Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste
Wys resultate 1 tot 15 van 29

Draad: Troeteldiere

  1. #1

    Smile Troeteldiere

    Watter troeteldiere het julle en wat oulike dinge het hulle gedoen???
    Last edited by Minxie95; 9 Aug 2007 at 09:59.
    For god hath not given us a spirit of fear,but of power, and of love, and of a sound mind
    2 Tim 1:7

  2. #2

    Verstek Re: Troeteldiere

    My kat het in die bad geval
    For god hath not given us a spirit of fear,but of power, and of love, and of a sound mind
    2 Tim 1:7

  3. #3
    Staatmaker Volksregister Ria Graaff's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Wed
    Plek
    Wesselsbron
    Poste
    1,519

    Verstek Ant: Troeteldiere

    Kan iemand vir my se of hulle hondekinders ook so lief is vir rou groente en vrugte. Ek kan nie eens 'n mangoe in rus en vrede eet nie. Ek moet dit tussen my drie deel en my aartappels moet ek behoorlik wegsteek, want hulle steel dit.

    Ria

  4. #4
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Troeteldiere

    Ek lyk behoorlik soos 'n Biafraan wat anorexia het. Ek kry nie meer kos in nie soos wat ek hulle moet voer. As ek 'n koekie vat kry ek maar 'n vyfde. My kinders sit in 'n kring om my as ek ek iets eet. Die hond eet alles, die katte meer kieskeurig. Hier is my kinders. Jomarie hou vir Memorie vas, die hond, en ook vir Jessie die kat. Die ander twee katte is Fielies die siamees en Fishy die Universiteitskat wat ek geerf het.




    Last edited by Arend; 1 Feb 2008 at 12:27.
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  5. #5
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Wed
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Troeteldiere

    Juugghhhhhhhhhh katte.

    Deel van die diereryk wat ek nie kan verdra nie.

    Ek het n Jack Russel (Milo) en hy deel my gevoel
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  6. #6

    Verstek Ant: Troeteldiere

    2 Honde, 2 visse en 4 perde (3 jaar, 6jaar, 10 jaar en een 27 jaar).

  7. #7
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Troeteldiere

    Daar is geen dier op aarde wat nie mooi is nie God het hulle almal gemaak en Hy het gesien dat dit goed was.

    Wat is mooier as 'n Leeu, Jagluiperd, Tier, Luiperd? Almal katte. Jou Jack Russel gaan tweede kom.
    Last edited by Arend; 1 Feb 2008 at 13:09.
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  8. #8
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Wed
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Ant: Troeteldiere

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Arend Bekyk pos
    Daar is geen dier op aarde wat nie mooi is nie God het hulle almal gemaak en Hy het gesien dat dit goed was.

    Wat is mooier as 'n Leeu, Jagluiperd, Tier, Luiperd? Almal katte. Jou Jack Russel gaan tweede kom.
    Ja boul my met n lae ene.
    Ek het nie gepraat van daai katte nie, meer op die huis ene.

    Maar punte vir jou
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  9. #9
    Staatmaker Volksregister Ria Graaff's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Wed
    Plek
    Wesselsbron
    Poste
    1,519

    Verstek Ant: Troeteldiere

    Hulle is te pragtig Oom, mens en dierekinders. Ek het 'n boerboel (almal wat haar sien wil haar he) sy is kleiner as die boerboele wat ek al gesien het. Ek weet nie waar val sy uit nie. Sy is my trots. Shieba is 'n steekhaar (sy is opreg, haar ma is 'n hond en haar pa is 'n hond), my man noem haar gedroggie. Sy is my oogappel. Dan is daar my meisiekind se worsie. Ek dink die worsie het op 'n staduim op haar kop geval. Sy is so mal soos 'n haas. Maak nie saak waar Shieba (hom ma se wolle bolle) is nie, sodra ek aan die aartappel sak of groente vat om te skil, kom sy met 'n spoed aangehardloop en staan teen my been op en wag vir haar happie. Die ander is kort op haar hakke. Sy en Jacky (worsie) vrek oor malvalekkers, my boel spoeg dit uit. Sy hou weer van sjokolade en skyfies. Snaaks hoe elkeen nes 'n mens sy eie karaktertrekke, voor en afkeure het.

    Ria

  10. #10
    Lewendig verlaat.....
    Aansluit Datum
    2007-Aug-Wed
    Plek
    Pretoria
    Poste
    933

    Verstek Re: Troeteldiere

    Oom Arend,

    Ek het die tweeling van daai wit kat by my! 'n Pragtige vredeliewende dier. En hy praat elke dag met my sy kattaal, en hy kom haal my as hy lus is vir 'n peuselhappie!

  11. #11
    Steunpilaar sclark's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Sun
    Plek
    Verwoerdburg
    Poste
    2,683

    Verstek Re: Troeteldiere

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur ISRAELIET Bekyk pos
    Juugghhhhhhhhhh katte.

    Deel van die diereryk wat ek nie kan verdra nie.

    Ek het n Jack Russel (Milo) en hy deel my gevoel
    Dis wat my kat met 'n pit bull doen, dink net wat sy met Milo sal maak...............
    Aangehegde beelde Aangehegde beelde

  12. #12
    Steunpilaar Volksregister Boerboel's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Wed
    Plek
    RustigeBurg
    Poste
    2,442

    Verstek Re: Troeteldiere

    Moet dit wees:

    "Watter troeteldiere het julle en wat oulike dinge het hulle gedoen???"

    want ek het n boerboel en n duitse herdershond. Die boerboel lyk soos n stoeier op steroids. (55kg)

    My buurman hulle het sowat 8 van hierdie klein poeftertjie hondjies en alhoewel ek baie lief is vir diere, is daar een van die poeftertjies wat my al rasend gehad het. Jy sien die hondjies het n plekkie waar hulle vir my kan loer en as ek in my voortuin beweeg dan het die een spesifieke hondjie vir my geblaf. Die hele tyd. Aanhoudend. Kef,kef,kef,kef,kef,kef,kef,kef,kef,kef so todat ek wou mal word. Ek is baie buite, want ek hou van dinge in die tuin doen en dan geniet ek die voeltjie geluide ens. Dit het ook nie gehelp dat my baba dogterjie die meeste van die tyd geslaap het nie.

    Ek het al tot vir die hondjie geskree om te "shaarraappp", maar dit het niks gehelp nie.
    Die dingetjie was doodeenvoudig te dom om te besef dat ek nie n inbreker is nie, maar die buurman.

    Dom se ek, want die poeftertjie, (teen die tyd al vol bravado geblaf) spring toe sommer eendag oor die muur om my boerboel uit te daag.

    Toe ek buite kom om te sien wat aangaan toe was poefterjie klaar gepoefie.

    Morsdood.

    Wel, my buurman hulle was nie by die huis nie. Ek het toe maar die toneel gereinig soos n moordenaar wat sy spore uitvee. Ek moes die boerboel (sy naam is Bul) ook reinig.

    Om die mense te beskerm het ek toe gemaak asof ek van niks geweet het nie, toe my buurman my so n week later vra of ek nie sy een hondjie gesien het nie. Miskien sal die wete dat een van hulle hondjies weggeloop het beter wees as die wete dat hy vermoor is.

    Ek het toe later die aand vir Bulle berispe met n sappige been, o ja die duitser het ook een gekry.
    "Stout hond, stout hond, hier is n lekker been, oubaas se stouthond"
    Last edited by Boerboel; 1 Feb 2008 at 14:55.

  13. #13

    Verstek Re: Troeteldiere

    Stout Boerboel, stout Boerboel!
    "....deur storms sal ons jou vlag dra"

  14. #14
    Oudstryder Oudstryder Slagdoppie's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Feb-Mon
    Poste
    2,455

    Talking Troeteldiere

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur ISRAELIET Bekyk pos
    Juugghhhhhhhhhh katte.

    Deel van die diereryk wat ek nie kan verdra nie.

    Ek het n Jack Russel (Milo) en hy deel my gevoel
    Ek het ook 'n Jack Russel en sy naam is ook Milo!
    Hoe toevallig is dit nou nie!

  15. #15
    Kennis Volksregister BOER 101's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Oct-Tue
    Plek
    Springs
    Poste
    159

    Verstek Re: Troeteldiere

    kOFFIE BOKKIE
    EK HET OOK N BOERBOEL HOEKOM IS DIT DAT HULLE SO STOUT IS.
    net in die HERE vertrou ek

Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste

Soortgelyke drade

  1. Troeteldiere
    By 100% Boervrou in forum Die Boer se beste vriend
    Antwoorde: 89
    Laaste Pos: 22 May 2010, 18:58

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::