Bybel regverdig. Dink maar hoe absolute teenoorgesteldes soos Apartheid en Humanisme deur dieselfde Kerk en dieselfde predikante (NG) uit die Bybel geregverdig is.


Die oorgrote meerderheid op BV glo aan die Drie-Enige God ingevolge ‘n beskouing soos geformuleer deur die Katolieke Kerk en oorgedra na die Protestantisme. Meeste van ons is ingevolge hierdie beskouing van die Goddelikheid opgevoed. Hierdie beskouing is tans besig om heftige kritiek uit te lok van seuns en dogters wat daarin opgevoed is. Die beswaar is hoofsaaklik daarop gemik dat die Protestantse geloof weg beweeg het van die leringe van Christus en te veel staat maak op dogmatiek en reëls wat deur mense (predikante) opgestel is. Hierdie geloof het juis ontstaan as gevolg daarvan dat seuns en dogters wat in die Katolieke geloof opgevoed is, daarteen in protes (vandaar die naam Protestant), gekom het. Vandag is daar opnuut protestante wat protesteer teen die Protestantse geloof in sy huidige vorm. In ‘n sekere sin is die Protestantse Kerk in dieselfde posisie as die Katolieke Kerk in die tyd van Martin Luther.



Die Jesurun faksie wat deur ****** op BV gedryf word, verwerp die Drie-Enige God en verkondig ‘n Een God, genaamd Jesus. *****regverdig sy geloofsoortuiging uit die Bybel en haal toepaslike verse aan. Alhoewel hy nie aan die Israel Visie se Drie-Enige God glo nie, skaar hy hom in argumente by die Israel Visie-lede op grond daarvan dat beide oortuiging verkondig dat hulle nasate van Abraham is.



Die Israel Visie faksie glo aan die God van Abraham, in die kerk bekend as Jehovah en onder die Israel Visie as Jahweh. Hierdie beskouing word hoofsaaklik op BV bedryf deur ***** en *****. Hulle vertrekpunt is dat hulle direkte afstammelinge van Abraham is en dat hul God, Jahweh slegs die God van die Israeliete en nie die God van die mensdom is nie. Hierdie beweging haal toepaslike verse uit die Bybel aan om hul beskouing te onderskryf.



Die Witboek faksie glo aan die God van Genesis 1:1, bekend as die Elohim. Hierdie beskouing word hoofsaaklik deur ***** en ***** op BV bedryf. Hierdie groepering stem met die Israel Visie saam dat Jahweh slegs die God van Israel is, met die verskil dat Jahweh daarom as God van ‘n stam nie gelyk aan die Skepper (Elohim) is nie. Die Witboek beskouing verkondig dat die HERE (Jahweh) van die Israel stam onder die gesag van die God (Elohim) van Gen. 1:1 staan. Die Elohim verwys na El in die meervoud en die "him" in Elohim op die Heilige Wysheid wat as Moeder saam met God die Vader en God die Seun die Elohim vorm. Hierdie groepering haal toepaslike gedeeltes uit die Bybel aan hom hul beskouing te regverdig.



Ons het dus op BV ‘n hoofstroom (Protestantse geloof) en drie nuwe " protesteerders", naamlik die Jesurun, Israel Visie en Witboek groeperings. Die nuwe "protesteerders" is oortuig daarvan dat die hoofstroom beskouing se einde in sig is en plaas argumente om die plek daarvan in te neem. Verse, bronne en persoonlike sienings word aangewend om die onderskeie geloofsbeskouings te dryf. Argumente is egter feilbaar en geen mens is in staat om 'n absolute en ewige waarheid te formuleer nie.

Daarom is geen mens in die posisie om toegangskaartjies na die hemel of die hel uit te reik nie. Die geloofslaer op Boerevryheid leen hom tans as ‘n voertuig tot ons beskikking om argumente te dra. Hierdeur word onderskeie beskaafde argumente en beskouings toegelaat om die soeke na ‘n waarheid te fasiliteer. In die proses word verskeie debats-tegnieke aangewend, verskeie invalshoeke beproef en 'n legio waarhede op die tafel geplaas.




Tot hier die aanhaling.


Dat die Boerevolk verseker uit die hoofstroom-kerke beweeg het die laaste tien jaar, staan as 'n feit. dat die Boerevolk tans soekende is, staan ook as 'n feit. Ek wil graag aan alle opregte gelowiges 'n ernstige uitnodiging rig, om op die Godsdienslaer deel te neem. Moenie daar aankom soos 'n "skrifgeleerde uit Jesus se tyd" om te kom veroordeel en mense links en regs te verdoem nie. kom neem asseblief deel in 'n positiewe en volwasse gesindheid, en evalueer die standpunte objektief, en plaas jou standpunte ook objektief.


Dis die enigste manier hoe ons almal uiteindelik nader aan die waarheid kan kom.

Lets Pretorius

--------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu