Wys resultate 1 tot 4 van 4

Draad: Nuwe Suid Afrika 62ste op indeks vir reis en toerisme

  1. #1
    Burger Vierkleur's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Mar-Sat
    Plek
    Vierkleur Republiek
    Poste
    788

    Verstek Nuwe Suid Afrika 62ste op indeks vir reis en toerisme

    SA 62ste op indeks vir reis en toerisme
    05/03/2007 10:58 - (SA)


    Antoinette Slabbert

    Misdaad en ’n gebrek aan dokters het daartoe bygedra dat 61 lande beter as Suid-Afrika gevaar het in ’n nuwe indeks wat mededingendheid in reis en toerisme meet.
    Volgens die Węreld- Ekonomiese Forum (WEF) se indeks bied Switserland die gunstigste omgewing om die reis- en toerismebedryf te ontwikkel. Oostenryk is tweede en Duitsland derde uit 124 lande.
    Suid-Afrika het met sy 62ste plek die beste gevaar in die streek, maar word uitgestof deur onder meer Australië (13), Nieu-Seeland (14), Estland in Noord-Europa (28), Israel (32), Tunisië (34), Kroasië (38) en Turkye (52).
    Ontwikkeling in die reis- en toerismebedryf in Tsjad (124) is volgens die indeks nog moeiliker as in Lesotho (121), Mosambiek (119) en Zimbabwe (107).
    Volgens die WEF het Suid-Afrika se węreld-erfenisterreine in sy guns getel en is infrastruktuur vir land- en lugvervoer goed ontwikkel. Die land kry ook ’n pluimpie vir sy beskerming van grondregte en sy visumvereistes is “nie te erg nie”.
    Suid-Afrika se bestemmingsbemarking word as “uiters doeltreffend” bestempel.
    Aan die ander kant van die skaal is “veiligheid en sekuriteit ’n bron van ernstige kommer” en Suid-Afrika het in dié opsig die 95ste plek uit 124 ingeneem.
    Die 82ste plek vir gesondheid en higiëne word toegeskryf aan die yl verspreiding van dokters en kommer oor toegang tot verbeterde sanitasie en drinkwater.
    Volgens me. Jennifer Blanke, senior ekonoom van die WEF, is die indeks nie ’n “skoonheidskompetisie” of uitspraak oor hoe aantreklik elke land is nie. Dit meet die faktore wat dit aantreklik maak om die reis- en toerismebedryf in ’n spesifieke land te ontwikkel. Sy sę die lande in die top-posisies toon hoe belangrik ’n ondersteunende sake- en wetsraamwerk is, tesame met vervoer- en toerisme-infrastruktuur om ’n omgewing daar te stel waarin die bedryf kan groei en ontwikkel.
    Maatstawwe vir die indeks is:

    Beleidsriglyne en regulasies;

    omgewingswette;

    veiligheid en sekuriteit;

    gesondheid en higiëne;

    voorkeur wat reis en toerisme geniet;

    infrastruktuur vir lugvervoer;

    infrastruktuur vir grondvervoer;

    toerisme-infrastruktuur;

    infrastruktuur vir inligting- en kommunikasietegnologie;

    mededingende pryse;

    kwaliteit van mense;

    nasionale toerisme-persepsie; en

    natuurlike en kulturele hulpbronne.


    http://www.news24.com/Sake/Algemene_...078732,00.html
    Fear naught but GOD


    Ek kyk terug en ek is dankbaar
    Ek kyk op en is gelowig
    Ek kyk voorentoe en is moedig

  2. #2
    Bittereinder Volksregister
    Boerevryheid Bestuur
    Generaal
    Rooi Jan's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Mon
    Plek
    Pretoria, ZAR
    Poste
    16,336
    Blog inskrywings
    8

    Verstek Ant: Nuwe Suid Afrika 62ste op indeks vir reis en toerisme

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Vierkleur
    Die land kry ook ’n pluimpie vir sy beskerming van grondregte
    Hulle het iets gemis daarso. Die regime is hard besig om grondregte weg te neem.
    "Laat die leerstellige hansie-my-knegte uit ons midde padgee en hul slaafse wil en rampsalige vrese met hulle saamneem. Ons volk is niemand se kneg nie en is sy eie baas. Ons strewe daarna om in vrede met ander volke en nasies te lewe, maar ons sien met trots neer op die domastrantes rondom ons. Ons weier om smekend voor enigiemand te kruip in die waan om so ons vryheid as ’n geskenk te ontvang. Laat dit vir eens en vir altyd duidelik wees: ons volk sal nie langer ’n volgeling wees op die voetpaadjies van diegene met valse harte nie.”

  3. #3

    Verstek Re: Nuwe Suid Afrika 62ste op indeks vir reis en toerisme

    Rooi Jan

    Ek glo ons gaan binnekort laaste eindig met misdaad wat so oorheers in Suid Afrika.

    Boere Groete
    Christo

  4. #4

    Verstek Re: Nuwe Suid Afrika 62ste op indeks vir reis en toerisme

    Kyk eis nou nie lelik nie maar as ons nog in bewind was, was ons onder die top 10 maar omeerlik te wees as ek n buitelander was sou die die laaste plek gewees het wat my paspoort gesien het.

    Wes
    ORANJE WIT EN BLOU VEREWIG!

Soortgelyke drade

  1. Die DA se visie van 'n nuwe Nuwe Suid Afrika
    By Rooi Jan in forum Politieke Laer
    Antwoorde: 8
    Laaste Pos: 30 Jul 2008, 23:16
  2. Dis lekker in die nuwe Suid-Afrika
    By Frekkie in forum Politieke Laer
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 15 May 2008, 14:07
  3. Die nuwe Suid Afrika
    By Genl C R de Wet in forum Volkshumor
    Antwoorde: 2
    Laaste Pos: 21 Apr 2008, 21:28
  4. Hoe like julle die nuwe Suid Afrika???
    By Witman in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 9
    Laaste Pos: 28 Feb 2007, 18:18
  5. Mej Nuwe Suid Afrika
    By Hektor in forum Volkshumor
    Antwoorde: 14
    Laaste Pos: 22 Feb 2006, 10:48

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::