Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

Main menu:


02/01/2007

Stoffel Sê

02/01/2007
Die verhaal van die skipbreukelinge

Hier volg die verhaal van die Skipbreukelinge (SB).
Ek het dit vandag ten midde van die verkeer van Pretoria "ontvang".

n Skip strand naby 'n verlate eiland in die Stille Oseaan. die gebruiklike pogings van bottels met boodskappe, 'n hooge vuur stapel en die bou van n vlot word beplan te midde van vele getwis.

Eendag, terwyl die kosvoorraad en waterreserwes gevaarlik laag begin word, daag daar n lendelam skippie op. Die Kaptein van die skippie stuur van sy bemanning met n bootjie om die SB op te pik. Hulle is egter glad nie te vinde daarvoor nie en dring daarop aan om met die Kaptein te praat. Die Kaptein gaan aan wal en word bestook met vrae en aantygings:

Wie het hom aangestel as kaptein?
Het hierdie persone magtiging daartoe gehad?
Is sy skip onlangs reisvaardig verklaar?
Het hy sy enjin onlangs laat nagaan?
Het hy genoeg brandstof aan boord?
Is sy assuransiedekking opbetaald?
Hoe akkuraat is sy kompas?
Wie het sy roete bepaal?
Wie gee hom die reg om hierdie roete te vaar?
Wie gee hom die reg om die spesifieke vlag aan die mas te laat wapper?
en so het hulle aangegaan.

Uiteindelik besluit n deel van die SB om saam met die Kaptein op die boot te klim.

Die res staan met gebalde vuiste op die strand en vloek die Kaptein en sy offisiere, draai om en gaan aan met die bou van 'n vlot.


Nadraai:

Die skippie het veilig by n hawe uitgekom met die SB aan boord. Twee jaar later is die beendere van die ander op die eiland gevind........

Dit laat mens dink!!
Boeregroete,
Stoffel

------------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu