![]() |
|
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
|||||||
| Geskiedenislaer Hier word sake uit die verlede rakende die Boerevolk hanteer. Eietydse geskiedenis sal ook hier op datum gebring word. |
![]() |
|
|
Thread Tools | Display Modes |
|
|
#1 |
|
Steunpilaar
Volksregister
Kampkommandant Join Date: Oct 2005
Location: Ons eie Aparte Boere Republiek
Posts: 2,695
![]() |
Volksgenote, vriende en gaste
Ek wil vandag 'n beroep op een en elkeen doen om hulle bydra, hoe beskeie ook al, hier te plaas sodat ons, ons gevalle manne en vroue kan vereer. Ek wil nie vir julle voorskryf oor hoe hierdie draad moet begin en ontwikkel nie maar wil tog vra dat ons dit in eerbetoon formaat hou asb. Hier kan u name, datums en gebeure plaas. U is ook welkom om weermag stories te plaas wat u gedeel het met van die gevalle helde. Kom ons hou by opbouende stories wat vir die volk van waarde gaan wees maar sodat die jeug van vandag ook 'n idee kan kry van hoe dit gegaan het in die bosoorlog tyd, wie die helde was en waarvoor het hulle geveg. Elkeen wat hier gaan bydra gaan help om die onvertelde stories te laat herleef en op die wyse kan ons, ons gevalle manne en vroue vereer wat tydens die bosoorlog die hoogste offer betaal het. U insette is van onskatbare waarde vir die volk se herleewing en die pad voorentoe - DIE VRYHEIDS PAD. |
|
|
|
|
|
#2 |
|
Kennis
Join Date: Jan 2007
Posts: 280
![]() |
Ek dink daar is vele gevegs stories wat vertel kan word, maar sal graag eerder wil begin met die volgende;
Elke persoon wat met hart en siel geglo het in wat ons gedoen het, jong seuns van 17jaar en ouer wat opgeroep was tot diens van sy land. Natuurlik het die weermag vele fasette gehad en nie almal kon fisies aan die skerp kant staan nie. Dink hier aan die LWT, menasie personeel, administratief, onderhouds eenhede en daar is nog vele meer. Sonder al die eenhede en mense wat toegewyd hierdie eenhede bedryf het, sou die manne wat aan die skerp kant nie hulle deel kon doen nie. Hulle is in eie reg ook helde! Dan was daar die skerp kant, en selfs hier was 'n enorme groot verskeidenheid van eenhede, elkeen met sy eie spesialis gebiede, hierdie manne wat die eenhede beman het, het van die beste opleiding in die wereld ontvang sodat wanneer die situasie ontstaan het waar die persone tot aksie moes oorgaan, dit foutloos en effektief gedoen kon word. Hier in die groep het die meeste manne gesneuwel onder vyandige vuur! Hulle was almal ook helde! Dan was daar die individue wat bereid was om in sekere omstandighede meer te doen as wat van hulle verwag was, manne met meer moed as 'n leeu! Hierdie manne het nie geskroom om op te spring en sy lewe in gevaar te stel, en selfs te sterf, ter wille van 'n gewonde makker of om sy ander makkers te beskerm nie. Hierdie manne is manne wat hart en siel vir sy land geveg het, en gewoonlik die eer daarvoor ontvang het in die vorm van 'n medalje of erkenning van een of ander aard! Ongeag die area waarin jy gedien het, is almal wat sonder verset sy land gedien het, en bereid was om sy persoonlike lewe "halt" te roep, om sodoende aan sy land se oproep gestand te doen, HELDE! Ek weet van baie manne wat sy diens gedoen het, en net so bereid was om sy lewe neer te le, wat dank die VADER nooit in 'n situasie was wat hy nodig gehad het om sy lewe op die spel te plaas nie. Hulle is ook HELDE! Kammeraadskap was deel van elke persoon se bestaan, jy het geweet wie langs jou gaan staan die dag wanneer die geveg begin. Hier is bande gesmee wat geen gesin familie of vriendskapskringe kon ewenaar nie. Dissipline was aangeleer, wat die res van jou lewe by jou sal bly! (Ek gooi nou nog my siggaret stompies in my sak, en gooi dit dan in 'n asblik as ek by een aankom, het intussen begin pyp rook, dis makliker) Hierdie dissipline het ons beter mense gemaak, 'n beter pa vir ons kinders, beter sakeman, beter werker by die werk. Dit is hierdie dissipline wat ons aanmekaar gebind het en nog steeds bind! En vandag weet ons, ons was die beste mag wat Afrika ooit gesien het! En dit was slegs moontlik omdat ons TROTS was op wie ons was! Onthou julle nog die tyd, wanner jy op pas was en met trots jou uniform op straat kon dra, civie's se oe het geblink as hulle jou gesien het, jy was met respek gehanteer in winkels en waar ook al jy gegaan het. Onthou julle die "Dankie Tannies" met hulle pakkies vol verrassings, die "dankie Tannie" knipmes waarmee jy daadie blik kondensmelk kon oopmaak en selfs die boerbok wat jy by die "pb's" gekoop het kon slag! Die tannies was ook helde! Onthou julle die kunstenaars wat nie geskroom het om vir die troepe selfs in die "rooigebied" te kom sing nie! Hulle was ook helde! Onthou julle hoe julle die meisies gesmeek het om nie die briewe met parfuum te bespuit nie, en dan doen hulle dit nog en moes jy 10 "push-ups" meer doen net om die brief te kon lees, ja ons meisies was ook HELDE! ONS VIR JOU SUID AFRIKA
__________________
"Ek verwag geen eer vanaf my vyande nie, net VREES"
|
|
|
|
|
|
#3 | |
|
Kennis
Join Date: May 2006
Posts: 114
![]() |
Quote:
...en hoe mis ek die "soldaat" (wat nog nooit 'n kans op vorming gehad het) in baie jongmanne wat ek ken... Ns. Ek sal nooit vergeet, net toe die hofsaak begin het, het maj. Burger se bejaarde moeder vir my gese: "Goeie soldate is goeie minnaars!" Last edited by ankoren : 18th January 2007 at 09:16. |
|
|
|
|
|
|
#4 |
|
Steunpilaar
Volksregister
Kampkommandant Join Date: Oct 2005
Location: Ons eie Aparte Boere Republiek
Posts: 2,695
![]() |
Volksgenote
Dit blyk my ons grensoorlog helde het nie meer mense wat die stories ka vertel wat daar gebeur het nie. Onthou hierdie is sodat ons jeug ook kan sien wat daar gebeur het en hoe ons manne en vroue hulle lewe op geoffer het vir ons vryheid. Stuur asb julle stories en info na hierdie draad sodat dit ne verlore mag gaan nie. Dankie vir die wat reeds info hier geplaas het. |
|
|
|
|
|
#5 |
|
Kennis
Join Date: Sep 2006
Location: Drakensberg
Posts: 213
![]() |
BOMENSLIKE BOSOORLOGHELDE * Alleen teen die wêreld * Naamval: Anré Herbst (1968-2005) ANRé Herbst (37), alias Daniël Willem Beukes, is dood. Een van die mees gesoekte mans in die misdaadregister [!!!] van die Suid-Afrikaanse polisie is op Oukersaand in sy sel in die Walvisbaaise gevangenis dood aangetref. Hy het sy eie lewe geneem deur hom aan die gordel van sy sweetpak op te hang. Dit was die sel waarin die selfverklaarde verkenningsoldaat (Recce) en skerpskutter uit die laaste dae van die apartheidsera op uitlewering aan die buurland gewag het nadat hy op 26 Oktober in Swakopmund in hegtenis geneem is. In saaklike bevestiging het die polisie gister in Walvisbaai verklaar dat Herbst, alias Beukes, om 21:30 dood in sy sel aangetref is. Sy vrou Manda is deur Republikein van die dood van Anré ingelig. "Ek wou dit nie so hê nie," het Manda gesê terwyl sy bitterlik gehuil het. "Miskien is dit beter so. In Suid-Afrika sou Anré lewenslank in 'n sel moes sit." Die aangrypende verhaal van Anré Herbst, alias Daniël Willem Beukes, het stukkie vir stukkie ontvou nadat hy vanjaar op 26 Oktober om 02:00 die oggend in hegtenis geneem is nadat 'n klag van huisgeweld teen hom aanhangig gemaak is. Eensklaps was die bekende sakeman en karweier van mense in Swakopmund om ander redes 'n ander karakter. Hy was nie meer die man wat onder die naam Anré Herbst opereer het nie. In 'n vroeë stadium van die ondersoek is op 'n identiteitsdokument afgekom wat sy ware naam as Daniël Willem Beukes gegee het. Dit was 'n identiteit wat kon teruglei na die spore van die laaste dae van die apartheidera in Suid-Afrika. Kort ná sy inhegtenisneming is Herbst na die gevangenis in Walvisbaai oorgeplaas waar groter sekuriteit oor sy aanhouding uitgeoefen kon word. Daar het uitgerekte ondervragingsessies deur immigrasiebeamptes en topspeurders oor 'n tydperk van baie dae gevolg. Met sy dood was daar op ambassadeursvlak tussen Namibië en Suid-Afrika oor sy uitlewering geskakel. Belangstelling deur Interpol is ook beweer. Anré Herbst het ses jaar gelede na Namibië gekom waar hy as toerleier in die duinegordel gewerk het. Hy is in Swakopmund met Manda getroud en saam het hulle 'n karweiersdiens met mikrobussies opgebou. Ná Herbst se inhegtenisneming het 'n polisieman aan sy aantreklike vrou gesê sy het jare met die dood langs haar geleef. Herbst self het wel vertel hoe hy iemand kan vermoor sonder dat 'n bloedspatsel as getuienis kan dien. In sy tye van aggressie het hy daarvan gehou om messe tot vlymskerpte ten aanskoue van andere te slyp. Herbst se eie weergawe van sy loopbaan was dat hy Namibië met sy wapens binnegekom het deur naby die Noordoewer-grenspos deur die Oranjerivier te swem. Onder sy toerusting was blykbaar 'n gesofistikeerde vuurwapen van 'n skerpskutter. Hy het vertel dat hy in die Natalse weermagskool as verkenningsoldaat opgelei is. In Suid-Afrika was hy met 'n Sanet Kleynhans getroud en haar pa was glo 'n kolonel in die verkenningsmag. Dié eerste huwelik is glo in 1992 ontbind. Hy het maklik gesels oor nou berugte eenhede in die destydse apartheidstydvak. Volgens homself was hy lid van die berugte Vlakplaas-eenheid. Hy kon die plasing van motorbomme en aksietogte in die fynste besonderhede beskryf. Hy was blykbaar betrokke in 'n voorval waar 17 mense doodgeskiet is. Met die koms van die nuwe Suid-Afrika was hy volgens homself een van ses wat vir hul oorlogsmisdade [!!!] gevang en in die tronk gestop is. In 'n daaropvolgende verhoor moes hy in 1996 as staatsgetuie optree, maar hy het voor die begin van die hofverrigtinge verdwyn. Een van die bewysstukke uit sy loopbaan van geweld [!!] was 'n knie waarmee hy gesukkel het nadat hy 'n koeëlwond opgedoen het. 'n Deel van sy loopbaanskets was ook dat hy vier jaar in Engeland was waar hy onder meer as kroegman gewerk het. Onderteker: Die hond Des Erasmus http://www.republikein.com.na/politi...ronk.49313.php Last edited by Kerkmuis : 23rd January 2009 at 18:07. |
|
|
|
|
|
#6 | |
|
Staatmaker
Join Date: Jun 2008
Location: Weskus
Posts: 1,101
![]() |
Ek verstaan nie hierdie pos nie?
Was Andre nou n held/misdadiger/grootprater,leuenaar of wat? subie Quote:
__________________
"In the beginning of a change, the patriot is a scarce man and brave, hated and scorned. When his cause succeeds however, the timid join him, for then it costs nothing to be a patriot." --Mark Twain |
|
|
|
|
|
|
#7 |
|
Bittereinder
Volksregister
Boerevryheid Bestuur Hoofkommandant Join Date: Oct 2006
Location: Roodepoort
Posts: 7,357
![]() |
In watter lig sien jy dit subie.
__________________
BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND. |
|
|
|
|
|
#8 |
|
Staatmaker
Join Date: Jun 2008
Location: Weskus
Posts: 1,101
![]() |
Hierdie stuk oor Andre is net so gecopy en paste lyk vir my vanaf een of ander media berig.Die oorspronklike skrywer van die berig probeer nie Andre as n held of iets voorstel nie maar eerder as n "shady" onstabiele karakter en meer misdadiger.
As iemand Andre geken het behoort hulle die berig meer aantepas en skryf soos hulle hom geken het en nie soos die media hom hier voorstel nie. subie
__________________
"In the beginning of a change, the patriot is a scarce man and brave, hated and scorned. When his cause succeeds however, the timid join him, for then it costs nothing to be a patriot." --Mark Twain |
|
|
|
|
|
#9 | |
|
Posts: n/a
|
Quote:
Dat daar sulke manne was, is gewis. Hy het nie uit sy eie hierdie lewenspad bewandel nie. Mense se persoonlikhede het onherroepelik verander deur die oorlog. Dit is vandag nog deel van baie van ons. Dit is iets wat ons mee sal doodgaan. Nou die dag noem my vrou vir my dat ons geslag geen jeug gehad het nie, en dit is waar. Een oomblik was ons nog kinders, die volgende oomblik was ons volwassenes. |
|
|
|
|
#10 | |
|
Staatmaker
Join Date: Jun 2008
Location: Weskus
Posts: 1,101
![]() |
Ek glo daar is nog baie sulke ouens hier tussen ons.
Ek hou net nie van die trant van die media berig waarmee Andre beskryf word nie. subie Quote:
__________________
"In the beginning of a change, the patriot is a scarce man and brave, hated and scorned. When his cause succeeds however, the timid join him, for then it costs nothing to be a patriot." --Mark Twain |
|
|
|
|
|
|
#11 |
|
Posts: n/a
|
|
|
|
|
#12 | |
|
Kennis
Join Date: Sep 2006
Location: Drakensberg
Posts: 213
![]() |
Quote:
As jy versigtig lees, kan jy die volgende sien: - ek voeg in die teks die teken [!!!] by (3mal) waar die outeur Herbst as misdadiger aanmeld. - ek skryf aan die einde "Onderteker: die hond D. E." - die dinge wat ek as te oonwelvoeglik (te hond-lik) gesien het, het ek nie op dié blad gelê. Maar die joernalis sê duidelik dat Herbst 'n misdadiger is, want Suid-Afrikaanse huidige gesag en gereg sê so. Dit skyn vir my origens so te wees, dat grensoorlogveterane almal vir die huidige regering misdadigers, en net misdadigers, is. Vir my is dit duidelik, dat Anré Herbst sy plig gedoen het en daarvoor moet hy betaal in teenwoordige Suid-Afrika. Groete. Last edited by Kerkmuis : 24th January 2009 at 14:58. |
|
|
|
|
|
|
#13 | |
|
Staatmaker
Join Date: Jun 2008
Location: Weskus
Posts: 1,101
![]() |
Hello Kerkmuis
Dit is seker nie belangrik nie maar ek gaan so met die berig dan antwoord.Die hele pos is net so geplaas met niks anders by as wat hierdie "hond" oor Andre te skryf gehad het.Die prentjie wat die skrywer van Andre probeer oordra kom nog net so oor. Hier volg die pos met my kommentaar :- Naamval: Anré Herbst (1968-2005) ANRé Herbst (37), alias Daniël Willem Beukes, is dood. Een van die mees gesoekte mans in die misdaadregister [!!!] van die Suid-Afrikaanse polisie is op Oukersaand in sy sel in die Walvisbaaise gevangenis dood aangetref. Hy het sy eie lewe geneem deur hom aan die gordel van sy sweetpak op te hang. Baie van ons vind dit vreemd dat so iemand homself sommer gaan ophang het Dit was die sel waarin die selfverklaarde verkenningsoldaat (Recce) en skerpskutter uit die laaste dae van die apartheidsera op uitlewering aan die buurland gewag het nadat hy op 26 Oktober in Swakopmund in hegtenis geneem is. Die woord "Selfverklaarde" laat dit na n ongegronde bewering klink. In saaklike bevestiging het die polisie gister in Walvisbaai verklaar dat Herbst, alias Beukes, om 21:30 dood in sy sel aangetref is. Sy vrou Manda is deur Republikein van die dood van Anré ingelig. "Ek wou dit nie so hê nie," het Manda gesê terwyl sy bitterlik gehuil het. "Miskien is dit beter so. In Suid-Afrika sou Anré lewenslank in 'n sel moes sit." Ek neem aan die republikein is n koerant.Klink nie vir my reg dat die storie deur die pers sy vrou eerste bereik het nie.Ek verstaan ook nie hoekom sou Andre lewenslank moes sit nie? Die aangrypende verhaal van Anré Herbst, alias Daniël Willem Beukes, het stukkie vir stukkie ontvou nadat hy vanjaar op 26 Oktober om 02:00 die oggend in hegtenis geneem is nadat 'n klag van huisgeweld teen hom aanhangig gemaak is. Eensklaps was die bekende sakeman en karweier van mense in Swakopmund om ander redes 'n ander karakter. Hy was nie meer die man wat onder die naam Anré Herbst opereer het nie. Huismoles 02H00 in die oggend?Klink of Andre dronk was 02H00 in die oggend en sy vrou wou slaan of iets. In 'n vroeë stadium van die ondersoek is op 'n identiteitsdokument afgekom wat sy ware naam as Daniël Willem Beukes gegee het. Dit was 'n identiteit wat kon teruglei na die spore van die laaste dae van die apartheidera in Suid-Afrika. Waarvoor sal hulle iemans se huis gaan deursoek wat "opgetel" is vir huisgeweld?Behalwe as die ID uit sy sak in die polisiekantoor sou geval het Ek neem aan met Andre se dubbel lewe sou hierdie ander ID goed weggepak gewees het.Kort ná sy inhegtenisneming is Herbst na die gevangenis in Walvisbaai oorgeplaas waar groter sekuriteit oor sy aanhouding uitgeoefen kon word. Daar het uitgerekte ondervragingsessies deur immigrasiebeamptes en topspeurders oor 'n tydperk van baie dae gevolg. Met sy dood was daar op ambassadeursvlak tussen Namibië en Suid-Afrika oor sy uitlewering geskakel. Belangstelling deur Interpol is ook beweer. Waarby was Andre dan betrokke om soveel belangstelling internasionaal te wek het? Anré Herbst het ses jaar gelede na Namibië gekom waar hy as toerleier in die duinegordel gewerk het. Hy is in Swakopmund met Manda getroud en saam het hulle 'n karweiersdiens met mikrobussies opgebou. Ná Herbst se inhegtenisneming het 'n polisieman aan sy aantreklike vrou gesê sy het jare met die dood langs haar geleef. Hoe kom die skrywer aan so n "intieme" stukkie inligting? Het die vrou of polisieman dit vir hom vertel? Herbst self het wel vertel hoe hy iemand kan vermoor sonder dat 'n bloedspatsel as getuienis kan dien. In sy tye van aggressie het hy daarvan gehou om messe tot vlymskerpte ten aanskoue van andere te slyp. "In sy tye van aggressie" sit en messe slyp skep die prentjie van n onstabiele malletjie wat "afshow" voor ander. Herbst se eie weergawe van sy loopbaan was dat hy Namibië met sy wapens binnegekom het deur naby die Noordoewer-grenspos deur die Oranjerivier te swem. Onder sy toerusting was blykbaar 'n gesofistikeerde vuurwapen van 'n skerpskutter. Herbst se eie weergawe aan wie?Sy vrou? Of was hy dan maar net n bietjie los met die bek tussen pelle? Hy het vertel dat hy in die Natalse weermagskool as verkenningsoldaat opgelei is. In Suid-Afrika was hy met 'n Sanet Kleynhans getroud en haar pa was glo 'n kolonel in die verkenningsmag. Dié eerste huwelik is glo in 1992 ontbind. Die inset van die woord "glo" skep in indruk,dit kan dalk waar wees of nie. Hy het maklik gesels oor nou berugte eenhede in die destydse apartheidstydvak. Volgens homself was hy lid van die berugte Vlakplaas-eenheid. Hy kon die plasing van motorbomme en aksietogte in die fynste besonderhede beskryf. Hy was blykbaar betrokke in 'n voorval waar 17 mense doodgeskiet is. Hier word Andre weer uitgemaak as n losbek wat gehou daarvan het om ander te beindruk met sy grootpraaitjies Met die koms van die nuwe Suid-Afrika was hy volgens homself een van ses wat vir hul oorlogsmisdade [!!!] gevang en in die tronk gestop is. In 'n daaropvolgende verhoor moes hy in 1996 as staatsgetuie optree, maar hy het voor die begin van die hofverrigtinge verdwyn. Is enigiemand hier by ons ooit vervolg vir "oorlogsmisdade". Staatsgetuies is gewoonlik mense wat gedraai is teen eertydse makkers Een van die bewysstukke uit sy loopbaan van geweld [!!] was 'n knie waarmee hy gesukkel het nadat hy 'n koeëlwond opgedoen het. 'n Deel van sy loopbaanskets was ook dat hy vier jaar in Engeland was waar hy onder meer as kroegman gewerk het. Onderteker: Die hond Des Erasmus Ek is jammer ek kan nerens in hierdie hele berig iets positief sien wat oor Andre geskryf is nie subie Quote:
__________________
"In the beginning of a change, the patriot is a scarce man and brave, hated and scorned. When his cause succeeds however, the timid join him, for then it costs nothing to be a patriot." --Mark Twain |
|
|
|
|
|
|
#14 |
|
Burger
Volksregister
Join Date: Jun 2008
Location: Oos Transvaal
Posts: 724
![]() |
Subie, ek deel in jou denke oor Anré Herbst, alias Daniël Willem Beukes. Selfverklaarde verkenningsoldaat (Recce) en skerpskutter is bietjie dik vir n daller.
Glo my die VK manne "operate" nie op so n manier nie. Iewers is iemand se storie onwaar. Ek sal later terug kom met meer inligting omtrent Anré Herbst en hoop dat hy een van ons gevalle helde was.
__________________
REBEL TO THE END WINNING OUR FREEDOM IS NOT EVERYTHING IT IS THE ONLY THING Let it be understood, evil unpunished and unavenged will continue without end. |
|
|
|
|
|
#15 |
|
Burger
Volksregister
Join Date: Jun 2008
Location: Oos Transvaal
Posts: 724
![]() |
Ek glo die is een en dieselfde persoon:
Mr Hermanus Phillipus Herbst From Namibia Murdered 2 people in Namibia, and then falsely claimed (as part of his attempted Diminished Responsibility Defence) in the Namibian Supreme Court in Windhoek to be 'a Recce suffering from Post Traumatic Stress Disorder, whose files had been destroyed by Special Forces'.? This defence was supported by his Psychologist.?An expert witness discredited him by producing his real military records, which showed that he had been a National Service infantryman in Potchefstroom. He then dropped his claim of having been 'a Recce', but still maintained that he had Post Traumatic Stress Disorder - this time from an 'Unhappy Childhood'. This change in cause of Post Traumatic Stress Disorder was again supported by his Psychologist.. In my oe is elke man en vrou wat in die ou SAW gedien het n held, maak nie saak hoe wat hulle gedoen het.
__________________
REBEL TO THE END WINNING OUR FREEDOM IS NOT EVERYTHING IT IS THE ONLY THING Let it be understood, evil unpunished and unavenged will continue without end. |
|
|
|
![]() |
| Thread Tools | |
| Display Modes | |
|
|
Similar Threads
|
||||
| Thread | Thread Starter | Forum | Replies | Last Post |
| How is Suidwes-Afrika? | Transvaal | Discussions about South Africa | 12 | 20th October 2009 23:54 |
| ANGOLA. Vir Wie, of vir Wat? | 1000% BOER | Geskiedenislaer | 157 | 6th July 2009 21:33 |
| Angola oorlog oudsoldate | HEINRICH MULLER | Geskiedenislaer | 151 | 22nd January 2009 15:28 |
| Bloedspoor In Suidwes Afrika | Arend | Politieke Besprekings | 0 | 8th August 2007 19:14 |
| Nuus uit Suidwes-Afrika | Henry | News from outside South Africa | 0 | 26th June 2006 19:40 |
| SA Top Sites | |
![]() |
|
| Snuffelgids | |
![]() |
|