Bladsy 5 van 8 EersteEerste 12345678 LaasteLaaste
Wys resultate 61 tot 75 van 114

Draad: Boere Eenheid

  1. #61
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,771
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Re: Boere Eenheid

    Plan 1 klink deedae beter want met plan twee het die Afrikaner reeds gewen in sy Afrikaner Front skepping.

    Dit is tyd om die hout te kloof en 'n groter vuur te maak.

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Die Ou Man Bekyk pos
    Vergun my om die volgende aangaande eenheid met my mede-Boere te deel.

    In die aanloop na die stigting van hierdie plaaswerf, het ek en Stoffel heelwat man-ure deurgebring om die beste moontlike wettige oplossing vir die vraagstuk van die Boer te bedink. Stoffel was in daardie stadium druk besig om die Majuba Deklarasie op te stel.

    Sonder dat ons dit so beplan het, het ons twee pole verteenwoordig. Stoffel van die Ou Transvaal en die uwe van die Oos-Kaap. Daarom was daar van die staanspoor twee benaderinge, nl.

    Plan 1. Vergeet van die bestaande organisasies en groeperinge en begin nuut. ( Die Ou Man )

    Plan 2. Versamel al die bestaande organisasies en groeperinge en vorm 'n eenheid. ( Stoffel )

    Omdat ek nie die organisasies en mense van die Ou Transvaal geken het nie, was dit vir my maklik om Plan 1 voor te stel. Stoffel daarenteen, het 'n morele verpligting gevoel om die leiers van bestaande groepies te erken en te akkommodeer. Plan 2 is dus gevolg.

    Die resultaat daarvan is vandag duidelik te siene. Elke haan het sy eie hopie verbete beskerm teen hierdie nuwe "vreemde inisiatief". By die eerste Majuba fees, na die eerste brief deur Stoffel en die uwe op Mandela bedien is, is die jeug verbied om die Majuba Deklarasie aan mede-Boere uit te deel.

    My standpunt is soos volg.

    1. Elke organisasie wat langer as 5 jaar bestaan en nie vordering ten behoewe van die Boer kan bewys nie, staan in die pad van die Boer.

    2. Elke "leier" wat reeds meer as 5 jaar aan die hoof van 'n organisasie staan wat nie enige vordering ten behoewe van die Boer kan wys nie, staan in die pad van die Boer.

    3. Elke" leier" wat eenheid bo prestasie nastreef, hoort nie in 'n leierskaps posisie nie.

    4. As jy 'n leier wil wees, moet jy weet wanneer om die hout te kloof om 'n groter vuur te maak.

    5. As jy 'n leier wil wees moet jy weet wanneer om die wa se briekblokke los te maak.

    Alle organisasies ouer as 10 jaar se doel is uitgedien. Hulle waens sit in die driwwe vas. Op eie stoom het hulle nog niks vermag nie en daarom sal hulle ook nie.

    Ek het op ****** verlede jaar op Sarel Cilliers se plaas die voorreg gehad om hierdie aangeleentheid te bespreek met 'n volksmoeder, wie aan baie van ons bekend is. Haar werklike teleurstelling was die gebrek aan leierskap onder ons Boere. My siening is eenvoudig. Dit is nou tyd om weg te breek en nuwe osse in te span.

    Eenheid bo alles, is die strategie van die swakkeling. En ek verdra nie swakkeling leiers nie.

    Stoffel, as jy moet breek, dan Breek jy. Jy het my ondersteuning. Die tyd om mooibroodjies te bak is lankal verby.

    Vars osse staan tou om ingespan te word. Die jong manne is gereed. Maak plek!

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    Ns. Dit is tyd om nuut te dink. Ek verwelkom kommentaar.
    The correct term is "Boer nationalists" and not "right-wingers", as the Institute for Security Studies labels them. Boers are not an (extremist) element on the spectrum of the South African professional party-political comedy. Boers do not wish to be part of this "rainbow spectrum", nor do they consider themselves bound in conscience by a constitution, laws, rules and statutes made on their behalf without any form of consultation with them or consent by them. If and when they do obey these oppressive laws, they do it out of a higher conscience, and out of respect for the semblance of the order of things. The Boers have a right to resist an oppressive constitution and oppressive laws, as they believe that actions borne from coercion can never be interpreted as the giving of consent!

    "Crime expands according to our willingness to put up with it." - Farber, Barry J.

  2. #62

    Verstek Re: Boere Eenheid

    Die enigste onderwerp wat samehorigheid en volhoubare eenheid kan bewerkstellig is volksake en volksake alleen.

    Sodra "sendingwerk" (geloofsgesprekke) bykom, vertroebel alles en onmiddelik is daar tweespalt. Niemand kan dit betwis nie, want daar is "mega-bytes" der "mega-bytes" se voorbeelde op hierdie forum.

    Die doel van die geloofs-poste is in elk geval om "sendingwerk" te doen. Kyk nou maar terug oor die jare. Dit werk nie, want almal glo vas in hul eie siening, dit veroorsaak erge vyandskap en ondermyn Boerskap.

    Die enigste redding is om gesprekke te beperk tot volksake en Boermanskap en die geringste poging tot sendingwerk uit te sny. Die sendingwerkers het dan die opsie om 'n legio platvorms op en van die web te stig om sendingwerk te doen.

    Dan kan BV weer terugkeer na sy eintlike doelwit, te wete Boere Vryheid en die uitdra van Boerskap.
    Last edited by Digter; 4 May 2013 at 20:29.

  3. #63

    Verstek Ant: Re: Boere Eenheid

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur propatria Bekyk pos
    ..... Dit is egter nie skadelik nie, want hy kon nie een Boer oortuig om hom te volg nie, wat hy wel kon doen is om Boere te laat dink....
    Gal 1:9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!

  4. #64
    Staatmaker
    Aansluit Datum
    2011-Jun-Sun
    Plek
    Pretoria, Transvaal
    Poste
    1,911

    Verstek Ant: Re: Boere Eenheid

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Digter Bekyk pos
    Die enigste onderwerp wat samehorigheid en volhoubare eenheid kan bewerkstellig is volksake en volksake alleen.

    Sodra "sendingwerk" (geloofsgesprekke) bykom, vertroebel alles en onmiddelik is daar tweespalt. Niemand kan dit betwis nie, want daar is "mega-bytes" der "mega-bytes" se voorbeelde op hierdie forum.
    NEE !

    Geloof gaan hand aan hand met al die fasette van ons lewe, dis onafskeidbaar, en jy moet ophou om te verkondig dat ons geloof probleme veroorsaak saam met die ander fasette. Ek beskou dit as 'n poging van jou om weer probeer onmin te probeer saai deur 'n argument te verwek. Ons is reeds daardeur en dit gaan nie werk nie, ok. Ons is nie in sendingwerk nie, maar blykbaar is jy.
    Groente !
    Fanie

  5. #65

    Verstek Ant: Boere Eenheid

    Ek wil graag iets deel wat my broer (wat 'n Pastoor is) vir my vertel het. Hy beweer dat dit 'n ontsettende slim plan van die Here was deur die Bybel so te geskryf het dat daar 'n mate van dubbelsinnigheid in is. Die doel hiermee is dat dit daartoe lui dat die maksimum hoeveelheid mense die ewige lewe kan beerwe. As die Bybel eenvoudig 'n een bladsy dokument was wat duidelik gese het waar ons vandaan kom, wat ons moet doen om die ewige lewe te beerwe en wat ons nie mag doen nie, sou amper niemand die ewige lewe beerwe het nie. Die rede daarvoor is dat as dit so eenvoudig was, sou daar nie dominees en pastore gewees het nie, daar sou nie kerke gewees het nie, daar sou nie Bybelstudies gewees het nie, families sou nie in die aande saam met hulle kinders die Bybel gelees het nie, inderwaarheid sou niemand ooit die Bybel (hierdie eenvoudige een bladsy dokument) gelees het nie, mense sou nie juis gebid het nie, hulle sou nie die Bybel en geloof met mekaar bespreek het nie, ens.

    Die mens is nou maar so, as iets vir hom/ haar te eenvoudig is, verloor mens belangstelling; die verlies aan belangstelling lei daartoe dat mens minder betrokke is en nie meer oor dinge redeneer of praat nie; dit lei dan uiteindelik tot afvalligheid en dit lei daartoe dat bitter min mense gered kan word.

    So ek wil dit graag noem dat die rede hoekom julle so stry en argumenteer is 2000 jaar gelede al baie fyn deur die Here beplan. Dit is noodsaaklik dat ons verskil van mekaar, want dit stimuleer ons en dit is juis die Here se meesterplan. So as mens nou sodanig besef dat dit die Here se wil is dat dit is soos dit is en ons hierdie gesprekke MOET he en dit nie anders kan as om van mekaar te verskil nie, hoop ek dat ons mekaar so bietjie beter kan verdra en nie so sleg se nie. Dit is tog allermins nie die persoon se skuld dat hy/sy van jou verskil nie - dit is 'n noodgedwonge aksie wat deur die Here in werking gestel is 2000 jaar gelede en waaruit mens nie sal kan ontsnap nie totdat alles vir ons openbaar word.

  6. #66

    Verstek Re: Boere Eenheid

    Wel gaan dan voort met die sendingwerk, twis en slegsêery oor geloof op die forum en wees tevrede daarmee dat die forum leeg geloop het en leeg gaan bly. Gisteraand se zero aktiwiteit op 'n Saterdag aand moet tog iewers iets by iemand tuisbring. Veral by die ou garde wat in BV se hoogbloei hier geskryf het. Die lede wat onlangs ingeskryf het, is seker maar onder die indruk dat dit nog maar altyd 'n stil forum was.

    Daar is 'n rede waarom sendingwerk nie buite die geloofs laer toegelaat is nie, maar daardie reël het intussen in onbruik verval omdat die sendelinge nie by die reël gehou het nie. Hulle was later so gekonfyt dat hulle gewone argumente doelbewus in 'n geloofs debat verander en die verskuiwing daarvan daardeur veroorsaak het. So het baie goeie besprekings saam met die badwater in die geloofseksie beland waar dit versteek is vir die publiek.

    Neem tyd en gaan gerus deur so 'n paar drade van die afgelope maande. Dit is onteenseglik so dat die sendelinge by al die twis en slegsêery die voorbokke is. Ek sal nie hierdie slegte gedrag in my huis toelaat nie, maar dit is vir BV om te besluit of dit sy etiek verteenwoordig en uitdra.
    Last edited by Digter; 5 May 2013 at 09:15.

  7. #67
    Bittereinder Volksregister
    Kampkommandant

    Aansluit Datum
    2006-May-Mon
    Poste
    3,733
    Blog inskrywings
    1

    Verstek Ant: Boere Eenheid

    Digter

    Ek dink dit sal beter wees as jy jou, soos in jare gelede, by die digkuns bepaal. Jy lewer in die hele tyd in elk geval een bydrae tot die Vryheid va die Boerevolk nie.

    jjgs

  8. #68

    Verstek Re: Boere Eenheid

    Na ET se vrylating het 'n afvaardiging Boere hom gaan spreek. Hulle het hom gevra om weer toesprake te maak en groot gehore te trek. Om dit te kon doen moes hy sy beeld verbeter. Nie meer in "cammo's" opdaag, nie meer drink voor toesprake nie en 'n paar ander klein dingetjies.

    Sy antwoord was: "Ek is die bereid om weg te stap van die myners wat my al die jare gedra het nie." Toe hy in die perfekte geleentheid was om bestek op te neem en daarvolgens aan te pas, kon hy dit nie doen nie.

    BV is min of meer in dieselfde situasie. Dit is ook tyd vir bestek opneem, "cammo's" uittrek en koers aanpas of verdwyn.

    Of BV in staat is om dit te doen, weet ek nie. Net die tyd sal leer.

    As BV die Boerevolk verteenwoordig, moet ons aanvaar dat die Boerevolk besig is om uit te sterf. Ons weet dat die Volk nie uitsterf nie. Dus is die enigste rede die feit dat die Boere wegbly van BV.

    Die Boerevolk kan nie bymekaar gemaak word op die agenda van die VSA se "Israel Identity" groepe nie. Al word daardie noot nóg harder en nóg meer tot vervelens toe getokkel, sal dit nooit slaag nie.
    Last edited by Digter; 5 May 2013 at 10:45.

  9. #69
    Bittereinder Volksregister
    Kampkommandant

    Aansluit Datum
    2006-May-Mon
    Poste
    3,733
    Blog inskrywings
    1

    Verstek Ant: Boere Eenheid

    Die Boerevolk is omonwonde op pad na sy vryheid en niks en niemand kan of sal dit kan stop nie. U poging om die pad te verander is vrugteloos en verniet. Daarom is die berade wat gehou word so belangrik. Maar daarvan weet u in elk geval bitter min, indien enige iets.

    jjgs

  10. #70

    Verstek Re: Ant: Boere Eenheid

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur jjgsmith Bekyk pos
    Daarom is die berade wat gehou word so belangrik.
    Hoeveel berade per jaar in hoeveel dorpe en hoeveel nuwe gesigte?

    Jy weet self wat die antwoord op hierdie vraag is. In teendeel almal weet dit. Dit help nie dat ons vasgevang sit in selfbedrog nie. BV het drasties spoed en steun verloor. Dink aan die dae op skoue, ens.

    Kyk na die Forum blad. Na die lys van Volksgerigte Organisasies. Almal het in BV se hoogbloei funksioneer. Almal is nou in onbruik of disfunksioneel.

    BV het sy werklike doel (core function) verloor en op 'n doodloop spoor beland.

    Deur blind te wees vir hierdie feite gaan net finale bankrotskap bring.

  11. #71
    Kennis RIGTER...+'s Avatar
    Aansluit Datum
    2011-Sep-Mon
    Plek
    Port Elizabeth
    Poste
    366
    Blog inskrywings
    15

    Verstek Ant: Boere Eenheid

    Deur blind te wees vir hierdie feite gaan net finale bankrotskap bring.
    Prys die Here!
    Mag dit so wees.


    Miskien sal die volk dan verstaan, wat dit BETEKEN, om met die voete, na ons Vader te loop en Hom EERSTE te KEN in ALLES, om Sy Wil te doen en nie ons wil nie.

    Daardie voete wat so gesondig het, wat hulself moet bekeer en terugkeer, na ons Vader, DEUR Jesus.

    Groete in Jesus naam.
    Johannes...+
    Last edited by RIGTER...+; 5 May 2013 at 11:13.

  12. #72

    Verstek Re: Ant: Boere Eenheid

    Deur blind te wees vir hierdie feite gaan net finale bankrotskap bring.
    Kwoteer Oorspronklik gepos deur RIGTER...+ Bekyk pos
    Prys die Here!
    Mag dit so wees.
    Nou-ja dan bring julle die oordeel oor julleself. Ek sukkel nog met hierdie selfmoord-nuk onder sekere van ons mense. Dit was aanvanklik 'n Xhosa ding met Nonqausa se nasionale selfmoord van die Xhosas.

    Nou is Nonqausa se gees hier onder ons ook.

  13. #73
    Kennis RIGTER...+'s Avatar
    Aansluit Datum
    2011-Sep-Mon
    Plek
    Port Elizabeth
    Poste
    366
    Blog inskrywings
    15

    Verstek Ant: Re: Boere Eenheid

    Mag ons Vader ons Oordeel,
    in geregtigheid,
    wanneer ons volk GAAN uittrek,
    met ons voete,
    VREEDSAAM en TYDSAAM,
    en na Hom kom in GELOOF.


    Vrees ons Vader en NIE die mens nie.



    Van wanneer af is dit 'n aanval op die mensdom?

    Of is dit 'n aanval op die rykdom?



    Groete in Jesus naam.
    Johannes…+

  14. #74
    Kennis RIGTER...+'s Avatar
    Aansluit Datum
    2011-Sep-Mon
    Plek
    Port Elizabeth
    Poste
    366
    Blog inskrywings
    15

    Verstek Ant: Re: Ant: Re: Boere Eenheid

    Ek sê vir u,
    dit is nie die stert,
    wat die kop wil wees nie,
    maar die kop,
    wat die kop WIL bly,
    want sodra die kop af IS,
    IS die stert bly,
    want die kop het nie gely,
    maar die stert het WEL.

    Groete in Jesus naam.
    Johannes…+

  15. #75

    Verstek Re: Boere Eenheid

    As 'n mens nou-al die Bybel moet fynkam vir regverdiging om tot niet te gaan, het jy reeds oorgegee.

    Dit laat my dink aan die staaljie wat ontleen word uit die Anglo-Boere Oorlog, waar 'n paar burghers midde in die veldslag gesit en Bybel lees en gebid het dat God hulle spaar. Genl. De La Rey het hulle op heterdaad betrap en met 'n sambok gebliksem tot agter hulle mauzers in.

Bladsy 5 van 8 EersteEerste 12345678 LaasteLaaste

Soortgelyke drade

  1. Ou landsvlag by rugby ‘was vir SA eenheid’
    By Deanv in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 14
    Laaste Pos: 8 Feb 2008, 10:41
  2. Kan ons met ons verdeeldheid n eenheid stig!
    By Banksie in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 18
    Laaste Pos: 11 May 2007, 16:19

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::