![]() |
|
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
|||||||
| Volkseie gedigte en zunft Volksgenote word genooi om hul gedigte hier te plaas. |
![]() |
|
|
Thread Tools | Display Modes |
|
|
#1 |
|
Steunpilaar
Volksregister
Kampkommandant Join Date: Oct 2005
Location: Ons eie Aparte Boere Republiek
Posts: 2,695
![]() |
OKTOBERMAAND - C. LOUIS LEIPOLDT
Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo. Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei; oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei; die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal, het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal; het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal. Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen; die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen; en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos. Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier! Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei? Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry? Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand, met elke dag so helder, so pragtig elke aand! Met elke dag so helder, so pragtig elke aand! |
|
|
|
|
|
#2 |
|
Bittereinder
Volksregister
Boerevryheid Bestuur Hoofkommandant Join Date: Mar 2007
Location: Vierkleur-Republiek-Oos
Posts: 8,327
![]() ![]() |
Ek het dit nou vir my vrou voorgelees. So mooi soos net 'n Leipold dit kon stel.
Wat hy egter vergeet het is die donderweer wat so welkom dreun.
__________________
“ God sal sy volk weer vry maak, maar hoe en wanneer, weet ek nie. Die Heer ken sy tyd.” Paul Kruger |
|
|
|
|
|
#3 |
|
Steunpilaar
Volksregister
Kampkommandant Join Date: Oct 2005
Location: Ons eie Aparte Boere Republiek
Posts: 2,695
![]() |
Ons volks gedigte moet weer hulle regmatige plek in ons volks lewe begin inneem en veral onder ons jeug.
|
|
|
|
|
|
#4 |
|
Nuweling
Join Date: Feb 2009
Posts: 1
![]() |
Hi.
Ken iemand die verse van Gee my Suid Afrika en Muskiete jag. Die skole leer die kinders geen afrikaanse verse of afrikaanse liedjies nie. Die skool waar my kleinkinders gaan was 'n afrikaanse skool maar nou is dit net engels.Wat gaan aan ek het met albei tale groot geword en die akrikaans is vir my die mooiste taal. |
|
|
|
![]() |
| Thread Tools | |
| Display Modes | |
|
|
Similar Threads
|
||||
| Thread | Thread Starter | Forum | Replies | Last Post |
| 6 Oktober, Brits | Hotstuff | Die Posklip | 6 | 5th October 2007 19:24 |
| wat het geword van die grondroof die maand | Boer777 | Kletshoekie | 8 | 19th March 2006 23:14 |
| Meningspeiling 3-7 Oktober 2005 | Racheltjie de Beer | Politieke Besprekings | 0 | 28th September 2005 21:14 |
| SA Top Sites | |
![]() |
|
| Snuffelgids | |
![]() |
|