Boerevryheid2010

Werfskrop

Go to content

01/01/2008

Redaksie

01/01/2008

Nuwejaarsboodskap 2008


Nuwejaarsboodskap 2008:
Judasloon ten spyt…

Op Nuwejaarsdag 1 Januarie 1901, verskyn die volgende berig in die War Reporter :
“In the veld in the Eastern Transvaal, 31 December- one of the most disturbing developments for the republican cause in this war is the activities of traitors.??

Die berig gaan voort deur te verwys na selfs verskeie offisiere wat verraad teen die Boerevolk gepleeg het. Voormalige Generaal Hendrik Schoeman het op Nylstroom voor ’n krygshof op aanklag van verraad verskyn. Alhoewel hy nie skuldig bevind is nie, is hy na die verhoor in Pietersburg in die tronk aangehou. Twee dae na 1900 se Kersfees, het Genl. de la Rey, JAB de Beer en PC de Bruin te Lapfontein naby Klerksdorp, laat tereggestel op aanklag van verraad. HC Boshoff wat saam skuldig bevind is, is verskoon op grond van die feit dat hy baie jonk was. ’n Sekere Meyer de Kock van Belfast, het openlik by die Britse magte aangesluit. Op 21 Desember kom ’n komitee (van Verraaiers), onder die naam Burgher Peace Committee tot stand. Van die voorlopers was Genl. Piet de Wet (broer van Christiaan de Wet), die genoemde de Kock, sowel as ’n APJ Cronjé .

Ongelukkig het hierdie “rugmurg-ontwaterde-wesens?? wat as Joiners en Hans Kakies bekend gestaan het, voortgeplant en leef van hul nasate vandag tussen ons. Alhoewel nie beweer kan word dat al hul nasate dieselfde verfoeilike pad geloop het en loop nie, treë dieselfde gene vandag nog na vore onder ons Volk.
Die Boerevolk is vir die eerste keer in amper 100 jaar weer besig om eksponensieel bymekaar te kom deur op ’n Volksregister as lede van die Boerevolk te registreer. Tussen ons beweeg persone met duistere motiewe op klandestiene wyse. Hulle wend elke moontlike poging aan om hierdie proses te stop. Hulle versprei disinformasie, rokkel sleutelpersone af, gebruik vertragingstaktiek, maak mense verdag en probeer op elke terrein ’n alternatief vir die Boerevolk se aksies wat tans op die tafel, is as teenvoeter of opposisie, in plek te plaas sodat die Boerevolk tog net nie ’n eenheid moet vorm nie.

Waarskynlik kry hulle instruksies en ontvang hulle Judasloon. Die kort en die lank is, hulle is en sal bekend staan as Volksverraaiers soos die Joiners en Hans Kakies. Dis tyd dat hulle aan die kaak gestel word en hierdie kanker uit ons volk, uitgesny moet word!
Tydens die afgelope vier jaar se sg. Boeremagverhoor, is daar meer as 160 getuies deur die Staat in die getuiebank geplaas. Baie van hulle het getuig dat hulle “Boere?? is. Baie het getuig dat hulle gelowiges is en verskeie dat hulle ook Israeliete is. Dus was hulle polities, volkekundig en godsdienstig “korrek georiënteer??? Tog het hulle nie ’n oomblik gehuiwer om teen mede Boere te getuig nie. Verskeie van hulle het in trane uitgebars (soos Judas?) omdat hulle kwansuis vir die beskuldigdes baie lief is (sic), maar het steeds voortgegaan met hul getuienis!

Verraaiers was altyd in elke volk en groep teenwoordig. Die Bybel is deurspek daarvan. Die bekendste van almal waarskynlik Judas wat Jesus willens en wetens vir dertig silwerstukke verraai het. Die bekende; “et tu Brutes??, verteenwoordig die verbasing as Julius Caesar se vertroueling ook ’n lem in sy rug indruk. Dis gewoonlik die dilemma; die verraaier, lyk soos jy, praat soos jy, trek soos jy aan, gaan na Volksbyeenkomste, “haat?? kamstig Volksvreemdes en bid selfs hartroerend saam met jou. Dit bring my by die nuwe jaar wat aanbreek. Wat is die boodskap aan die Boerevolk vir 2008? Die Boerevolk wat besig is om sy identiteit te herontdek?

In die eerste plek moet almal gewaarsku word teen hierdie adders wat tans in groot getalle opereer. As ek een versugting vir die nuwe jaar wil uitspreek, is dit hulle, hulself sal bedink en hul laakbare aksies sal staak. Indien hulle egter voortgaan, (wat meer waarskynlik is), wil ek elke ware Boer waarsku dat die kanker wyd versprei is, betyds raakgesien en hanteer moet word.

Aan die ander kant, het die Boerevolk soveel momentum in die jaar 2007 opgetel met saamtrekke, die Plaaswerf (webwerf), die skoue, die Volksregister, die Reuse Vierkleur en die Koerier, dat geen betaalde en ontwortelde slappert dit kan regkry om die Boerevolk van koers af te druk nie. Kom ons staan saam en mors nie te veel tyd met sypaadjies nie. Kom ons werk aan die Volksregister, stig Walaers, en bou momentum op na ons volgende baken: die naweek van die 23ste Februarie tydens die Majuba fees.
Dit is vir my ’n voorreg om aan elke opregte Boer, ’n baie mooi en suksesvolle 2008 toe te wens. Mag ons as die Boerevolk, met ons oog op- en geloof in ons hemelse Vader, van krag tot krag groei sodat ons weldra in staat sal wees om die stelling “die Vierkleur wapper,?? in ons eie land en op ons eie Boeregrond, sal kan maak…..…..die boereverraaiers se Judasloon ten spyt.

Boeregroete,
Dr. Johan (Lets) Pretorius
(Voorsitter BVR)

--------

Tuisblad | Wie Is Ons | BKBS | Redaksie | Stoffel Sê | Die Seepkis | Wit Armoede | Video Blad | Zunft | Site Map


Back to content | Back to main menu